Netwerk24 Kyk vir 10 000 atlete, bestuur versigtig
Die organiseerders van Saterdag se Twee Oseane-wedloop oor 56 km het ’n beroep op die publiek gedoen om versigtig te bestuur in die omgewing waar die meer as 10 000 atlete hardloop. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Oorsaak van brand by skoolsaal nog nie bekend
Daar is nog geen aanduiding van wat moontlik ’n brand veroorsaak het wat die saal van die Hoërskool Carnarvon in die Noord-Kaap grootliks vernietig het nie. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 DA in Mthatha wil ontslae raak van burgemeester
Die DA het ’n mosie van wantroue teen Dumani Zozo, burgemeester van die King Sabata Dalindyebo (KSD)-munisipaliteit in die Oos-Kaap, ingedien. Politiek (19-04-2019)
Netwerk24 Polisie vind onwettige aanleg vir perlemoen
In die voortslepende oorlog om perlemoenstropery hok te slaan, het die Wes-Kaapse polisie ’n onwettige aanleg in Paardeneiland toegemaak. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Operasie op Marlu (8) suksesvol ná hoewe-aanval
Klein Marlu Coetzee het nou “plaatjies en skroefies en sy neusie is mooi terug op sy plek”, sê dié agtjarige slagoffer van ’n hoewe-aanval se ma, Dehlia. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Houtbaai sal nie sy held Ryan Sandes sien
Die bekende Suid-Afrikaanse ultra-veldpadwedloopatleet Ryan Sandes wat Saterdag in Kaapstad die eerste keer aan die Twee Oseane-wedloop oor 56 km deelneem, het gehoop op groot ondersteuning van … Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Nzimande gespot ná sy ‘bloed-blaps’
Alkohol in jou bloed of bloed in jou alkohol? Hopelik nie laasgenoemde nie en hopelik nie weens die langnaweek nie. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Man op hoewe aangeval
’n 55-jarige man is Vrydagoggend deur ses rowers op sy hoewe by Mamogalieskraal buite Brits aangeval. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Egpaar kry lewenslank
’n Egpaar in die suide van Kalifornië wat hul 13 kinders geslaan, vasgebind en nie gevoed het nie, is lewenslange tronkstraf opgelê. Nuus (19-04-2019)
Maroela Fietsryer vertel van ‘koue stilte’ ná tref-en-trap
“Hy het letterlik bo-oor en deur ons gery.” Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Agri SA dien eie verslag in oor grondhervorming
Agri SA het ’n minderheidsverslag oor grondhervorming en onteiening sonder vergoeding aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur, want hulle weier om ’n amptelike verslag in dié verband te onderteken. Politiek (19-04-2019)
Netwerk24 Paasnaweek bring bietjie reën vir Wes-Kaap
Paasnaweek is bekend daarvoor dat dit die begin van die reënseisoen in die Wes-Kaap aankondig, en al word daar net ’n paar millimeter voorspel, gaan dit wel Saterdag reën. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Tiener slaan glo sy ouma dood
’n Tiener van Groblershoop in die Noord-Kaap bly Paasnaweek agter tralies nadat hy glo sy ouma tydens ’n onderonsie doodgeslaan het. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 2 wat in helikopter val, in stabiele toestand
Die twee bemanningslede van die militêre helikopter wat Donderdagmiddag in Centurion neergestort het, is albei in ’n stabiele toestand, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Vrydag bekend gemaak. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Verkeer na Moria vorder stadig maar seker
Die jaarlikse pelgrimstog na Moria aan die begin van die Paasnaweek sal na verwagting later momentum kry soos wat die verkeer vinniger op die R71-pad vloei, sê die departement van vervoer in Limpopo. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Prins Philip verbeter koninklike rekord
Prins Philip, die hertog van Edinburg, is nou amptelik die oudste lewende afstammeling van koningin Victoria. Die 97-jarige eggenoot van koningin Elizabeth het Donderdag dié mylpaal verbygesteek. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Joernalis (29) in Noord-Ierland doodgeskiet
’n Joernalis is Donderdag in die geweld in Londonderry in Noord-Ierland doodgeskiet. Nuus (19-04-2019)
Maroela Drie vas ná hulle op polisie losbrand
Die polisie het die betrokke voertuig op Van Buurenweg gewaar waarna ’n jaagtog tussen die verdagtes en die polisie ontstaan het. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Klasse Dinsdag weer oop by NMU
Klasse sal Dinsdag op die kampusse van die Nelson Mandela-Universiteit (NMU) in Port Elizabeth soos normaal hervat. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 1 meisie, nog talle vroue dood
Die meeste van die gemeentelede wat dood is toe ’n muur van die Pentecostal Holiness Church in Dlangubo, op Empangeni in KwaZula-Natal, ineengestort het, is vroue en ’n 13-jarige kind. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 ‘Te vroeg,’ sê vriend oor fietsryer wat doodgery is
Andrew Randall was Vrydagoggend deel van die agterhoede van ’n groep fietsryers toe ’n Toyota Tazz van agteraf in hulle vasgejaag en aanhou jaag het. Nuus (19-04-2019)
Maroela Tiener vermoor glo ouma
’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die tiener en sy ouma na bewering stry gekry het. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Drie vas ná skote by winkelsentrum klap
Drie mans is Vrydag by die Eastgate-winkelsentrum in Bedfordview, Johannesburg, in hegtenis geneem nadat hulle op die polisie losgebrand het. Nuus (19-04-2019)
Maroela Ghoemas reageer ná omstredenheid
Die Ghoema Musiek Trust hou egter voet by stuk dat hy die groter belang van die Ghoemas in gedagte gehou het tydens die besluitnemingsproses. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Noord-Korea baie ontevrede met Pompeo
Noord-Korea dring daarop aan dat Mike Pompeo, Amerika se minister van buitelandse sake, nie meer ’n lid moet wees van die onderhandelingspan oor die aftakeling van Noord-Korea se kernwapens nie. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Kaapse hospitale maak reg vir Paasnaweek van geweld, alkohol
Terwyl gesinne Paasnaweek rustig vier, ontaard dit in ’n naweek van hel by die Kaapse mediese noodsentrums met slagoffers van aanvalle deur besope en gewelddadige mense. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 3 bergklimmers vermis ná sneeustorting
Daar word gevrees dat drie professionele bergklimmers in die Banff Nasionale Park in Kanada in ’n sneeustorting dood is. Nuus (19-04-2019)
Maroela Plaasaanval: Ouma hoor kleinkinders skree
“Dit is tóé dat sy haar in een van die verdagtes vasloop.” Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Kwytskelding van koning ‘dui op politiekery’
Pres. Cyril Ramaphosa se oorweging van die aansoek vir presidensiële kwytskelding van die Temboe-koning, Buyelekhaya Dalindyebo, is volgens die DA ’n “poging om stemme te koop”. Politiek (19-04-2019)
Maroela Rèan en Rox-Zee verbreek verlowing
“Ek het klaar my trourok gekoop,” het Rox-Zee aan Maroela Media gesê. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Pa red baba uit dingo se bek
’n 14 maande oue baba het Donderdag skedelbreuk opgedoen nadat ’n dingo hom aan sy kop uit ’n Australiese gesin se kampeerwa gesleep het. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 ANC dink aan families van kerktragedie
Die ANC het hul meegevoel betuig met die families van die 13 mense wat Donderdagaand dood is toe ’n muur van ’n kerk in KwaZulu-Natal in duie gestort het. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Bouwer kap Steve oor sy ‘Ghoepta’-prys
Bouwer Bosch het ’n dwarsklap in Steve Hofmeyr se rigting op Twitter gegee nadat Hofmeyr hom betrek het in ’n inskrywing op Facebook. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Dié 3 wou nog steel, toe sit klante hulle agterna...
Drie gewapende rowers het hul rieme styf geloop toe oplettende gemeenskapslede en veiligheidsbeamptes hulle agternasit. Nuus (19-04-2019)
Maroela Roete vir Twee Oseane op nipper verander
Organiseerders het Vrydagoggend met ʼn dag te spare aangekondig dat betogings moontlik ontwrigtings en bedreigings vir deelnemers op die oorspronklike roete kan inhou. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Oos-Kaapse paaie eis 12-jarige, 3 ander
Met die aanvang van Paasnaweek het die Oos-Kaap se paaie reeds vier lewens in twee onderskeie ongelukke geëis, waarvan een ’n 12-jarige meisie is. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Beloning van R10 000 om mossie terug te kry
Nie alle mossies kos twee vir ’n stuiwer nie en ’n gesin van Secunda is bereid om R10 000 te betaal om hul geliefde Sabi op te spoor. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Bloem se nuwe langnek soos stertjie agter sy ma aan
Aanvanklik was dit net een langnek wat bo die takke uitgetroon en rustig wegstap. Dit is eers toe die kameelperdkoei in die oopte loop dat haar galoppende klein duplikaat sigbaar word. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Dit is wat jy moet weet oor Trump-verslag
Die Mueller-verslag dui dat die enigste rede waarom pres. Donald Trump nie vervolg word weens regsverydeling nie, is omdat sy personeel nie sy opdragte uitgevoer het nie en die verydeling daarom nie … Nuus (19-04-2019)
Maroela 13 sterf toe kerkgebou tydens Paasdiens ineenstort
Dit is moontlik dat swaar weerstoestande die rede vir dié ineenstorting kan wees. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Kortsluiting het moontlik brand veroorsaak
Dit is moontlik dat die brand in die Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk, deur ’n elektriese kortsluiting veroorsaak is. Nuus (19-04-2019)
Maroela Nuuskommentaar: Paasfees en politiek – ‘Ons wil Barabbas hê!’
Dit is Paasfees, maar ons is ook in die pylvak na die komende algemene verkiesing, en die uitdaging vir Christene is om die Paasfeesviering nie skade te laat ly nie. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Man sterf ná bestuurder in 10 fietsryers vasry, wegjaag
’n Man is dood toe ’n voertuig Vrydagoggend in Centurion in ’n groep van 10 fietsryers ingeploeg en weggejaag het. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Roete van gewilde wedloop inderhaas verander weens kommer oor betogings
Die roete van Saterdag se 50ste Twee Oseane-wedloop oor 56 km in die Kaapse Skiereiland is laat Donderdagaand inderhaas verander omdat protesoptrede op die roete die veiligheid van die sowat 13 000 … Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 Oupa skiet ouma met haelgeweer
Sy pa het nog Dinsdagaand vir hom gesê hy moet regmaak, hulle gaan Langebaan toe vir die Paasnaweek. Woensdagoggend vind hy sy ouers se bebloede lyke in die huis waarin hy grootgeword het. Nuus (19-04-2019)
Maroela Meer as 100 myne sonder waterlisensies
Die Shiva Uranium-myn in Klerksdorp in Noordwes wat aan die Gupta-familie behoort, is een van dié wat nie aan waterlisensievoorwaardes voldoen nie. Nuus (19-04-2019)
Netwerk24 13 sterf toe KZN-kerk ineen stort
13 mense is dood toe 'n kerk in KwaZulu-Natal laat Donderdagaand ineen getuimel het. Nuus (19-04-2019)