Netwerk24 Angelina Jolie bepleit lot van vlugtelinge
Die Hollywood-aktrise Angelina Jolie (44) het ’n pleidooi gelewer vir groter internasionale hulp aan Colombië, Peru en Ecuador, drie lande in Suid-Amerika wat oorstroom word deur vlugtelinge. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Dís die 12 goed wat morsjorse op strande los
Twaalf alledaagse plastiekvoorwerpe, wat die strande vol lê en ’n bedreiging vir die seelewe inhou, was Saterdag deel van die gemors wat vrywilligers saam met personeellede van die Twee … Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Minister wat May wil opvolg erken hy het kokaïen gebruik
Michael Gove (51), een van die mense wat sy oog op die Britse premierskap het, het aan die Britse poniekoerant Daily Mail, erken dat hy as jong man gereeld kokaïen gebruik het. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Netwerk24, Die Burger wen gesogte pryse
Netwerk24 is Vrydagaand vir die tweede jaar in ’n ry met Media24 se Tencent-prys vereer by die maatskappy se jaarlikse toekenningsaand. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Só lyk die grootste gebreide kombers ter wêreld
Die wêreld se grootste gebreide laslappiekombers is Saterdag in die Vaaldriehoek aanmekaar gewerk. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Rondloper-leeus bly waar hulle is, hou geen gevaar in
Die sogenaamde rondloper-leeus van Phalaborwa gaan nie gevang of verskuif word nie. Hulle is eintlik glad nie rondlopers nie, maar is tuis waar hulle is. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Tronkstraf ‘onwaarskynlik’ ná man in gim masturbeer
Hoewel ’n 18-jarige man aangekla is van seksuele teistering omdat hy glo in die Stellenbosch-Virgin Active gemasturbeer het, is die kanse nie goed dat hy tronk toe sal gaan nie. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Ontploffing laat Kempton Park sonder krag
Die kragtoevoer na dele van Kempton Park sal teen Saterdag omstreeks middernag herstel word, maar in die talle ander gebiede sal die ligte eers teen Sondag omstreeks 18:00 weer brand. Nuus (08-06-2019)
Maroela Verstrengelde jong boggelrugwalvis gered
ʼn Jong boggelrugwalvis is Saterdagoggend naby Miller’s Point, tussen Simonstad en Kaappunt gered nadat hy verstrengel geraak het. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 2de boot spoel uit
In ’n hartseer nadraai van twee mans van Gordonsbaai wat hul vermiste vriende op die see gaan soek het met ’n geleende boot, het dié twee se boot tussen Gansbaai en Pearly Beach uitgespoel. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Steve sê sy seun ‘sal moet leer’ ná bakleiery
Steve Hofmeyr sê sy seun, Devon, “sal moet leer” nadat hy erg beseer is in ’n bakleiery by ’n kuierplek in Centurion. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Vragmotor ry van brug af
’n Vragmotorbestuurder is met ligte beserings in ’n hospitaal opgeneem ná ’n ongeluk vroeg Saterdagoggend op die N4-hoofweg in Witbank. Nuus (08-06-2019)
Maroela Busbestuurder vas oor oorlading
Die bestuurder van ʼn bus is in Laingsburg in die Wes-Kaap in hegtenis geneem op aanklag dat hy sy bus oorlaai het. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Trekker ruk kar flenters, bestuurder ontkom met net skrapie!
’n Pensionaris van Clocolan in die Vrystaat het net ’n skrapie aan sy kop en ’n paar blou kolle elders op sy lyf nadat ’n trekker met ’n implement daarop Vrydagaand die bestuurskant van sy motor … Nuus (08-06-2019)
Maroela 4 dood, 5 beseer in Tzaneen-ongeluk
Vier persone is Saterdagoggend dood en vyf is beseer tydens ʼn ongeluk in Deerparkweg in Tzaneen, Limpopo. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Heroïne by bejaarde in rolstoel op lughawe gekry
Heroïne ter waarde van sowat R500 000 is by die O.R. Tambo- internasionale lughawe by ’n 74-jarige vrou wat aan ’n rolstoel gekluister is, gevind. Nuus (08-06-2019)
Maroela 19-jarige roeier van Jhb word vermis
ʼn 19-jarige van Johannesburg word vermis nadat hy Vrydagaand op die Vaaldam in Gauteng gaan roei het, maar nie teruggekeer het nie. Nuus (08-06-2019)
Maroela Vrou in rolstoel glo met dwelms betrap
ʼn 74-jarige vrou, in ʼn rolstoel, is met heroïen ter waarde van ongeveer R500 000 by OR Tambo Internasionale Lughawe betrap. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Botsing in Limpopo eis 4
Vier mense is dood en vyf ander beseer ná ’n botsing Saterdagoggend op die Deerpark-pad in Tzaneen in Limpopo. Nuus (08-06-2019)
Maroela Man vas oor 58-jarige se verkragting
ʼn 21-jarige man is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 58-jarige vrou. Nuus (08-06-2019)
Maroela Veiligheidswag glo deur olifant vertrap
ʼn Veiligheidswag, wat deur privaat kontrakteurs aangestel is, is Saterdagoggend by Foskor-myn in Phalaborwa dood nadat hy glo deur ʼn olifant vertrap is. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Olifant trap wag in Phalaborwa dood
’n Veiligheidswag van ’n veiligheidsmaatskappy is Saterdagoggend tragies dood toe hy deur ’n olifant by die Foskor-myn in Phalaborwa dood getrap is. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Mooiste uit 'lelikes' van Mnr. SA gekroon
Die 20 finaliste wat eers op Twitter gepryk het en toe verwyder is nadat Suid-Afrikaners oor hul voorkoms gegons het, skud nou hul vere reg vir die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie. Nuus (08-06-2019)
Maroela Wildbewaarders vind 14 leeus wat ontsnap het
Wildbewaarders het ʼn trop van 14 leeus opgespoor nadat hulle uit ʼn natuurreservaat in Limpopo ontsnap het. Nuus (08-06-2019)
Maroela VSA, Rusland beskuldig mekaar ná oorlogskepe byna bots
Die Verenigde State van Amerika (VSA) en Rusland het mekaar Vrydag van onveilige optrede beskuldig nadat twee oorlogskepe van dié twee lande ongeveer 50 m verby mekaar gevaar het in die Oos-Chinese… Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 7 sterf op paaie in Wes-Kaap
Sewe mense is Vrydagaand in drie afsonderlik ongelukke op paaie in die Wes-Kaap dood. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 SAUK-hoë oorleef sluipmoord-aanval
Thamsanqa (Thami) Zikode, die SAUK se hoof-ouditbestuurder, het Vrydagaand ’n sluipmoordaanval oorleef. Nuus (08-06-2019)
Maroela Wat is jou nalatenskap, meneer die president?
Die landbou-organisasie TLU SA het ʼn ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa gerig waarin hy versoek word om te besin oor sy nalatenskap. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Nóg ’n vrouedokter by Bloem-hospitaal aangeval
Nóg ’n vrouedokter is glo Saterdag in die vroeë oggendure deur drie gewapende mans in die parkeerterrein van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein aangeval. Nuus (08-06-2019)
Maroela Agt vas toe polisie transitorooftog fnuik
Agt vermeende transitorowers is Vrydag in hegtenis geneem ná die polisie in Gauteng ʼn transitorooftog by Evaton Mall in die suide van Johannesburg gefnuik het. Nuus (08-06-2019)
Maroela Drie kinders sterf tydens tref-en-trap
Drie kinders is Vrydagmiddag op die R408 in die Oos-Kaap dood toe ʼn vragmotor hulle getref het. Nuus (08-06-2019)
Netwerk24 Lianné Bekker: ‘Ek was ’n narsis, toe vind ek lewe, liefde in tronk’
Vrees. Dít is die swaarste ding wat vroue met hul eerste treë uit die tronk saam met hulle dra. Nuus (08-06-2019)