Netwerk24 Jong sneeuplank-kampioen sterf
Die Britse Olimpiese vereniging het Donderdagaand hulde gebring aan Ellie Soutter (18) kampioen-sneeuplankryer. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Kaapse klubkrieket-stryde weens droogte verkort
Die Kaapse droogte het die Westelike Provinsie Krieketvereniging (WPKV) genoop om sy klubkompetisies vir die komende seisoen te verkort. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Van nagklub-uitsmyter tot All Black-stut
As ’n man wat binne ’n paar maande van ’n deeltydse nagklub-uitsmyter tot in die All Black-rugbyspan gevorder het, weet die stut Karl Tu’inukuafe heelwat meer oor die lewe buite rugby as baie van sy … Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Duminy weet hoe SA Sri Lanka kan klop
JP Duminy glo hy weet wat die sleutel tot sukses vir die Proteas in hul reeks van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka gaan wees. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Oud-Bok Ashley 6 maande geskors
Ashley Johnson, ’n oud-Springbok wat deesdae vir Wasps uitdraf, is ses maande geskors vir die gebruik van ’n verbode middel. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Aussies met koedoewors verwelkom
Die Leeus sal Saterdag Wallaby-biefstukke van die Waratahs wil maak, maar Donderdag is van hul rugby-joernaliste voorlopig met smaaklike koedoe-boereworsrolle op Ellispark verwelkom. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Demare baas in 18de skof
Die Fransman Arnaud Demare het Donderdag sy eerste skofsege in vanjaar se Tour de France behaal, terwyl die Brit Geraint Thomas steeds die algehele voorloper is. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Oupa voer Cheetahs dié seisoen aan
Die Springbok Oupa Mohoje word die komende seisoen die eerste swart speler om as die Cheetahs se kaptein vir ’n hele rugbyseisoen aangewys te word. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Griekwas op soek na nuwe afrigter
Peter Engledow se kontrak as hoofafrigter van Griekwas se rugbyspan gaan nie hernu word wanneer dit op 31 Oktober verstryk nie. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Russe boet nou met medaljes vir ou sondes
Twee Russiese medaljewenners op die 2008-Olimpiese Spele in Beijing, is hul medaljes kwyt nadat hul appèlsake in die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) misluk het. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Swys verdedig sy skuif op flank
Verskeie wenkbroue het gelig toe die Leeus Donderdag hul span vir die Superrugby-halfeindstryd teen die Waratahs op Ellispark aangekondig het. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Omstrede April verlaat Haaie
Die Haaie het Donderdag ingestem om die veelsydige agterspeler Garth April vroeër van sy kontrak vry te stel. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Veelsydige Mulder skitter in Protea-sege
’n Skitterende veelsydige vertoning deur die 20-jarige Wiaan Mulder het die Proteas Donderdag gehelp om hul eendag-opwarmwedstryd teen ’n Sri Lankaanse Raadselftal in Colombo met 63 lopies te wen. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Lak laer of word gestraf
Die Engelse Rugbyunie (RFU) gaan ’n nuwe duikslag-reël in een van sy laer ligas, die Kampioenskapsbeker-reeks, op die proef stel. Sport (26-07-2018)
Maroela Erasmus ʼn lynstaanbate, maar beseerde Brink sal gemis word
Die Lions het, soos hul teenstanders die Waratahs, net een verandering aan hul span aangebring vir Saterdag (15:05) se halfeindstryd op Ellispark. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Spanje verneder SA hokkievroue
Suid-Afrikaanse sport het Donderdag ’n soveelste Wêreldbeker-teleurstelling beleef. Sport (26-07-2018)
Maroela Klubrondomtalie: Bulle se Carlton kry nuwe baas
Die Blou Bulle se Carltonbeker het Saterdag ʼn nuwe baas gekry. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Leeus, ’Tahs kop-aan-kop
’n Enkele stelskop, omgekeerde besit by ’n gevaarlike plek op die veld of ’n oomblik van briljantheid sal in alle waarskynlikheid die wenner van Saterdag se Superrugby-halfeindstryd tussen die Leeus … Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Pote wil voortbou op Mitch se Bul-bloudruk
Dit is moeilik om te glo dat ’n gesoute rugbyman soos Pote Human nog nooit alleen uit die Curriebeker kon drink nie. Sport (26-07-2018)
Maroela In uitspeelwedstryde is daar nie plek vir sentiment nie
Dis een van die moeilikste take vir enige rugbyafrigter om aan ’n speler te verduidelik wanneer en hoekom hy gepos word. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Legendariese paaltjiewagter sterf
Die paaltjiewagter wat met die naasmeeste slagoffers in die geskiedenis van eersterangse krieket gespog het, John Murray van Engeland, is Woensdag in die ouderdom van 83 jaar dood. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Waratahs kies hul eie ‘Malcolm Marx’
Dit blyk dat die Waratahs ’n teenvoeter vir die Leeus-haker, Malcolm Marx, gesoek het toe dié Aussie-span sy 23-tal vir Saterdag gekies het. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Leeus kies slot om flank te vervang
Die Leeus het een gedwonge verandering gemaak aan hul beginspan vir Saterdag se wedstryd teen die Warahahs op Ellispark. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Belg trap 60 km met gebreekte knieskyf
Die Belgiese fietsryer Philippe Gilbert het vir 60 km met ’n gebreekte knieskyf gery om nog ’n uitmergelende skof in die Tour de France te voltooi. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Fransman se doel die beste in Rusland
Die Franse verdediger Benjamin Pavard is die wenner van die toekenning vir die beste doel in die onlangse Wêreldbekertoernooi in Rusland. Sport (26-07-2018)
Maroela Twee Du Preez-broers nie na Bokoefenkamp genooi
Twee van die drie Du Preez-Springbokbroers is nie na die uitgebreide Springbokoefenkamp vir die Rugbykampioenskapreeks genooi wat Donderdag in Stellenbosch voortgesit word nie. Sport (26-07-2018)
Netwerk24 Crusaders pos Crockett vir halfeindstryd
Die Crusaders se afrigter het slegs een verandering aan sy beginspan gemaak vir Saterdag se halfeindstryd teen die Hurricanes. Sport (26-07-2018)