Netwerk24 Gimmies waarsku met derby-sege
Daar is vooraf groot gewag gemaak van die derbystryd tussen Welkom Gimnasium en Goudveld se rugbyspanne in die Griffons-skoleliga die afgelope Saterdag. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Sainz moeg vir onsekerheid in F1
Met onsekerheid oor sy toekoms nogmaals ’n kwessie, het die Formule Een-jaer Carlos Sainz die versugting uitgespreek dat hy ’n tweejaarkontrak aangebied wil word om hom meer standvastigheid te gee. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Lerena, Khonco moet hieraan herkou
Twee van die land se boksers wat met titels van die Internasionale Boksorganisasie (IBO) spog, Kevin Lerena en Simphiwe Khonco, het die naweek heelwat stof tot nadenke gekry. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Dís waarom Protea-oefenkamp deur mat geval het
Die Proteas se vrot spel in die pas afgelope toetsreeks teen Sri Lanka het opnuut vrae laat ontstaan oor waarom die Suid-Afrikaanse krieketspan nie vooraf beter vertroud geraak het met die uitdagende … Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Lochte vir 14 maande geskors
Die Amerikaanse Olimpiese swemmer Ryan Lochte het ’n skorsing van 14 maande aanvaar vir die onwettige binneaarse toediening van ’n middel. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Duane, Schalk dalk albei Bulle?
Die besluitnemers by Loftus Versfeld is hoopvol dat ervare strydrosse soos Duane Vermeulen en Schalk Brits hulle eersdaags tot die Bulle sal verbind vir aanstaande jaar se Superrugby-reeks. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Kolwers moet tuis meer blootstelling kry – Faf
Faf du Plessis, Suid-Afrika se krieketkaptein, sê dit bly vir hulle, Australië en Engeland ’n vraagstuk hoe om draaiers op die subkontinent te trotseer. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Kolwer geskors ná vriend vrou glo verkrag
Sri Lanka se aanvangskolwer Danushka Gunathilaka is hangende die uitslag van ’n ondersoek uit alle internasionale krieket geskors nadat ’n Noorse vrou sy vriend daarvan beskuldig het dat hy haar … Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Zoë voorste 15-jarige op wêreldranglys
Suid-Afrika se Zoë Kruger is die enigste speler van 15 jaar of jonger, wat onder die voorste 700 tennisspelers op die jongste wêreldranglys vir vroue is. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Team Sky-jaer uit Tour geskop
Gianni Moscon, die Italiaanse fietsryer van die Team Sky-span, is uit die Tour de France geskop nadat hy ’n mede-jaer tydens Sondag se 15de skof geslaan het. Sport (23-07-2018)
Maroela Theunis, Temba kon Proteas nie red
Sri Lanka se Rangana Herath (6/98) het verseker dat sy land die reeks teen Suid-Afrika met 2-0 beklink het. Sport (23-07-2018)
Maroela Van Rooyen: ‘Ek kan op die hoogste vlak deelneem’
“As ek moet terugkyk, was dit net ʼn ongelooflike week. Ek het aan myself bewys dat ek op die hoogste vlak kan deelneem.” Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Leeus gereed vir Waratahs se lugaanval
Die Leeus smeer hulle vet vir ’n lugaanval Saterdag op Ellispark in die halfeindronde van die Superrugby-reeks teen die Waratahs. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Jong Rebels glo ook in aanrandingsaak betrokke
Twee jong spelers van die Melbourne Rebels se aandeel in ’n aanrandingsaak word deur dié franchise ondersoek. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Superrugby-tuishalfeind ruk gasheer se sak
Die Crusaders gaan A$100 000 (sowat R1 miljoen) aan die Hurricanes moet opdok om die naweek teen hulle in die halfeindronde van die Superrugby-reeks te speel. Sport (23-07-2018)
Maroela Rugby se wonderlike verhale en name
Die laaste hoofstuk oor Clifford (Cliffie) Etzebeth is Sondagmiddag geskryf toe hy sy lewe in ʼn motorongeluk verloor het, maar die boek sal nooit toegemaak word nie. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 WP se Cravenweek-kaptein in Leeus-visier
Die SA Skolerugbyspan is tot oorlopens toe vol van spelers uit die Westelike Provinsie, maar daar word reeds ’n verlore stryd gevoer om almal in Kaapstad te hou. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Molinari verheug dat hy nou ’n ‘grote’ is
Dit is ongelooflik vir hom as Italianer om die Britse Ope te kon wen, veral omdat Italië nie bekend is vir sy gholfspelers nie, sê Francesco Molinari. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Nie 1 Blitsbok in WB-droomspan
Die spook van uitkloptoernooie doen sy werk só deeglik dat hy waarskynlik teen dié tyd ’n Springbok-sewesdas en -baadjie verdien. Sport (23-07-2018)
Maroela SA’ners skitter by Diamantliga
Die twee verspringers het die kollig gesteel tydens die tweede dag van die 11de ronde van die reeks. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Namibië, Griekwas ‘vry nie na Dawie’
Die voormalige SA o.20-afrigter Dawie Theron se naam is nie in die raadsale van Griekwas of die Namibiese Rugbyunie vir ’n afrigterspos genoem nie. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Theunis en Temba die enigstes wat veg
Theunis de Bruyn (101) en Temba Bavuma (63) het Maandagoggend vir die eerste keer in Suid-Afrika se toetsreeks teen Sri Lanka iets gedoen wat die Proteas strykdeur broodnodig gehad het: Weerstand … Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Spieth kan nou altyd gratis hare sny
’n Haarkapper was so beïndruk met die fooitjie wat die Amerikaanse gholfspeler Jordan Spieth hom gegee het, dat hy onderneem het om Spieth se hare vir die res van sy lewe gratis te sny. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Theunis se 100-tal kon Proteas nie red
Theunis de Bruyn het homself Maandagoggend met ’n uitmuntende honderdtal onderskei as ’n kolwer wat op die groot verhoog hoort, maar sy beurt van 101 was nie genoeg om die Proteas van ’n vernederende … Sport (23-07-2018)
Maroela Blitsbokke kry darem ʼn troosprys
ʼn Halwe eier is seker maar beter as ʼn leë dop. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Özil is klaar met Duitsland
Rassisme en oneerbiedigheid wat hy oor sy Turkse herkoms ervaar is hoekom hy nie langer vir Duitsland se sokkerspan beskikbaar is nie, sê Mesut Özil. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Blitsbokke kry brons
Die Blitsbokke sal nie met leë hande van die Wêreldbeker na Suid-Afrika terugkeer nie. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 (SA 139/5) Proteas veg om oorlewing
Die Proteas is aan die begin van die vierde dag van die tweede toets teen Sri Lanka in Colombo reeds teen die planke. Volg die aksie regstreeks hier. Sport (23-07-2018)
Netwerk24 Kiwi-kos, maar Rob steeds trots
Robert du Preez, die Haaie-breier, glo nie enigiemand gaan die Crusaders vanjaar daarvan weerhou om hul Superrugby-titel suksesvol te verdedig nie. Sport (23-07-2018)