Netwerk24 Man vas weens moord op vriendin
’n 58-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vriendin. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Hof hoor oor stafsersant se beserings
Die hof het gehoor dat die vermoorde stafsers. Preston Titus ’n gebreekte kakebeen en ’n steekwond aan sy rug gehad het. Sy aorta is in dié proses ook getref. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Partye kibbel oor werkskepping
Tien miljoen werklose Suid-Afrikaners sal in die komende algemene verkiesing moet besluit watter party die beste geplaas is om vir hulle volhoubare werkgeleenthede te kan skep. Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 DA verkla munisipaliteit by MRK oor waterprobleme
Die DA het die Menseregtekommissie (MRK) gevra vir ’n dringende ondersoek na die gebrek aan waterlewering vir 61 000 inwoners van die Masilonyana-munisipaliteit. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Heilbron-boere vra belastingopstand oor swak paaie
’n Melkboer van Heilbron in die Vrystaat wat jaarliks sewe miljoen liter melk lewer, sê hy vrees die dag wat die melkaankopers en voerverskaffers gaan weier om op die swak grondpad na sy megaboerdery … Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Hoe delg jy Eskom se skuld? Verkoop die Noord-Kaap!
Die aanlyn petisie om die Noord-Kaap aan Namibië te verkoop om Eskom se skuld te delg, het teen Dinsdagmiddag, sowat 500 stemme gekry. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Bouwerk aan bekostigbare blyplek in Goodwood begin
Bouwerk gaan begin aan die eerste fase van ’n behuisingsprojek van R380 miljoen in Goodwood, Kaapstad, om 1 055 bekostigbare wooneenhede te lewer. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 3 miljoen hektaar staatsgrond reg vir herverdeling
Nagenoeg 2,9 miljoen hektaar landbougrond in staatsbesit is vir herverdeling geïdentifiseer. Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 Nog geen vergoeding vir 365 eisers van Esidimeni
“Minstens 365 slagoffers van die Life Esidimeni-tragedie het nog nie vergoeding ontvang ingevolge regter Dikgang Moseneke se arbitrasiebeslissing nie.”. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Kundiges na swak Vrystaatse munisipaliteite gestuur
Ondersteuningspanne met kundiges word nou na sukkelende Vrystaatse munisipaliteite gestuur om hulle te stabiliseer. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Name in Ekurhuleni gaan verander word
Name in Ekurhuleni gaan verander word Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Cyril belowe skerper stryd
Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag aan honderde mense in Vosloorus aan die Oos-Rand gesê dat hy die stryd teen korrupsie sal opskerp. Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 Sakeliga bevries BLF-bankrekening
Die balju van die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag Black First Land First (BLF) se bankrekening bevries nadat die BLF nie ’n kostebevel wat in Desember teen hom gemaak is, nagekom het nie. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Verdagtes vas wat glo koperkabels, stukke spoorlyn steel
Drie verdagtes het Maandag in die landdroshof in Ermelo in Mpumalanga verskyn op aanklag van die diefstal van koperkabels. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Gesin moet R200 000 opdok
Die gesin wat hul werker gedwing het om menslike ontlasting in te neem, moet R200 000 se skadevergoeding opdok, het die gelykheidshof in Springs Maandag beslis. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Bendeleier na ander tronk ná skêraanval
Die leier van die berugte Flower-bende, Dawid “Doggy Dog” Ruiters, is Maandagaand enkele ure ná die aanval op ’n vrouebestuurslid by die Malmesbury-gevangenis na die tronk op Uniondale in die … Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Taxibestuurder glo 14 keer bo alkoholperk
’n Taxibestuurder wat in Kaapstad voorgekeer is toe hy glo 14 keer meer as die toelaatbare vlak alkohol ingehad het, word ook gesoek in verband met ’n moord. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Vermoorde veearts se vrou bang om kinders alleen te los
“Ek is bang om winkel toe te gaan. Nie noodwendig omdat ek bang is om dood te gaan nie, maar omdat ek bang is om my kinders alleen te los.”. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 ‘Ons ruik ’n rot’
“Ons ruik ’n rot.” Dit was die woorde van ’n regsverteenwoordiger aan ’n polisiekaptein tydens die geregtelike ondersoek (GO) na Anika Smit se dood. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 12 stropers in 2 weke in Krugerwildtuin gevang
Twaalf vermeende renosterstropers is die afgelope twee weke in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Dinge lyk nie goed vir McBride
Woensdag is D-dag vir Robert McBride wanneer die parlement aanbevelings sal maak oor of hy as uitvoerende direkteur van Opod aanbly, of nie. Politiek (26-02-2019)
Maroela BLF-bankrekening gevries ná grondgryp-interdik
“Ons neem kennis dat die BLF blykbaar hierdie geld wou gebruik om vir die verkiesing van 2019 te registreer, maar gaan nie afsien van ons verhaling van die koste nie.” Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Boerpot-wenner wil nie ‘links en regs geld uitgee’
Die Lotto-wenner wat die boerpot van R232 miljoen gewen het, gaan die geld vir sy kinders se onderrig gebruik, het hy in ’n eksklusiewe onderhoud met eNCA gesê. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Dinsdag, 26 Februarie 2019
As dinge vandag te dol was om op hoogte te bly van die jongste nuus - hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure. Nuus (26-02-2019)
Maroela Mabe en Kodwa het vrywillig bedank, sê ANC
Die ANC het Dinsdag aangevoer sy woordvoerders Zizi Kodwa en Pule Mabe het vrywillig bedank ná bewerings van onbehoorlike gedrag. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 ANC het nie behoorlike beleid oor teistering
Die ANC het Dinsdag toegegee dat hy nie ’n behoorlike beleid het vir werknemers wat klaers is in sake wat met seksuele wandade verband hou nie. Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 Cyril proklameer 8 Mei-verkiesing
Die aftelling na die verkiesing op 8 Mei het Dinsdag amptelik begin toe die nasionale en provinsiale verkiesing deur pres. Cyril Ramaphosa en die nege provinsiale premiers in die Staatskoerant en die … Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 Leë yskas dalk rede vir massaskietery in Durban
’n Bakleiery oor ’n leë yskas sit dalk agter Maandag se massaskietery in Durban. Twee mans en ’n vrou is dood en nog vyf mense gewond in ’n woonstel in die Teesav-woonstelblok in Bakery-straat naby … Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Man vind sy vrou bykans keelaf in hul bed
’n Vrou van Vredendal is vermoedelik in die ure nadat haar man en seuns hul huis verlaat het om te gaan werk, in haar huis gemartel en vermoor. Nuus (26-02-2019)
Maroela Kinderhuis-drama: Klag oor video ‘lankal afgehandel’
“Die video is nou in die kollig nadat iemand dit gelek het. Of die departement besluit het om die kinders op grond van dié video te verwyder, weet ek nie.” Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Vlieënier se lyk in berg gevind nadat sweeftuig val
’n Sweeftuigvlieënier se lyk is Dinsdag gekry nadat hy Maandag beheer oor sy sweeftuig verloor en in ’n berg naby Porterville in die Wes-Kaap neergestort het. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Leerling vas ná gru-moord in Polokwane
’n Hoërskoolleerling van Polokwane is vir ondervraging in hegtenis geneem ná ’n gru-moord. Nuus (26-02-2019)
Maroela Kommissie hoor oor ‘ongerymdhede’ met Eskom-steenkool
Mark van der Riet, Eskom se beste steenkoolspesialis ooit, sou destyds na Brakfontein reis om te sien hoe die steenkoolmonsters versamel word, maar kort voor dit het Matshela Koko, uitvoerende hoof… Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Betaal jou boetes en vermy arrestasie
Die Kaapstad-metroraad maan motoriste moet hul uitstaande verkeersboetes betaal tensy hulle in hegtenis geneem wil word. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Man verkool toe Tesla se lugsakke, deure hom vaspen
’n Elektriese Tesla-motor wat in vlamme uitgebars het nadat die bestuurder in ’n boom vasgery het, se lugsakke het glo nie afgeblaas nie. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Nedersetting in Houtbaai brand
Die brand-en-reddingsdienste van die Kaapstad-metro het Dinsdag om 10:18 gereageer op ’n brand in Molokoanestraat in Mandela Park in Houtbaai, waar ’n brand by ’n informele nedersetting uitgebreek … Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Omstrede pastoor het Zuma se dogter in eg verbind
Die pastoor en hoof van die Alleluia Ministries International (AMI)-kerk wat beweer hy het Sondag ’n man in Johannesburg uit die dood opgewek, het oudpres. Jacob Zuma se dogter Duduzile in 2011 in … Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 3 in Boksburg-hof oor dwelms van R3 m.
Drie vermeende dwelmsmokkelaars het Dinsdag in die landdroshof in Boksburg verskyn nadat hulle die naweek in hegtenis geneem is weens die besit van dwelms ter waarde van R3 miljoen. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Mabe sê hy is met verlof, nie geskors
Pule Mabe, ANC-woordvoerder, sê hy is nie geskors nie, hy neem langverlof. Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 Fransman nou in Kimberley verhoor
Die NVG in die Noord-Kaap sê Marius Fransman, voormalige ANC-leier in die Wes-Kaap, sal in Kimberley op aanklag van seksuele teistering teregstaan. Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 Waterbeperkings in Mangaung tot 15% verminder
Waterbeperkings in Mangaung word van 20% tot 15% verslap, het dr. Tseliso Ntili, hoof van die Vrystaatse departement van waterwese en sanitasie, aangekondig. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Metrorail-waens ontspoor gedeeltelik by Kaapstad-stasie
Twee Metrorail-treinwaens het Dinsdag gedeeltelik ontspoor toe die trein van Chris Hani-stasie af platform 16 by die Kaapstad-stasie genader het. Nuus (26-02-2019)
Maroela Man wat glo vrou vermoor terug hof toe oor borgtog
Packham is voorheen op borgtog van R75 000 vrygelaat, maar regter Elizabeth Baartman het op 20 Desember sy borgtog teruggetrek nadat hy probeer het om met sy voormalige minnares kontak te maak deur… Nuus (26-02-2019)
Maroela Selfoonverskaffers ‘systap’ pogings om datakoste te verlaag
Die nuwe regulasies, wat op 1 Maart in werking tree, bepaal egter nie hóé data oorgedra moet word en of diensverskaffers ʼn tarief daarvoor mag hef of nie en daarom blyk dit dat verbruikers se data-… Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Dakota ’n Supra-man
Dakota Legoete, waarnemende woordvoerder van die ANC, is ’n voormalige sekretaris van die ANC in Noordwes. Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 Anika Smit se pa ‘was verslae, verbysterd’ ná haar dood
Die eerste indruk wat ’n polisiekaptein van Johan Smit, die vermoorde Anika Smit se pa, gekry het, was van ’n “verbysterde man wat sy kind aan die dood afgestaan het”. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Betogers peper voertuie by Brandfort met klippe
Skade van derduisende rande is Maandagaand aangerig aan tientalle voertuie op die R30-hoofpad by Brandfort toe oproerige inwoners die pad met brandende buitebande versper het en klippe gegooi het. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Gewonde boer van Brits uit waakeenheid geskuif
Die boer van Brits in Noordwes wat ’n week gelede in ’n plaasaanval in sy maag geskiet is, is steeds in ’n hospitaal in Johannesburg. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 May belowe ‘geen Brexit sonder ooreenkoms’
In ’n poging om ’n rebellie in haar Konserwatiewe Party te voorkom, gaan Theresa May, Britse eerste minister, haar waarskynlik amptelik daartoe verbind dat Brittanje nie die Europese Unie (EU) sonder … Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Kodwa, Mabe het gevra om uit amp verwyder te word - Ace
Die twee ANC-woordvoerders Zizi Kodwa en Pule Mabe het gevra om uit hul amp verwyder te word te midde van aantygings van seksuele teistering, het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, … Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 Pogings om OB te verwyder is ‘voortydig’ – komitee
Enige huidige poging om adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), uit haar pos te verwyder, is “voortydig”. Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 Wie het 800-jarige mummie se kop gevat?
Daar word gesoek na die vermiste kop van ’n 800 jaar oue kruisvaarder-mummie nadat daar by ’n kerk in Dublin, die hoofstad van Ierland, ingebreek is. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 ANC-jeugliga tevrede met besluit oor woordvoerders
Die ANC-jeugliga sê dis ’n stap in die regte rigting deur die ANC-leierskap wat sy twee woordvoerders Zizi Kodwa en Pule Mabe van hul amp onthef het. Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 Kim in Viëtnam vir beraad
Kim Jong-oen, Noord-Koreaanse leier, het Dinsdag op ’n koue, reënerige oggend uit sy gepantserde treinwa geklim en glimlaggend na die skare gekyk. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Skedel in veld by Kinkelbos gekry
’n Voetganger het Maandagmiddag langs die N2 by Kinkelbos, naby Colchester in die Oos-Kaap, op ’n skedel afgekom. Nuus (26-02-2019)
Maroela Gesin moet opdok ná werker ontlasting moes drink
Volgens die Menseregtekommissie het die drie beskuldigdes hul werknemer herhaaldelik die k-woord genoem en daarna ontlasting uit die rioolmangat geskep en hom gedwing om dit te drink. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 McBride hoor dalk Donderdag oor sy pos
Robert McBride sal tot Donderdag moet wag om te hoor of hy as hoof van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) sal aanbly. Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 Bekendmaking van Nina se dood was sy plig
Die dokter wat Nina de Villiers (3) voor haar dood in die Mediclinic Durbanville behandel het, sê hy het nie oneties opgetree deur in die openbaar oor die oorsaak van haar dood te praat nie. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Vrou, kinders skuil onder duvet wyl huis geplunder word
’n Vrou van Despatch in die Oos-Kaap en haar drie kinders het vreesbevange onder ’n duvet gesit terwyl inbrekers Maandagoggend hul huis geplunder het. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Belangrike toets lê voor vir Trump se noodtoestand
Die Amerikaanse huis van verteenwoordigers stem Dinsdag oor ’n resolusie om te verhinder dat pres. Donald Trump geld van ander staatsdepartemente gebruik om sy grensmuur te bou. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Begrafnisdienste kla
Drie begrafnisdienste wil regstappe oor kwaadwillige saakbeskadiging teen ’n Johannesburgse pastoor doen wat beweer dat hy ’n man uit die dood opgewek het. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Bosasa kon ‘al dekade gelede’ vasgevat word
Die departement van korrektiewe dienste het in 2009 al genoeg rede gehad om siviele aksie in te stel om ongerymdhede wat met die omstrede diensverskaffingsmaatskappy, Bosasa, verband hou, in die bek … Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 Indië val glo ‘terreurkampe’ in Pakistan aan
Vegvliegtuie van die Indiese lugmag het Dinsdag as deel van ’n voorkomende operasie bomme op “terreurkampe” in Pakistan gegooi. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Verslag bevind OB hoef nie ondersoek te word
Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), se geskiktheid vir haar pos gaan nie deur die parlement ondersoek word nie. Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 Man doodgeskiet toe hy vrou (79) aan keel gryp
’n Vrou het ’n voetganger doodgeskiet toe hy haar 79-jarige ma aan die keel gegryp het terwyl hulle in ’n motor by ’n rooi verkeerslig gewag het. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Kan jy dié algemene kennis toets slaag?
Het jy 'n blitsbrein? Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 ‘Packham het nie e-posse gestuur,’ hoor hof
Rob Packham wat daarvan aangekla word dat hy sy vrou vermoor het, het Dinsdag ontken dat hy e-posse en briewe aan ’n staatsgetuie – sy voormalige minnares – gestuur het. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Amerika wil Venezuela se oliebates vries
Amerika het sanksies teen Venezuela ingestel en het ander lande gevra om al die bates van dié land se oliemaatskappy in staatsbesit, die PDVSA, te vries. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Opsie moet bly of gly wees
Die Arbeidersparty se sir Keir Starmer sê die tweede Europese Unie-referendum moet neerkom op die keuse tussen "bly" of "gaan", maar 'n Brexit sonder enige ooreenkoms moenie 'n moontlikheid wees nie. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Pastoor wek glo man uit die dood
'n Video van 'n pastoor in Johannesburg wat dit laat lyk of hy 'n man uit die dood opwek, het soos 'n veldbrand op sosiale media versprei. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Wenner van R232 m. eis uiteindelik boerpot op
Presies ’n week nadat die wennommers van die grootste Powerball-boerpot tot nog toe aangekondig is, het die wenner uiteindelik na vore gekom. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Bosasa-werkers paniekbevange ná afdanking-briewe
Bosasa-werkers sal na verwagting hul gereedskap neerlê in 'n protesaksie omdat African Global Operations (AGO), die maatskappy wat voorheen as Bosasa bekend gestaan het, gelikwideer word. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Nuwe getuie verklap Eskom-geheime by Zondo
'n Tweede getuie begin vandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig oor hoe die Guptas die Eskom-kragvoorsiener gekaap het. Volg die regstreekse dekking hier. Politiek (26-02-2019)
Netwerk24 Britte moet laaste stukkie koloniale besit in Afrika teruggee
Brittanje moet so gou as moontlik die Chagos-eilandgroep in die Indiese Oseaan wat hy sedert 1965 beset, teruggee aan Mauritius, het die Verenigde Nasies (VN) se hoogste hof bevind. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 2 dood toe vragmotors bots
’n Botsing reg van voor tussen twee vragmotors het Maandagaand die lewe van twee mense in die Weskus geëis. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Besoek dieretuin en besluit dán self
Te midde van toenemende druk om die dieretuin in Oos-Londen te sluit, nooi die Buffalostad-metro die publiek uit om dié dieretuin te besoek sodat hulle dit kan ervaar en beter ingelig kan word. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Motor slaan aan die brand op ORT
’n Private motorvoertuig het Maandagmiddag by die aankoms-terminaal van die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg aan die brand geslaan. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 ANC skop hoës uit oor sekssake
Die ANC het sy twee woordvoerders Zizi Kodwa en Pule Mabe van hul poste onthef nadat albei klagte van seksuele aard in die gesig staar. Politiek (26-02-2019)
Maroela Minister tree op ná Zondo-onthullings
Die departement van justisie en korrektiewe dienste het begin optree teen sy amptenare wat na bewering by staatskaping betrokke was, het die betrokke minister, adv. Michael Masutha, in die parlemen… Nuus (26-02-2019)
Maroela Onnie in hof ná kind se nag in instapkluis
ʼn Onderwyser van ʼn skool in Witbank (eMalahleni) in Mpumalanga het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met ʼn voorval waar ʼn leerder vir ʼn hele nag in ʼn instapkluis toegesluit is… Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Rusland dreig Amerika met missiele
Russiese televisiekanale het die Amerikaanse weermag met missiele begin dreig nadat pres. Wladimir Poetin aangekondig het dat Rusland gereed is vir 'n missielkrisis soortgelyk aan die … Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 May wil glo Brexit uitstel
Theresa May, Britse leier, oorweeg glo om Brexit uit te stel sodat sy kan verseker dat die Verenigde Koninkryk (VK) nie die Europese Unie (EU) sonder 'n ooreenkoms verlaat nie. Nuus (26-02-2019)
Netwerk24 Kim wag al vir Trump in Viëtnam
Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, het al vir sy ontmoeting met pres. Donald Trump in Viëtnam opgedaag, terwyl dié nog onderweg is. Nuus (26-02-2019)