Netwerk24 Krag in groot deel van JHB onbeplan af
’n Hoëspanning-Eskom-kraglyn wat die meeste van die substasies in die noorde van Johannesburg van krag verskaf, het Maandag uitgeskop. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Reën bring verligting in Karoo, Suid-Kaap
Die vlak van talle van die Wes-Kaap se damme het die afgelope week gestyg ná goeie reënval, veral in dele van die Karoo en in die Suid-Kaap. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 2 vas wat jagluiperds vang, mishandel
“Die sinnelose optrede van dié twee mans is afgryslik. Jagluiperds is ongelooflike diere wat moontlike uitwissing in die gesig staar.”. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Sapawu sê sy polisielede staak – onwettig of nie
Die nuutgestigte polisievakbond Sapawu sê hy gaan Dinsdag in Kaapstad voort met sy beplande optog al beteken dit dat dit tot tugstappe teen deelnemende polisielede kan lei. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Man aangekeer ná skote in Utrecht klap
’n Man is in hegtenis geneem weens die skietaanval in ’n trem in Utrecht, Nederland,waarin drie mense dood en vyf gewond is, het die polisie gisteraand gesê. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 De Doorns-man vier verjaarsdag in hospitaal ná aanval
Bruce Brodie, wat Donderdagaand ernstige beserings opgedoen het toe hy deur vyf mans in sy huis in De Doorns in die Wes-Kaap aangeval is, vier Maandag sy 56ste verjaarsdag in die Mediclinic Paarl. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Bekyk aanstellings in Gauteng, vra VF Plus
Die Vryheidsfront Plus het ’n versoek aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gerig om indiensneminggelykheidspraktyke by die Gautengse provinsiale regeringsdepartemente te ondersoek. Politiek (18-03-2019)
Netwerk24 Onderonsie oor meisie lei glo tot man se skietdood
’n Stryery oor ’n meisie is glo die oorsaak van ’n skietery by ’n drinkplek in Bloemfontein waar ’n verkeersbeampte na bewering ’n man met sy dienspistool doodgeskiet het. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Spekbome in ‘sekswerkers’ se wandelgang geplant
Wat bekend was as die bymekaarkomplek van slenteraars en glo selfs sekswerkers in George in die Suid-Kaap, is nou omskep in ’n spekboom-wandelgang. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 My vrou vermis? Ek sou nie stilsit
Die manier hoe Rob Packham op 22 Februarie in die Wynberg-polisiestasie gesit en wag het totdat iemand hom help, het vir ’n polisiebeampte die idee gegee dat hy baie ontspanne is. Nuus (18-03-2019)
Maroela Twee in hof ná dood van 2-jarige
Die saak teen die twee mans wat aangekla word van die moord op die tweejarige Hakeem Baartman is tot later vandeesmaand uitgestel. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Walvis, dolfyn, robbe spoel op strande uit
’n Ondersoek word gedoen na die moontlike oorsaak van die dood van ’n jong Bryde-walvis wat die naweek by Danabaai by Mosselbaai uitgespoel het. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 DA wil werk in Vrystaat skep
Patricia Kopane, die DA-premierskandidaat in die Vrystaat, het Maandag belowe sou hulle aan bewind kom, sal dié party vir minstens een familielid van elke huishouding in die Vrystaat werk skep. Politiek (18-03-2019)
Netwerk24 Swak direksie lei Denel tot in afgrond in
Die Zondo-kommissie van ondersoek het Maandag getuienis gehoor oor beweringe van die kaping van die wapenmaatskappy Denel. Politiek (18-03-2019)
Netwerk24 Brown was ‘vlieg in die salf’
Lynne Brown het toe sy minister van openbare ondernemings word beheer oorgeneem om die direksies van Denel en ander staatsentiteite aan te stel. Politiek (18-03-2019)
Netwerk24 Egpaar, vrou deur 3 mans oorval in huis in PE
Drie gewapende mans het ’n egpaar en nog ’n vrou in hul huis in Sardiniabaai, Port Elizabeth, oorrompel, vasgebind en beroof. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Cele ‘moes meer doen’ om polisie se staking te keer
Dit lyk asof meer as 70% van die polisiebeamptes in Philippi, Nyanga en Khayelitsha nie Maandagoggend opgedaag het vir werk nie, en of slegs een personeellid in Claremont werk toe gekom het. Politiek (18-03-2019)
Netwerk24 Sý stuur foto’s van haar boude na Siya, sê Rachel
Dit lyk of Rachel Kolisi genoeg gehad het daarvan dat vroue vir haar man, Siya Kolisi, foto’s aanstuur. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Man moet weer hof toe oor voorval by KFC in Bloem
Sowat ses maande nadat ’n saak van gewapende roof en die rig van ’n vuurwapen teen ’n sakeman van Oos-Londen teruggetrek is ná ’n voorval buite ’n kitskosrestaurant in Bloemfontein, is hy weer … Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Beplan vir vertragings, raai US en UK studente aan
Die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad het gebeurlikheidsplanne om die ontwrigting van beurtkrag tot die minimum te probeer beperk en het studente gevra om saam te werk en vir moontlike … Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Theresa May kry nog ’n Brexit-klap
Daar is weer ’n stok in die Brexit-wiel gesteek vir Theresa May, premier van Brittanje. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Moeilike paar dae lê voor, sê Cyril
Ongewilde en moeilike politieke besluite moet geneem word om Suid-Afrika uit die “ongekende” nasionale kragkrisis te lig. Politiek (18-03-2019)
Netwerk24 Taxibestuurder beroof glo passasier
’n Kliënt van ’n app-gegronde taxidiens is sy selfoon kwyt en het ernstige beserings aan sy hand opgedoen toe die taxibestuurder hom na bewering beroof het. Nuus (18-03-2019)
Maroela Beurtkrag deur die nag, môre weer toegepas
Beurtkrag sal deur die nag Maandag en weer Dinsdag toegepas word. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Sakekamer soek dringend antwoorde by Eskom
Die Nelson Mandelabaai-sakekamer in Port Elizabeth het Maandag ’n beroep op Eskom gedoen om die redes vir die toepassing van die afgelope paar dae se swaar beurtkrag bekend te maak. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Bakili van voor af verhoor
Die bedrogverhoor van die vermeende baasbrein in die opspraakwekkende sluipmoord op Louis Siemens in Bloemfontein, moet van voor af gehou word. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Steenkoolforum sleep Eskom hof toe oor groenkrag
Te midde van Eskom se stryd om Suid-Afrika se ligte aan te hou, word hy hof toe gesleep deur ’n steenkool-organisasie wat hom probeer verhoed om van hernubare elektrisiteit gebruik te maak. Nuus (18-03-2019)
Maroela Gigaba skuldig, maar geen straf aanbeveel
Dit is die samevatting van ʼn lang verslag oor moontlike staatskaping en ander onwettige optrede betreffend die Gupta-burgerskapsage wat vandag in die parlement ter tafel gelê is. Nuus (18-03-2019)
Maroela Drie dood ná aanval in Nederland
Koning Willem-Alexander van Nederland en koningin Máxima het die aanval ten sterkste veroordeel en hul medelye betoon met die slagoffers en hul families. Nuus (18-03-2019)
Maroela VF Plus na kieshof oor BLF
Die Vryheidsfront Plus het Maandag die verkiesingshof in Bloemfontein genader om die party Black First Land First (BLF) te verbied om aan die algemene verkiesing deel te neem omdat BLF nie nierassi… Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Sterftesyfer weens sikloon kan veel hoër, sê president
Meer as duisend mense kon omgekom het in die kragtige storm en gepaardgaande vloede in Mosambiek, het pres. Filipe Nyusi Maandag op Mosambiekse radio gesê. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Maandag, 18 Maart 2019
Hier is 'n bondige oorsig van die dag se grootste nuusgebeure waarvan jy moet kennis neem. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Polisie ernstig oor veediefstal rondom Stutterheim
Die Oos-Kaapse polisie sê veediefstal in die Stutterheim-distrik word as ’n prioriteit beskou. Nuus (18-03-2019)
Maroela Momberg in hof vir appèlaansoek
Vicki Momberg het Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn. Nuus (18-03-2019)
Maroela Konsert met Steve Hofmeyr gekanselleer
“Hierdie besluit is nie ligtelik geneem nie en ons verstaan dat sommige gemeenskapslede uitgesien het na ʼn aand van vermaak.” Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Kragkrisis saai chaos in Jhb
Grootskaalse kragonderbrekings in woonbuurte in die noorde van Johannesburg en dele van Midrand het Maandag tot wydverspreide chaos gelei. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Pa wat glo sy kind ‘ontvoer’, nie aangekla
Geen aanklag is Maandag gebring teen die 35-jarige man van Middelburg, Mpumalanga, wat Vrydag glo sy dogter van vyf jaar oud in Pretoria ontvoer het nie. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Gigaba ‘was verkeerd met burgerskap vir Guptas’
Dien strafregtelike klagte in teen lede van die omstrede Gupta-familie en een van hul luitenante. Politiek (18-03-2019)
Netwerk24 Gill se skedel en kaak gebreek
Meer vrae as antwoorde het in die Rob Packham-moordverhoor in die hooggeregshof in Kaapstad ontstaan toe daar getuienis oor sy nuwe Audi Q5-motor gelewer is. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 VF Plus sleep BLF na verkiesingshof
Die VF Plus is só vasberade om te voorkom dat die “rassistiese” Black First Land First nie toegelaat moet word om aan die verkiesing deel te neem nie, dat hy die hof vra om die party se registrasie … Politiek (18-03-2019)
Netwerk24 Meteoor se ontploffing 10 keer dié van Hirosjima
Nasa het bekend gemaak dat ’n meteoor in Desember in die aarde se atmosfeer ontplof het en dat dié ontploffing tien keer groter as die Hirosjima-atoombom was. Nuus (18-03-2019)
Maroela Só werk nuwe belasting vir ekspats
“Dit beteken ekspats sal toenemend op die SAID se radar wees en dit onderstreep die belangrikheid dat mense hulle sake in orde moet kry in ooreenstemming met die nuwe voorgestelde wysigings op die … Nuus (18-03-2019)
Maroela Hulp stroom in ná sikloon tref: ‘Die situasie is verskriklik’
“Die omvang van die verwoesting is enorm. Dit lyk asof 90% van die gebied heeltemal verwoes is.” Nuus (18-03-2019)
Maroela President saam met pendelaars op trein gestrand
Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag eerstehands een van die gereelde frustrasies van gewone Suid-Afrikaners ervaar toe hy ure lank saam met ongelukkige pendelaars op ʼn stilstaande trein gestrand was.… Nuus (18-03-2019)
Maroela Tekenprent: Beurtkrag duur voort
Suid-Afrikaners kan hulself staal vir ʼn werksweek met volgehoue beurtkrag wat na verwagting minstens tot Donderdag toegepas sal word. Nuus (18-03-2019)
Maroela Pa in hof ná ‘ontvoeringsdrama’
Die pa en kind was onderweg na Kaapstad toe hy egter in ʼn ongeluk op die N12 naby Warrenton in die Noord-Kaap betrokke was en vir roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem is. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 ‘Koppe gaan rol as pendeldiens nie verbeter’
“Hierdie onbetroubaarheid moet end kry, anders gaan die koppe rol.” Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 3 vermeende moordenaars steeds soek ná ontsnapping
Die drie vermeende moordenaars wat Donderdag uit die polisieselle in Witpoort buite Lephalale, Limpopo, ontsnap het, is steeds op vrye voete. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Steve en Refentse se konsert oor veiligheid afgestel
’n Musiekkonsert, waarin die sangers Steve Hofmeyr en Refentse Morake saam in Emerald Resort & Casino in Vanderbijlpark in die Vaaldriehoek sou optree, is om veiligheidsredes gekanselleer. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Polisie in N-Kaap gryp 9 oor ‘dwelmhandel’
Die Valke in die Noord-Kaap het nege lede van ’n vermeende dwelmsindikaat in hegtenis geneem ná ’n maande lange ondersoek waartydens die groep geïnfiltreer is. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Polisie se siekbriewe sal nagegaan word, sê Cele
Die geldigheid van honderde polisielede se siekbriewe wat hulle Maandag te midde van ’n dreigende staking ingedien het, sal nagegaan word, sê Bheki Cele, minister van polisie. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Bejaarde boer oorval op pad kerk toe
’n Bejaarde boer van die Ogies-distrik in Mpumalanga is Sondag deur drie mans oorval toe hy op pad kerk toe sy plaashek oopgemaak het. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Yusuf Saloojee is dood
Die voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Iran, Yusuf Saloojee (75), is dood. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Momberg se aansoek om appèl uitgestel
Vicki Momberg, eertydse eiendomsagent van Johannesburg, se aansoek om appèl teen haar skuldigbevinding en vonnis is Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg uitgestel. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 ‘Dit was ’n ongeluk’
Die Suid-Afrikaner wie se nommerplaat gevind is by ’n rob wat in Namibië doodgery is, sê hy is baie ongelukkig daaroor dat ’n groep Namibiërs hom “op Facebook beswadder”. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Polisie in W-Kaap op groot skaal ‘met siekverlof’
Die teenwoordigheidslyste by polisiekantore in die Wes-Kaap wys dat polisiebeamptes Maandag in groot getalle “met siekverlof” afwesig was. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Stuur my jou vlooie, vra navorser
Het jy katvlooie om te skenk? Daar is iemand wat belang stel. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Talle beseer ná skietery in Nederland
Talle mense is in Utrecht, Nederland, beseer nadat daar 'n skietery was. Nuus (18-03-2019)
Maroela Magaqa-moord: ANC geskok oor hoë se inhegtenisneming
Die ANC het sy skok uitgespreek oor die inhegtenisneming van ʼn KwaZulu-Natalse burgemeester vir die beweerde sluipmoord op Sindiso Magaqa. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Koning Salman skuif kroonprins opsy
’n Reeks ministeriële en diplomatieke geleenthede waarby die omstrede kroonprins van Saoedi-Arabië nie teenwoordig was nie, het tot berigte gelei dat hy van sekere pligte onthef is. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Voormalige adjunkhoof by US in hof vir ‘bedrog’
Chris de Beer, voormalige adjunkhoof van studentegelde van die US, het vlugtig in die handelshof in Bellville verskyn in verband met aanklagte van bedrog. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 ‘Niemand beter’ as Biden om VSA te lei
Joe Biden, voormalige adjunkpresident van Amerika, sê hy is die bes gekwalifiseerde persoon in die land om president te word. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Verkeersbeampte skiet glo man dood buite kuierplek
’n Verkeersbeampte van Bloemfontein is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n man in die parkeerterrein van ’n kuierplek in Batho, Bloemfontein, doodgeskiet het. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 NS-premier sê kabinet ondersteun verandering aan vuurwapenwette
Jacinda Ardern, Nieu-Seelandse premier, het Maandagoggend Suid-Afrikaanse tyd aangekondig dat die Nieu-Seelandse kabinet die verandering aan vuurwapenwette in beginsel ondersteun. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Dokter, oudburgemeester van Kroonstad dood
Dr. Paul Menge (87), ’n oudburgemeester van Kroonstad in die Vrystaat, algemene praktisyn, boksafrigter en gewese voorsitter van die Mediese Vereniging van Suid-Afrika, is Saterdagaand dood. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Vicki Momberg-saak uitgestel
Vicki Momberg, die veroordeelde rassis wat drie jaar tronkstraf gekry het nadat sy polisielede die k-woord toegesnou het, se aansoek om appèl is Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg uitgestel. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Vrou vas ná sy ‘rooftog’ by polisie aanmeld
’n 21-jarige vrou het die naweek in polisieaanhouding deurgebring nadat sy glo ’n vals rooftogsaak by die polisie in Port Elizabeth ingedien het. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Strenger wapenwette kom, sê N-Seelandse premier
Jacinda Ardern het Maandag gesê sy sal binne dae nuwe wapenwette aankondig nadat ’n man 50 mense in ’n moskee in Christchurch doodgeskiet het. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Packham-moordverhoor hervat
Dit is vandag die vyfde dag in die moordverhoor van Rob Packham in die hooggeregshof in Kaapstad. Die verhoor het op 11 Maart begin. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Minstens 13 dood, 9 beseer in ongeluk by Fochville
Minstens 13 mense is Sondagaand dood en nege beseer nadat 'n bakkie en motor tussen Fochville en Westonaria in Gauteng gebots het. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 So ry die trein met Cyril sit-sit-so
Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagoggend minstens twee uur gewag om 'n trein van Soshanguve na Pretoria te haal. Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 Zim, Mosambiek se presidente knip reise kort ná sikloon
Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe en pres. Filipe Nyusi van Mosambiek het hul oorsese reise kortgeknip nadat minstens 150 mense in die suidelike dele van Afrika dood is in die verwoesting wat … Nuus (18-03-2019)
Netwerk24 7 dood in kitsvloede in KZN
KwaZulu-Natal se LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Nomusa Dube-Ncube, sê altesaam sewe mense is dood ná swaar reën en kitsvloede in die provinsie. Nuus (18-03-2019)
Maroela Pasiënt in Krugersdorp-hospitaal aangeval
Gwen Ramokgopa, LUR van gesondheid in Gauteng, het Sondag ʼn aanval op ʼn pasiënt by die Dr Yusuf Dadoo-hospitaal in Krugersdorp veroordeel. Nuus (18-03-2019)
Maroela Student glo van 7de verdieping gestamp
Twee mans is Sondag in Sunnyside in Pretoria in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn 18-jarige student wat na bewering van die sewende verdieping van ʼn woonstelblok gestamp is. Nuus (18-03-2019)