Netwerk24 Man sterf nadat hy in Durban uit kabelkar val
Die polisie in Durban doen ’n geregtelike doodsondersoek nadat ’n man uit ’n kabelkar by Durban se strand geval het. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 4 beseer in ongeluk in Pretoria
’n Vrou en drie kinders is Maandagmiddag in ’n ongeluk by die Daspoort-tonnel in die weste van Pretoria beseer toe hul Volkswagen Golf van agter deur ’n vragmotor getref is. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Makhanda bid ‘dat Hemelse Vader hemelsluise oopmaak’
Duisende inwoners van Makhanda (Grahamstad) is al ses dae sonder lopende water weens die droogte in dié omgewing. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Seun se toestand nog kritiek ná motorfietsongeluk
Antonio Hechter (18) van die Hoërskool Zwartkop in Centurion, wat Vrydag ernstig in ’n motorfietsongeluk beseer is, se toestand is steeds kritiek. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 AI nooi Gwede oor hy ‘nie wil luister’
Amnestie Internasionaal (AI) het Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, skerp veroordeel omdat hy nie na die Xolobeni-gemeenskap se wil oor mynbou in die gebied wil luister nie. Politiek (11-02-2019)
Netwerk24 ‘Wonderbaba’ sterk aan ná redding uit stormwaterpyp
Die pasgebore baba wat Maandagoggend uit ’n stormwaterpyp in Durban gered is, sterk goed aan. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Só gaan dit met beseerdes
Meer as tien leerlinge van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark is steeds in verskillende hospitale in Gauteng nadat hulle ernstig beseer is toe ’n loopbrug by die skool op 1 Februarie … Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 ‘Nuwe begin’ ná tragedie by skool
Hoewel die Hoërskool Driehoek Maandag van Marli Currie (14), Jandré Steyn (13), Roydon Olckers (17) en Marnus Nagel (16) afskeid geneem het, het dié dag ook ’n nuwe begin – die begin van herstel – … Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Hof hoor hoe aanklaer glo omkoopgeld versteek
Oomblikke nadat ’n aanklaer van Uitenhage in die Oos-Kaap vir korrupsie in hegtenis geneem is, het hy probeer om die omkoopgeld te versteek. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Terry Dempsey ‘was ’n kosbare man’, sê dogter
Terry Dempsey het Sondagoggend saam met familielede op ’n pier by die Vaaldam gestaan, nie as befaamde liedjieskrywer en musiekvervaardiger nie, maar as skoonseun van die man wie se as hulle sou … Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 ‘ ’n Ramp eerder as ’n oorwinning’
Total se ontdekking van ’n gaskondensaat aan die Suid-Kaapse kus is ’n ramp vir die omgewing eerder as ’n oorwinning wat gevier moet word. Nuus (11-02-2019)
Maroela Ramaphosa kondig stappe aan teen DG van tesourie
Tugstappe sal gedoen word teen Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie, ná hy gejok het oor sy kriminele rekord, kragtens ʼn aanbeveling deur die Openbare Beskermer, het die presidensie … Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Bestuurspan van hospitaal in Limpopo afgedank
Skokkende wanbestuur by die Tshilidzini-hospitaal in Limpopo het daartoe gelei dat dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, dié hospitaal se hele bestuurspan in die pad gesteek het. Nuus (11-02-2019)
Maroela Volle eiendomsreg aan Soweto-ondernemings, sê Mashaba
Altesaam 36 sake-eienaars en nieregeringsorganisasies in Soweto het Maandag titelaktes deur die grondreguleringsprogram van die Johannesburgse eiendomsmaatskappy ontvang, het burgemeester Herman Ma… Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Scottburgh se staatmaker ‘voorbeeld vir ander’
Die minister van binnelandse sake het dié departement se kantoor in Scottburgh, besoek om een van die amptenare daar vir haar harde werk te bedank. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 LUR moet opdok nadat koedoe voor voertuig inspring
Die LUR vir paaie in die Vrystaat is ten volle verantwoordelik vir die skade wat ’n voormalige rugbykaptein van Grey-Kollege in Bloemfontein se eerste span gely het toe hy met ’n motor ’n koedoe … Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Kliniek in PE weer gevandaliseer
Die Walmer Gqeberha-kliniek in Port Elizabeth is Maandag tydelik gesluit nadat vandale die gebou die naweek geplunder het. Nuus (11-02-2019)
Maroela Ballonne-afskeid vir Hoërskool Driehoek
“1 Februarie sal altyd ’n hartseer dag bly.” Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 2 leerlinge in bakleiery by skool gesteek
Die polisie in Lentegeur ondersoek ’n voorval by die Hoërskool Lentegeur in Mitchells Plain nadat vier leerlinge Maandag in ’n bakleiery betrokke was. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Ma en baba ‘oor en oor gelukkig om te leef’
Renske Erasmus (31) en haar pasgebore seuntjie, Fourie, is “oor en oor gelukkig” om vandag te leef. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Hulde vir Hessequa-raadslid wat skielik sterf
Huldeblyke stroom in vir Thom Pretorius, ’n wyksraadslid van die Hessequa-munisipaliteit wat skielik aan ’n hartaanval dood is. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 2 leerlinge in aanvalle by skole in KZN beseer
Twee leerlinge is Maandag in twee afsonderlike voorvalle deur medeleerlinge met skerp voorwerpe by skole in KwaZulu-Natal aangeval. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Polisie veroordeel geweld in Bathurst
Die polisie in die Oos-Kaap het ’n gewelddadige betoging in Bathurst naby Port Alfred veroordeel waartydens minstens nege mense beseer is en in die hospitaal beland het, en vyf huise en twee voertuie … Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Meters kantel ná naweek se milde reën
Boere en stadsjapies wat die laaste ruk onder ’n erge droogte gebuk gaan, het nuwe hoop nadat goeie reën die naweek geval het. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Polisievrou sê Malema het haar aangerand
’n Vroulike lid van die parlementêre beskermings- en veiligheidsdienste het Julius Malema, leier van die EFF daarvan beskuldig dat hy haar aangerand het. Nuus (11-02-2019)
Maroela ‘Ek was verkeerd oor Zuma-klagtes’
Willie Hofmeyr, adjunk- Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV), het Maandag gesê hy was verkeerd toe hy ʼn besluit ondersteun het om korrupsieklagtes teen oudpresident Jacob Zuma terug t… Nuus (11-02-2019)
Maroela Sakekamer besorg oor beurtkrag
Eskom pas fase 4-beurtkrag toe ná fase 2-beurtkrag Sondag toegepas is. Die kragvoorsiener het onverwags ses bykomende kragopwekkers verloor en moes ʼn aanpassing maak in die beurtkragfases. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Oudleier in Vrystaat-onderwys dood
’n Oudhoofdirekteur van Vrystaatse onderwys is by sy huis in Bloemfontein dood nadat hy lank siek was. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Maandag, 11 Februarie 2019
As jy nie vandag kans gehad het om op hoogte te bly van die jongste nuus nie - hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure. Nuus (11-02-2019)
Maroela 17-jarige by skool aangeval
ʼn 17-jarige skolier, in graad 9 aan die Trenance Park Secondary School in Verulam in KwaZulu-Natal, is herhaaldelik met ʼn skerp voorwerp aangeval, vermoedelik uit wraak. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Hofmeyr ontken inmenging by terugtrek van Zuma-klagte
Willie Hofmeyr, nasionale adjunkdirekteur van openbare vervolging, het Maandag enige aantyging dat hy polities ingemeng het om aanklagte teen oudpres. Jacob Zuma te laat vaar, ontken. Politiek (11-02-2019)
Netwerk24 ‘Daar is nie gekonkel’
Die aanklaer in die vigilante-moordverhoor in Parys, adv. Jabulani Mlotshwa, het Maandag aan die beskuldigde Henk Prinsloo gesê die diefstalondersoek teen ’n staatsgetuie is al laat vaar voordat die … Nuus (11-02-2019)
Maroela Ma in hof oor tweejarige se dood
Alidin Goedeman (33), wat daarvan beskuldig word dat sy haar tweejarige seuntjie met ʼn klip doodgeslaan het, het Maandag vlugtig in die Springbok-distrikshof in die Noord-Kaap verskyn. Nuus (11-02-2019)
Maroela Verkiesingstryd begin met parlementsdebat
Die vonke gaan van Dinsdagmiddag af behoorlik spat wanneer die debat oor die staatsrede in die Nasionale Vergaderingsaal van die parlement in Kaapstad plaasvind. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Man wat glo op 3 in Welkom skiet dán weer in hof
’n Man van Welkom wat glo op drie mense geskiet het nadat een van die vroue nie met hom wou praat nie, moet weer in die landdroshof verskyn. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Man doodgeslaan deur weerlig by Sasol-aanleg
’n Werknemer van Sasol is Maandagoggend buite die aanleg in Secunda, Mpumalanga, deur weerlig doodgeslaan. Nuus (11-02-2019)
Maroela DA se planne vir koalisieregerings
Maroela Media wou by Maimane weet wat die DA se strategie sou wees indien die ANC nasionaal of in sommige provinsies minder as 50% van die stemme trek. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Reën bring luide ‘applous’ uit Karooveld
As die Karooveld kon hande klap, sou alles daarin luide applous gegee het. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 POF moet opdok ná ongeluk in hawe
Daar is lig aan die einde van die tonnel vir ’n ma van vier kinders nadat sy haar lewensmaat in ’n ongeluk in die Kaapstad-hawe verloor het. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Suster van Thaise koning mag nie in verkiesing staan
Thailand se verkiesingskommissie het die oudste suster van die Thaise koning gediskwalifiseer om as premierskandidaat aan die verkiesing deel te neem. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 3 in hof ná ontvoering, aanranding
Drie mans van Thabong by Welkom in die Vrystaat verskyn weer Dinsdag in die hof nadat hulle na bewering ’n man ontvoer en aangerand het. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Moord op Lutzville-boer raaiselagtig
“Ek is steeds net so in die duister soos toe ek gister (Sondag) die tyding van my broer se dood gekry het.”. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Stigterslid van ‘Rapport’ sterf
Die koerantman Phil Zaayman (78) is Maandagoggend dood ná ’n uitgerekte stryd teen demensie. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 4 vas wat slaghuis probeer beroof
Die blitsvinnige optrede van lede van die polisie Maandagoggend in Mbombela, Mpumalanga, het daartoe gelei dat vier vermeende rowers, wat ’n slaghuis wou beroof, in hegtenis geneem is. Nuus (11-02-2019)
Maroela Girokopter-slagoffer was bekende liedjieskrywer
Hy het verskeie internasionale treffers gekomponeer vir sterre soos Tom Jones, Engelbert Humperdinck, Cliff Richard, The New Seekers en Demis Roussos. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Tugstappe moet teen DG van tesourie geneem word
Pres. Cyril Ramaphosa het opdrag gegee dat tugstappe teen Dondo Mogajane, direkteur-generaal (DG) van die nasionale tesourie, gedoen word. Politiek (11-02-2019)
Netwerk24 Almal reg vir tugkomitees
Die Afrikaans-onderwyser by die Sans Souci Girls’ High School in Nuweland, Kaapstad, wat verlede Dinsdag glo een van haar leerlinge tydens ’n onderonsie tussen hulle geklap het, berei haar voor vir … Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Foto van weggooibaba lei tot ma se arrestasie
’n Foto van ’n pasgebore baba wat in ’n vullissak gekry is, het tot die inhegtenisneming van haar ma gelei nadat familielede van die ma glo opgemerk het dat dié baba soos een van haar kinders lyk. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Redding van ‘koperdiewe’ uit myn in weegskaal
Die lot van 22 vermeende koperdiewe wat ondergronds in die Gloria-myn naby Middelburg in Mpumalanga vasgekeer is, is in die weegskaal omdat ontevrede mynwerkers die reddingswerk belemmer. Die … Nuus (11-02-2019)
Maroela Matriekseun nog te swak vir operasie ná ongeluk
“Sy ouers sê hy lyk vandag moeg en praat minder.” Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Gewonde konstabel geopereer
Een van die twee metropolisiebeamptes wat Maandag in die vroeë oggendure naby die Borchards Quarry-wisselaar op die N2 in Kaapstad geskiet is, is Maandagmiddag geopereer om ’n koeël uit sy lyf te … Nuus (11-02-2019)
Maroela Niemand nog vas ná egpaar by plaashek geskiet word
Die vrou, wat glo ver swanger is, het agter die stuurwiel ingespring en is in dié proses in haar rug en hand geskiet. Sy het weggejaag met hul drie kinders in die motor. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 DA wil rekenskap oor beurtkrag van Cyril hê
Pres. Cyril Ramaphosa sal nog vandeesweek in die parlement moet rekenskap gee oor Eskom se beurtkrag wat die land tans weer teister. Dít is as die DA sy sin kry. Politiek (11-02-2019)
Netwerk24 Lyk van 13-jarige seun in steengroef gevind
’n Dertienjarige seun se lyk is in ’n steengroef in Hluhluwe, KwaZulu-Natal, gevind. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Trump soek bron wat sy dagboek laat uitlek
Pres. Donald Trump van Amerika het Sondag op Twitter teruggekap nadat sy dagboek aan die media uitgelek is – en hy wil hê diegene wat daarvoor verantwoordelik is, moet aan die kaak gestel word. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Slagoffer was bekende liedjieskrywer
Die man wat Sondagoggend in ’n fratsongeluk in die Vaal Marina dood is toe hy deur die lem van ’n girokopter getref is, was die bekende liedjieskrywer en vervaardiger Terry Dempsey (77). Nuus (11-02-2019)
Maroela Saak teen modelbaas wéér uitgestel
Die vonnisverrigtinge in die saak teen Dawie de Villiers, die Kempton Parkse modelbaas, is Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg vir die soveelste keer uitgestel. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Saak na hooggeregshof verwys
Die geskil tussen die twee leiers van die EFF en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, is Maandag na die hooggeregshof verwys. Politiek (11-02-2019)
Netwerk24 Nóg ’n vrou in Amerika se presidensiële wedloop
Die Demokratiese senator Amy Klobuchar (58) het Sondag ook haar naam in die hoed gegooi in ’n poging om haar party se kandidaat te wees in Amerika se presidensiële verkiesing in 2020. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Motoriste moet ‘uiters versigtig bestuur’
Weens die wydverspreide reënbuie oor die Oos-Kaap het die departement van vervoer Maandagoggend ’n beroep op motoriste gedoen om met uiterste omsigtigheid op die provinsie se paaie te bestuur. Nuus (11-02-2019)
Maroela Diewe plunder staatskliniek
Rekenaars is ten tyde van die inbraak beskadig en waterpype uitgeruk waarna die vandale met die kliniek se voorraad anti-retrovirale middels op die vlug geslaan het. Nuus (11-02-2019)
Maroela Malema en Gordhan gaan nou hooggeregshof toe
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se saak in die gelykheidshof teen EFF-leier Julius Malema en sy adjunk, Floyd Shivambu, is Maandag na die hooggeregshof oorgeplaas. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Inbrekers dra huis in Plattekloof leeg
’n Egpaar van Plattekloof, Kaapstad, is die josie in vir die polisie nadat hulle oor die naweek twee mans wat vermoedelik by hul huis ingebreek het, sonder enige ondersoek vrygelaat het. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Man wat vrou glo verwurg, kry noodoperasie
’n Noodoperasie sal vanoggend op die moordbeskuldigde Johan du Toit gedoen word nadat sy blindederm vermoedelik oor die naweek gebars het. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Keer terug na Mandela se visie 29 jaar ná sy vrylating
Maandag is dit presies 29 jaar gelede dat wyle oudpres. Nelson Mandela as ’n vry man uit die destydse Victor Verster-gevangenis in die Paarl gestap het. Politiek (11-02-2019)
Maroela Video: Ure lange gespook om baba uit dreinpyp te red
Verbygangers het omstreeks 07:00 gehoor hoe ʼn baba vanuit die stormwaterdreinpyp huil en het hulp ontbied. Nuus (11-02-2019)
Maroela Drie langs snelweg geskiet toe band bars
Die metropolisiebeamptes is omstreeks 02:00 uitgeroep nadat kamera-operateurs klippe op die snelweg gewaar het. Nuus (11-02-2019)
Maroela Die wêreld in foto’s – 11 Februarie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Bezos en smeerblad baklei oor intieme foto’s
Terwyl Jeff Bezos, die rykste persoon in die wêreld en Amazon-baas, en die tydskrif National Enquirer oor Bezos se intieme foto’s baklei, het die gewilde Saturday Night Live-reeks en Saoedi-Arabië … Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Steers brand in Kaapstad
’n Brand het Maandagoggend in die kombuis van die kitskosrestaurant Steers net buite die Cape Gate-winkelsentrum in Brackenfell, Kaapstad, uitgebreek. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Nog 'n terugslag vir Cheverné
Een van die leerlinge van die Hoërskool Driehoek-brugtragedie het Sondagaand 'n terugslag beleef. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Brand in Nieu-Seeland kan nog weke voortduur
Veldbrande wat in Nieu-Seeland woed, sal na verwagting nog weke lank voortduur, waarsku kenners. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Metropolisielid dood in motorfietsongeluk
’n Metropolisielid van Tshwane is Sondag dood nadat hy ’n ongeluk op die Mabopane-hoofweg met sy motorfiets gemaak het. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Polisie soek 5 wat winkel beroof
Vyf gewapende rowers het Sondagaand op ’n winkel in Despatch in die Oos-Kaap toegeslaan. Nuus (11-02-2019)
Maroela Terugslag vir Driehoek-leerder ná operasie
Cherverné se geliefdes kan gevolglik nie tans met haar praat of aan haar raak nie. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Vytjie Mentor by Zondo-kommissie kruisondervra
Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP, word voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping kruisondervra deur Duduzane Zuma, oudpres. Jacob Zuma se seun. Volg die regstreekse dekking hier. Politiek (11-02-2019)
Netwerk24 Baba uit drein gered
'n Baba is Maandagoggend uit 'n stormwaterdrein in Durban gered. Nuus (11-02-2019)
Maroela Nóg ʼn dag van beurtkrag
Ná ʼn onverwagte Sondag van beurtkrag het Eskom Maandag aangekondig dat hy vandag weer beurtkrag van 09:00 tot 22:00 sal toepas. Nuus (11-02-2019)
Maroela Nuuskommentaar: ‘Mandela was wittes te genadig’ – skryfster
Verskillende opvattings oor byvoorbeeld grondbesit en die diefstal daarvan vertroebel rasseverhoudinge. Maar nie almal is meer afgestem op versoening nie, en ’n skynbaar ál groter wordende groep ve… Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Byna 100 kinders sterf weens ebola
Minstens 505 mense is aan ebola dood sedert die uitbreking in 2018 in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK). Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Zimbabwe se onderwysers terug op hul pos
Die onderwysers in Zimbabwe het hul nasionale staking om ’n beter salaris afgelas, het die vakbonde Sondag gesê. Hulle dreig egter om weer te begin staak indien die regering nie gehoor aan hul eise … Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Partye kom teen ’n ‘muur’ te staan
Samesprekings tussen die Demokrate en Republikeine oor pres. Donald Trump se grensmuur tussen die VSA en Mexiko het Sondagaand weer op ’n dooiepunt uitgeloop. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 ‘Gedenkdiens vir twee ma’s wat gewelddadig sterf’
Inwoners van Bishop Lavis in Kaapstad het Sondag ’n gedenkdiens gehou vir twee vroue wat die naweek in bendegeweld gesterf het. Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 Verkeersbeamptes, motoris op N2 in Kaapstad geskiet
'n Motoris en twee beamptes van die Kaapstadse metropolisie is Maandagoggend by die Borchards Quarry-wisselaar op die N2 geskiet. Nuus (11-02-2019)
Maroela Twee dood in Klipheuwel-botsing
Vyf mense, onder wie drie kinders tussen 18 maande en agt jaar oud, is in die botsing beseer. Nuus (11-02-2019)
Maroela DA vol vertroue vir 3 provinsies ná verkiesing
Die DA is vol vertroue dat hy die meerderheid stemme in drie provinsies sal trek en sy deel van die stemtal nasionaal sal vermeerder in die komende algemene verkiesing. Nuus (11-02-2019)
Maroela ‘Vals dreigemente teen Malema ook voorheen misbruik’
“Dit word ook soos in die jongste aanrandingsvoorval as verskoning gebruik vir sy lede se wangedrag.” Nuus (11-02-2019)
Netwerk24 POF moet meer as R7 m. opdok aan oud-Springbok
Die Padongelukkefonds (POF) moet aan ’n oud-Kovsie en voormalige Springbok-waterskiër meer as R7 miljoen betaal nadat sy haar rug in ’n motorbotsing in Bloemfontein ernstig beseer het. Nuus (11-02-2019)