Netwerk24 Meer as 5 000 grade by UK oorhandig
’n Totaal van 5 124 studente sal eersdaags grade aan die Universiteit van Kaapstad ontvang en daar word verwag dat byna 14 000 mense dié seremonies sal bywoon. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Winde sê metro’s moet provinsies se treine bestuur
Die bestuur van treindienste moet na metrorade afgewentel word sodat dit nader is aan die mense wat dit daagliks gebruik, sê Alan Winde, DA-premierskandidaat vir die Wes-Kaap. Politiek (09-04-2019)
Netwerk24 Damvlakke in Makhanda bly kritiek
Die watervlakke van damme in die weste van Makhanda (Grahamstad) is kritiek ten spyte van die onlangse reën. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Ace-boek wat betogers laat rooi sien ’n topverkoper
Die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh sê hoewel niemand hom in persoon gedreig het nie, was die betogers by sy boekbekendstelling in Sandton City meestal dreigend. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 EU sal uitstel gee vir Brexit
Die Europese Unie sal aan Theresa May, die Britse premier, uitstel gee vir wanneer Brexit moet geskied, maar die voorwaardes daaraan verbonde is nog onbekend. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 ‘Besluit oor administrasie sal betwis word’
Die besluit van die Noord-Kaapse regering en die departement van samewerkende regering om die Phokwane-munisipaliteit van Maandag af onder administrasie te plaas, gaan moontlik in die hof betwis word. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 47 sterf, 181 in Libiese konflik beseer
Tot 47 mense is die laaste dae dood en 181 gewond in die oostelike magte se pogings om beheer van Libië se hoofstad, Tripoli, van ’n internasionaal erkende regering te neem, het die Verenigde Nasies … Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Alexandra-inwoners vra steeds waar die R1,7 mjd. is
Inwoners van Alexandra in die noorde van Johannesburg vra steeds vrae oor waar die R1,7 miljard vir die Alexandra-hernuwingsprojek heen is. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Massa-optog teen dwelms in Mosselbaai
Die verkeer in Louis Fourie-weg in Mosselbaai in die Suid-Kaap is Dinsdag ’n ruk lank vertraag weens ’n wettige, vreedsame massaoptog teen dwelms en dwelmhandel waaraan talle mense deelgeneem het. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Siek windhonde met gebreekte bene glo vir jag aangehou
WAARSKUWING: Hierdie berig bevat foto's wat sommige lesers mag ontstel. Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Dinsdag op 43 windhonde beslag gelê wat in haglike omstandighede in … Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Brug byna klaar, klaskamers reg
Die nuwe loopbrug by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark is bykans klaar en boonop kan die klaskamers binnekort weer gebruik word. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Nat kragkabels in NK-wetgewer se gebou ’n ‘tydbom’
Nehawu gaan klagte by die Valke indien oor vermoedens van korrupsie met die herstelwerk aan die gebou van die Noord-Kaapse wetgewer in Kimberley waar hulle onveilig voel. Politiek (09-04-2019)
Netwerk24 ‘Donker dag’ in Redelinghuys
Dit is ’n donker dag, sê die Afrikaanse sanger en grapmaker Andries Vermeulen nadat die NG kerk in Redelinghuys Dinsdag grotendeels verwoes is in ’n brand wat vroegoggend uitgebreek het. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Ontvoerde toeris, gids in Uganda vrygelaat
’n Amerikaanse toeris en haar plaaslike gids is die naweek vrygelaat nadat hulle verlede week uit ’n nasionale park in Uganda ontvoer is. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 ‘Trou met my!’ roep mielieland toe boer ja-woord vra
Hy is ’n boer van min woorde, daarom het hy sy mielieland die praatwerk laat doen. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 OB sê ondersoek na Cyril ‘is prioriteit’ – Mmusi
Die openbare beskermer het hom verseker die klag wat hy by haar teen pres. Cyril Ramaphosa oor die president en sy seun Andile se beweerde bande met Bosasa ingedien het, sal prioriteit geniet, sê … Politiek (09-04-2019)
Netwerk24 Man getuig van SMS’e voor mesaanval op Pruis
Die minnaar van Freddie Pruis se vervreemde vrou het glo ’n dag voordat ’n deeltydse uitsmyter en veiligheidswag van Elsiesrivier, Kaapstad hom (Pruis) na bewering 14 keer met ’n jagmes gesteek het, … Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Betogings in Soedan vlam op
Soedanse soldate wat pres. Omar al-Basjir se huis teen duisende betogers beskerm, het Dinsdagoggend met grootkaliber-masjiengewere skote in die lug afgevuur in ’n poging om hulle te verdryf. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Angie sê oor inspeksies by Driehoek
Die infrastruktuur van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark is die afgelope jare soos vereis gereeld geïnspekteer, sê Angie Motshekga, minister van basiese onderwys. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Zuma moet betaal, sê hof
Die hooggeregshof in Pretoria het Bheki Cele se afdanking as nasionale polisiekommissaris in 2012 tersyde gestel en oudpres. Jacob Zuma beveel om sy regskoste te betaal. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 PE-polisie spoor 5 gesteelde voertuie binne 24 uur op
Lede van die polisie se blitspatrollie en die honde-eenheid in Port Elizabeth het binne 24 uur vyf gesteelde voertuie teruggekry. Nuus (09-04-2019)
Maroela Sakeberaad sal elektrisiteitskrisis bespreek
Ondernemings in die Kaap sal volgende week tydens ʼn spesiale beraad vergader om die land se elektrisiteitskrisis te bespreek, het die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid Dinsdag gesê. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Eet meer vis en boer daarmee, sê minister
Die regering moedig mense aan om met vis te boer omdat Suid-Afrikaners, veral diegene in die binneland, meer van hierdie “proteïenryke voedselbron” moet eet. Politiek (09-04-2019)
Netwerk24 DBV red 100-jarige skilpad uit kettings in Kraaifontein
’n Luiperdskilpad wat soos ’n gevangene in kettings aangehou is, is nou in die veilige sorg van die Kaap de Goede Hoop Dierebeskermingsvereniging (DBV). Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Binnelandse reën bring blydskap én skade
Die sentrale gedeelte van Suid-Afrika is ná ’n tyd van erge droogte binne drie maande in ’n groen oase omskep nadat tussen 400 tot 500 mm reën ná Kersfees hier geval het. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Bende rowers val myn 2 keer in 2 dae aan
’n Bende gewapende rowers het die Lancaster-goudmyn in Krugersdorp Maandag vir ’n tweede keer in twee dae aangeval. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Matriekmeisie dink blitsig om van ontvoerders te ontsnap
’n Matriekmeisie van Roodepoort aan die Wes-Rand het Maandag ternouernood van haar ontvoerders ontsnap deur uit ’n bewegende motor te spring. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Betogers ontwrig boekbekendstelling
Die bekendstelling van die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh se boek Gangster State in Sandton City, Johannesburg, is Dinsdagaand deur ’n groep van sowat 50 betogers ontwrig. Nuus (09-04-2019)
Maroela Damvlakke kritiek laag in Grahamstad
Damvlakke in Makhanda (Grahamstad) in die Oos-Kaap is kritiek laag, ondanks reën in die gebied. Nuus (09-04-2019)
Maroela Nóg vyf vas by toetsstasie
Nog vyf persone is Dinsdag in hegtenis geneem by ʼn voertuigtoetsstasie in Lephalale (Ellisras) in Limpopo. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Prof. Pieter de Lange sterf
Prof. Pieter de Lange (93), ’n voormalige rektor van die Universiteit van Johannesburg, is Dinsdag oorlede. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Masels-uitbreking in New York
’n Mediese noodtoestand weens die uitbreek van masels is in dele van Brooklyn in New York aangekondig. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 May kry steun vir verlengde Brexit-datum
Die Britse premier het Dinsdagaand steun gekry om die datum waarop Brittanje die Europese Unie moet verlaat, uit te stel. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Beskuldigde vra weer borgtog
Die “enigste” getuies wat die staat teen Koos Strydom en sy medebeskuldigdes in die Mooinooi-moordsaak het, is mense wat “reeds meineed gepleeg het”. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Uitspraak ‘sál Woensdag geskied’ oor ou tjekbedrogsaak
Landdros Smit du Plessis het Dinsdag in die landdroshof in Kimberley met afgemete woorde gesê hy sál Woensdag sy langverwagte vonnisuitspraak gee in ’n saak wat al 20 jaar lank sloer. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Dinsdag, 9 April
As jy vandag te besig was om op hoogte te bly van die jongste nuus, moenie bekommerd wees nie. Hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste gebeure. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 3 mans het glo doofstom tiener (17) verkrag
’n Pa van Parys in die Vrystaat en sy twee vriende word daarvan aangekla dat hulle sy buurman se doofstom dogter ná ’n verjaardagpartytjie in die dorp verkrag het. Nuus (09-04-2019)
Maroela ANC veroordeel plundery toe skoliere staak
Die ANC het Dinsdag gesê hy veroordeel die plundery wat plaasgevind het toe skoliere, wat verbonde is aan die studente-organisasie Cosas, na die party se hoofkantoor, Luthuli-huis, opgeruk het. Nuus (09-04-2019)
Maroela Ramaphosa onderneem om spoorwegdiens te verbeter
Pres. Cyril Ramaphosa het homself daartoe verbind om die spoorwegbedryf te verbeter, wat die afgelope paar jaar onder kritiek deurgeloop het as ʼn swak en ondoeltreffende diens. Nuus (09-04-2019)
Maroela Aanvaller dra koeëlvastebaadjie tydens plaasaanval
Harm Bonnema (71) het op een van sy aanvallers geskiet toe hulle op ʼn plaas buite Marble Hall in Limpopo toegeslaan het, maar die man het ʼn koeëlvastebaadjie aangehad. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Betogers gee Cyril 3 dae óf ...
Pres. Cyril Ramaphosa het drie dae om te reageer op die eis van die burgerregtegroep #UniteBehind om met hulle oor die swak treindienste in Kaapstad te vergader, andersins volg “drastiese optrede” … Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Swanger Birmaanse luislang in Florida doodgemaak
’n Birmaanse luislang van langer as 5 m en bykans 65 kg met 73 ontwikkelende eiers in haar, is deur amptenare van die Big Cypress National Preserve in Kalifornië doodgemaak. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 ‘Te min bewyse’ teen 2 tienerverdagtes
Die twee tienerseuns wat Sondag in hegtenis geneem is weens die beweerde moord op ’n 12-jarige gestremde seun van Polokwane, kan nie met die misdryf verbind word nie. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Herrie oor duur, koloniale pruike vir Zim-regslui
Die hingste hol los rond nadat Zimbabwe 64 dúúr, egte koloniale perdehaarpruike vir sy juriste van Engeland af ingevoer het. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Tonne kos en water na Oudtshoorn aangery
Die organisasie SA Water Warriors het die afgelope naweek meer as 8 ton kos en water (vir mense en diere) aan boere in die droogtegeteisterde Oudtshoorn-gebied in die Klein-Karoo besorg. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 SA dokter terug na Mosambiek met skenkings
Dr. André Hattingh, stigter van Pediatric Care Africa, is Dinsdag terug na Mosambiek om dié land te help in die nadraai van die verwoestende sikloon Idai. Nuus (09-04-2019)
Maroela Man in woonkompleks doodgeskiet
Twee mans in ʼn blou BMW het saam met hom by die woonkompleks se hek ingery waarna hulle hom voorgekeer en geskiet het. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Nog ’n vermeende veedief in Bfn vas
Nog ’n verdagte, na verneem word ’n oudpolisiebeampte, is Dinsdag by ’n informele nedersetting in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hy die vorige dag glo in ’n oor-en-weer-skietery met die … Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Gee ons eerder watertenks, vra Hornlee-inwoners
Die gemeenskap van Hornlee in Knysna wil watertenks hê, nie voorafbetaalde watermeters nie. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Meer as 4 000 polisielede het misdaadrekord
Meer as 4 000 polisiebeamptes – van wie 32 senior bestuurslede is – het ’n misdaadrekord. Die meeste hiervan hou met verkeersoortredings verband. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Man buite winkel in die Paarl doodgeskiet
’n Saak van moord word ondersoek nadat ’n man Dinsdagoggend op die parkeerterrein van ’n winkel in die Paarl doodgeskiet is. Nuus (09-04-2019)
Maroela OVK diskwalifiseer kandidaat vir verkiesing
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het slegs een beswaar teen ʼn kandidaat wat vir die nasionale verkiesing volgende maand benoem is, bekragtig. Nuus (09-04-2019)
Maroela Foto’s: Kerk op Redelinghuys in brand verwoes
Die NG kerkgebou op Redelinghuys, ʼn dorpie in die Wes-Kaap, is heeltemal verwoes nadat ʼn brand vroegoggend daar uitgebreek het. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Cyril praat met Netwerk24 oor treine en betogings
Netwerk24 se videograaf, Adrian de Kock, het pres. Cyril Ramaphosa uitgevra toe hy Dinsdag 'n splinternuwe trein by die Kaapse stasie in gebruik geneem het. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Vrou glo ongeskonde ná trein motor tref
’n Vrou van Musina het Dinsdag ternouernood aan die dood ontkom toe ’n trein haar Toyota Fortuner getref het waar sy oor die treinspoor wou ry. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Aanvallers skiet man 4 keer op plaas by Marble Hall
’n Swaar gewonde man van Marble Hall in Limpopo wat Maandagaand in ’n plaasaanval geskiet is, het al bloeiende na die plaashuis gekruip terwyl hy vir sy vrou geskreeu het om al die deure te sluit. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Eeu oue kerk in Redelinghuys brand af
Die geskiedkundige NG kerk wat Dinsdagoggend in Redelinghuys in die Bergrivier-munisipaliteit in die Wes-Kaap afgebrand het, was verlede jaar 100 jaar oud. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 ‘Ek is lief vir jou,’ sê 2-jarige voor hy sterf
Die 2-jarige Muees Calvin se laaste woorde aan sy ouma was “salaam, Ouma, ek is lief vir jou”. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 ANC loof Cyril oor ambassade-afgradering in Israel
Die ANC het pres. Cyril Ramaphosa en die regering geluk gewens dat hulle ’n resolusie van dié party se nasionale konferensie in 2017 deurgevoer het en die Suid-Afrikaanse ambassade in Israel tot net … Politiek (09-04-2019)
Maroela Beurtkrag: Dís wat gebeur as kragnetwerk ineenstort
Robert Koch, senior bestuurder vir ondernemingsrisiko en stabiliteit by Eskom, verduidelik die verskil tussen beurtkrag en onbeheerste kragonderbrekings (rolling blackouts) of ʼn onbeheerste nasiona… Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Eksmeisie maak moles op troue
Wat ’n soen tussen die bruid en die bruidegom moes wees, het in totale chaos geëindig toe die bruidegom se eksmeisie – volledig geklee in ’n trourok – instorm en hom op haar knieë smeek om haar terug … Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Verdagte Chinees wat Trump-oord betree, steeds in tronk
Die Chinese vrou wat met twee selfone, ’n rekenaar, ’n eksterne hardeskyf en ’n geheuestokkie vol skadelike programmatuur tot binne-in pres. Donald Trump se Forida-oord gekom het, is steeds in … Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 W-Kaap, KZN kry nuwe Metrorail-treine
Die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal sal teen einde volgende jaar elk 35 splinternuwe Metrorail-treine kry wat die druk op die sukkelende pendelspoornetwerk heelwat kan verlig. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Trent Read se seun ernstig beseer ná val van 50 m
Met geen helikopters wat gebruik kon word nie, is ’n man Sondagaand in ’n uiters moeilike reddingspoging van Leeukop in Kaapstad af gered nadat hy sowat 50 m geval en op ’n rotslys gelê het met … Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Plein in Kaapse middestad ontruim ná bomdreigement
Die polisie was Dinsdagmiddag op die toneel waar 'n bomdreigement in die Kaapse middestad ontvang is. Nuus (09-04-2019)
Maroela Seuns in hof ná moord by skoolkoshuis
Twee leerders wat ʼn kamer met die slagoffer deel, het ʼn onderwyser ontbied nadat hulle gesien het die seun beweeg nie en haal ook nie asem nie. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Hoë snelheid, neus wat duik, lei tot Boeing-vliegramp
Minute nadat die Boeing 737 Max 8-vliegtuig van Ethiopian Airlines in die lug was, was die vlieëniers reeds in die moeilikheid. Net toe hulle die flappe begin intrek, het ’n hoofsensor verkeerde … Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Israel trek hul kruisies in algemene verkiesing
Israel is Dinsdag na die stembus in ’n algemene verkiesing om te bepaal of Benjamin Netanyahu, die land se konserwatiewe eerste minister, ’n geskiedkundige vyfde termyn gaan regeer en of hy deur ’n … Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Geskorste Kaapse metro-hoë sit tuis met vet salaris
Een van die tien hoogs betaalde amptenare van die Kaapstad-metroraad is nou al 15 maande by die huis en hoef nie ’n steek werk te doen vir haar salarispakket van R2,8 miljoen per jaar, oftewel R233 … Politiek (09-04-2019)
Netwerk24 Amerika beskou Iran se weermag nou as terroriste
In ’n ongehoorde stap het pres. Donald Trump Maandag gesê hy gaan Iran se elite Islamitiese Revolusionêre Wag (IRGC) as ’n terroristeorganisasie verklaar. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Historiese NG kerk aan Weskus brand
'n NG kerk aan die Weskus was Dinsdagoggend in ligte laaie. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Smallville-aktrise pleit skuldig oor sekskultus
Die Amerikaanse aktrise Allison Mack (36) het Maandag skuld beken op aanklag dat sy twee vroue afgepers het, terwyl sy by ’n geheime sekskultus in New York betrokke was. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Muishond Malan wil eie hofaansoek teen vrou bring
Muishond Malan, die rubriekskrywer van Kimberley wie se tjank met ’n interdik afgetrap is en waarmee hy verbied word om ’n sakevrou te teister, gaan binnekort glo ’n nuwe “substantiewe” aansoek teen … Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 ‘14 steke met mes was selfverdediging’
’n Vermeende huurmoordenaar het Maandag in kruisondervraging verskoning aan die man gevra wat hy na bewering wou laat vermoor het. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Luiperd op N1 doodgery
Cape Nature se beamptes moes kophou oor wat die veiligste opsie vir mens en dier sou wees, nadat 'n Kaapse luiperd ernstig in 'n padongeluk beseer is. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 1 dood in ongeluk by Kuilsrivier
Een persoon is Dinsdagoggend dood in 'n ongeluk by Kuilsrivier in Kaapstad. Nuus (09-04-2019)
Maroela Timol-moordsaak: Rodrigues hoor nie oor aansoek
Daar is tydens die aansoek aangevoer dat Rodrigues voordeel moet trek uit die amnestie wat oudpres. Nelson Mandela aangekondig het vir politiek gemotiveerde misdaad wat voor 1994 gepleeg is. Nuus (09-04-2019)
Maroela Bestuurder van leë bus doodgeskiet
Die 23-jarige busbestuurder is in die bors geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar. Nuus (09-04-2019)
Maroela Talle vas ná beamptes op toetsstasie toeslaan
Sewe mense is in hegtenis geneem nadat daar op ʼn private voertuigtoetsstasie in Lephalale (Ellisras) in Limpopo toegeslaan is. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Balju slaan toe op prokureur van Bloemfontein se bates
’n Lasbrief vir die beslaglegging op ’n prokureur van Bloemfontein se bates van meer as R2,2 miljoen is in die hooggeregshof in Bloemfontein uitgereik. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Nuwe plan vir myn in Pretoria ontstel
Inwoners van ’n Pretoriase woonbuurt is opnuut omgekrap oor ’n mynhuis wat eers vir platinum op hul voorstoep wou prospekteer, maar nou magnetiet, vanadium en yster op presies dieselfde stuk grond … Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Lanseria-inwoners loop deur onder ‘sindikaat’
Die polisie sukkel sedert die begin van vanjaar om ’n vermeende sindikaat vas te trek wat na bewering gewelddadige huisrooftogte uitvoer. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 May vergader Dinsdag met Merkel, Macron
Theresa May, premier van Brittanje, vergader Dinsdag met haar Duitse en Franse eweknieë. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 2 beseer in ongeluk in Vishoek
Twee passasiers is Dinsdagoggend in 'n motor in Vishoek, Kaapstad, vasgekeer nadat hulle in 'n botsing reg van voor was. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Baas van VSA se geheime diens ook op pad uit
Pres. Donald Trump van Amerika is besig om die departement van binnelandse veiligheid, wat immigrasie en grensveiligheid behartig, deurmekaar te skommel. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Motoris wat verkeersbeampte doodskiet kry lewenslank
’n Motoris wat 'n verkeersbeampte van Standerton in 2016 doodgeskiet het, is Maandag lewenslange tronkstraf opgelê in die hooggeregshof in Delmas. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Speurder kry prokureursbrief uit onderwêreld
Een van die rolspelers in die Kaapse onderwêreld, Nafiz Modack, het Maandag ’n prokureursbrief aan ’n Wes-Kaapse speurder, lt.kol. Charl Kinnear, gestuur. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Communicare-hoofkantoor in Kaap vir R120 m. verkoop
Die Communicare-behuisingsorganisasie wat meer as 3 300 huureenhede in Kaapstad besit en uithuur, sê sy hoofkantoor in die middestad van Kaapstad sal nie in ’n behuisingsprojek omskep kan word nie. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Baie gepraat, min gedoen vir jong kinders
Hoewel daar ’n beleid is om Suid-Afrikaanse kinders se ontwikkeling te steun word dit nie behoorlik toegepas nie omdat die regering nie ernstig genoeg oor vroeëkinderontwikkeling is nie. Nuus (09-04-2019)
Netwerk24 Polisielede vasgevat oor hul taxi’s besit
Klagtes dat polisielede in Houtbaai taxi’s besit en bedryf, sal ondersoek word en streng optrede kan teen lede verwag word wat hulle daaraan skuldig maak. Nuus (09-04-2019)