Wie is die NANB


Ons is ʼn nuus versamelaar – of in Engels ʼn “news aggregator” – ons versamel Afrikaanse nuus uit verskeie bronne ʼn bietjie soos wat ʼn soek enjin doen met webblaaie, en bring dit saam op een plek.

Ons stelsel soek verskeie Afrikaanse nuusblaaie vir die nuutste artikels sodat jy nie net altyd op hoogte is van die dag se gebeure nie, maar ook die wydste spektrum van oogpunte en opinies te geniet.

Nie al die nuusblaaie is na almal se smaak nie, en kan bietjie kras voorkom. Ons het dit al sterk oorweeg om dalk eerder hierdie blaaie te laat vaar, maar daar teen besluit. Ons wil nie diskrimineer nie.