Dinge kan dalk nog slegter gaan vir die bekende sakeman Christo Wiese, wat onlangs die grootste verloorder met die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys was. Sake (18-07-2018)
Onderhandelinge om te keer dat mense met voorsorgfondse al hul aftreegeld met aftrede onttrek, sloer steeds, het die tesourie toegegee. Sake (18-07-2018)
Shoprite, verreweg Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar volgens omset, gaan eersdaags een van die swakste stel jaarresultate tot nog toe uitreik. Sake (18-07-2018)
Die Europese Unie het Woensdag ’n reusagtige boete aan Google opgelê vir die misbruik van sy Android-bedryfstelsel om sy eie belange te bevorder. Sake (18-07-2018)
Suid-Afrikaanse ekonome in die algemeen is maar skepties oor die waarde van die sogenaamde Big Mac-indeks, ’n maatstaf om geldeenhede se “billike waarde” te bepaal. Sake (18-07-2018)
Verbruikers met benoude boude oor die Reserwebank se rentekoersbesluit Donderdag kan ontspan ná die uitreiking van die jongste inflasiesyfers. Sake (18-07-2018)
Eskom het nou ’n aangepaste loonaanbod aan sy werkers gebied met twee opsies. Hy het die drie erkende vakbonde by tot 27 Julie gegee om oor die jongste aanbod te besluit. Sake (18-07-2018)
As jy van seekos hou, moet jy dalk maar self gaan hengel. Die prys van vis styg op die oomblik die meeste van enige basiese kossoort. Sake (18-07-2018)
’n Britse parlementêre ondersoek het bevind dat ’n persoon of persone van Rusland wel die data wat Cambridge Analytica (CA) in sy besit gehad het, onder oë gehad het. Sake (18-07-2018)
Die massiewe Discovery Health Mediese Skema is vir die tweede jaar agtereenvolgens finansieel die gesondste skema, maar wie is die siekste – en hoekom? Sake (18-07-2018)
Een van Tesla se grootste ondersteuners raai Elon Musk aan om te bedaar. Gene Munster het in ’n ope brief gesê Musk se gedrag is kommerwekkend. Sake (18-07-2018)
Tasima, die maatskappy wat vir jare die nasionale elektroniese administrasiestelsel vir verkeersinligting (eNatis) bedryf het, het wéér bloedneus in die hof gekry. Sake (18-07-2018)