Netwerk24 Lanzerac aangewys as tophotel in Wynlande
Die Lanzerac Hotel & Spa in Stellenbosch is Saterdag as die toonaangewendste Wynlande-hotel aangewys tydens die World Travel-pryse: Africa & Indian Ocean in Mauritius. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Iets kook tussen Spur, ‘Burger King’
Iets braai tussen die Spur Corporation en Grand Parade Investments (GPI), wat die meesterlisensie vir Burger King in Suid-Afrika besit. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Eskom is ’n meulsteen, maan IMF
Eskom bly maar die meulsteen om die regering se nek. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Hiér is die 104 takke wat Standard Bank sluit
Standard Bank het uiteindelik die lys van takke wat hy einde Junie gaan sluit, bekend gemaak. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 ‘Buitensporige’ prys sink Shoprite se plan
Dit is die “buitensporige” prys van die transaksie wat die Shoprite-groep met die maatskappye van Christo Wiese, voorsitter, beoog het, wat die transaksie nou gekelder het. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Al 72 dae sonder beurtkrag!
Eskom het op 23 Maart laas beurtkrag toegepas, het die kragmaatskappy by navraag bevestig. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Wiese 0, aandeelhouers 1
Genoeg minderheidsaandeelhouers van die Shoprite-groep is ontevrede met die transaksie wat met sy voorsitter Christo Wiese beoog is. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Zim pleit by beleërde Eskom vir meer krag
Zimbabwe se grootste hidroëlektriese dam is byna leeg, en voordat die kragopwekkers afgesit word, gaan Zesa, Zimbabwe se kragvoorsiener, aan Eskom se deur klop. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Is iTunes se dae getel?
Dit was eens voorgehou as die redder van die internasionale musiekbedryf, maar nou ná meer as 18 jaar gaan Apple glo wegdoen met iTunes. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Vlieëniers glo SAL-baas het sy bes gedoen
Die vlieëniers by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) glo Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die SAL wat pas bedank het, het sy bes gedoen om dinge daar reg te ruk. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Miladys, Foschini se klubgeld nou bo verdenking
Mense met Miladys-rekeninge gaan nie hul klubgeld terugkry nie. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Só lyk dit in Stellies se splinternuwe Mediclinic
Die nuwe Mediclinic Stellenbosch het die afgelope naweek sy deure geopen. Die nuwe Mediclinic is in Brandwacht in Elsie Du Toit-rylaan geleë. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Sasol het wél goeie nuus oor VSA-projek
Die petrochemiese reus Sasol het vir ’n slag goeie nuus oor sy Lake Charles-aanleg. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Firma beboet oor geknoei met hospitaal-tender
Die konstruksiegroep GVK-Siya Zama het ingestem om ’n boete van R6 miljoen te betaal vir ’n oortreding van die Mededingingswet rakende 'n tender van die Mediclinic-groep. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Houtkartel vasgevat oor jare se gekonkel
Die vervaardigers van verwerkte hout PG Bison en Sonae Arauco het met die mededingingskommissie geskik nadat hulle van 2012 tot 2016 met pryse gekonkel het. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Dié lande verbied Huawei reeds – is SA volgende?
Huawei se kopsere ken geen einde nie. Afgesien van Amerika het Japan, Australië en Nieu-Seeland ook die gebruik van Huawei-tegnologie in 'n mate verbied. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Zuckerberg bly voorsitter ná mislukte stemmery
’n Poging om Mark Zuckerberg uit die kussings te lig as voorsitter van Facebook se direksie het misluk. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Tot 5 000 mense by Tongaat kan hul werk verloor
Tongaat-Hulett se aandeelprys het Maandagoggend verder – met 1,2% tot R16,50 – gedaal te midde van die boekhouskandaal waarin die suikergroep gewikkel is. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Daai bakkie vegan-rys is g’n so groen
Omgewingsbewuste verbruikers het opgehou om vleis te eet en bestuur elektriese motors, maar wat van daardie bakkie rys?. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Wilde week vir die rand verwag
Ontleders verwag ’n wipwarit vir die rand dié week soos hy deur sowel plaaslike as internasionale faktore geskommel gaan word. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Invoer, uitvoer styg albei skerp
Suid-Afrika het in April ’n handelstekort van R3,43 miljard gehad, wat die handelstekort vir die jaar tot op hede op R7,55 miljard te staan bring. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 ’n Bedanking en R21 miljoen gespaar
Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie die naweek Sake gelees het nie en wat jy dié week kan verwag. Sake (03-06-2019)
Netwerk24 Coronation is oorverkoop
Coronation is een van die grootste batebestuurders in Suid-Afrika. Sake (03-06-2019)