Netwerk24 Staatsgrond geïdentifiseer vir hervorming
Stukke staatsgrond is geïdentifiseer om grondhervorming te versnel, het pres. Cyril Ramaphosa gesê. Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 Brand in Kaapstad in bedwang
Die wegholbrand wat vroeër teen die hellings by Kloofnekweg in Kaapstad uitgebreek het, is in bedwang gebring, het Phillip Prins, brandbestuurder van die Tafelberg Nasionale Park, op Twitter gesê. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Cyril staande toegejuig
Pres. Cyril Ramaphosa is Donderdagaand staande toegejuig ná sy tweede staatsrede in die Nasionale Vergadering. Politiek (07-02-2019)
Maroela Nuwe ‘Skerpioene’ gaan korrupsie vasvat
Twaalf jaar ná die gewraakte besluit van die ANC om die bobaas-korrupsiebevegters, die Skerpioene, te ontbind, het pres. Cyril Ramaphosa die terugkeer van ‘n afkaatsing van die spesialis-eenh… Nuus (07-02-2019)
Maroela Ramaphosa se vyf doelwitte vir Suid-Afrika
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag in Kaapstad in sy staatsrede vyf hoofdoelwitte gestel waaraan die staat vanjaar voortdurend sy handel en wandel gaan meet. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Hofbevel nie ‘geklets in sjebien’, ANC moet dit nakom
’n Hofbevel is nie sommer net ’n geklets in ’n sjebien nie. Dit moet nagekom word, het adv. Dali Mpofu SC in die hooggeregshof in Bloemfontein gesê. Nuus (07-02-2019)
Maroela Olie- en gasfonds kan SA se ekonomie verander – Ramaphosa
Ook op die energiefront het hy aangekondig dat Eskom, wat in groot bestaansmoeilikheid is, ontbondel en in drie afsonderlike maatskappye onder ‘n enkele sambreelmaatskappy sal funksioneer. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 ‘ ’n Staatsrede sonder aksie’
Dit was ’n staatsrede sonder aksie, sê Mmusi Maimane, leier van die DA, die amptelike opposisie in die parlement, oor pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede Donderdagaand in die parlement. Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 Ontleders positief oor verandering by NVG en andere
Pres. Cyril Ramaphosa se volgehoue verbintenis daartoe om sleutel-wetstoepassingsagentskappe “skoon te maak” is goed om vrese te help besweer dat die staat magteloos sal bly om ernstige misdaad te … Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 Derde verdagte vas ná moord met ysterpot
’n Derde verdagte is Donderdag aangekeer in verband met die moord op Ella Willemse (83) van Rustenburg wat met ’n ysterpot aangeval is. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Planne om misdaad en geweld teen vroue te bekamp
Misdadigheid in die land en geweld teen vroue en kinders sal vasgevat word en alle kroeë, sjebiens en plekke waar drank naby skoolterreine verkoop word, sal gesluit word. Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 ‘Profeet’ Bushiri bedank almal wat hom steun
Shepherd Bushiri (35), die beleërde pastoor en selfverklaarde profeet, het Woensdag in ’n video-uitsending aan sy aanhangers gesê hy is die afgelope vyf weke aan “hewige voorafbeplande aanvalle” … Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 ‘Nog een verdagte uitstaande’
Nog net een verdagte moet aangekeer word in die Bosasa-korrupsiesaak nadat Linda Mti, voormalige kommissaris van DKD, homself oorgegee het. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Eskom in drie verdeel – Cyril
Eskom is in ’n krisis en sal in drie afsonderlike eenhede verdeel word, het pres. Cyril Ramaphosa Donderdagaand in sy staatsrede in die parlement in Kaapstad bekend gemaak. Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 10 interessanthede uit die staatsrede
Die sukkelende Eskom word in drie afsonderlike eenhede onder Eskom Holdings verdeel: kragopwekking, transmissie en verspreiding. Politiek (07-02-2019)
Maroela Stemdag is 8 Mei
Suid-Afrikaners sal op Woensdag 8 Mei vir die sesde keer in ‘n demokratiese algemene verkiesing stem, het pres. Cyril Ramaphosa aangekondig. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Die elegante, die waaghalsige en die vervelige
’n Wye verskeidenheid skeppings in allerlei kleure, style, tradisies en gelaai met simboliek is Donderdagaand op die rooi tapyt by die opening van die parlement in Kaapstad gesien. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Wingerdboukundige met erepenning vereer
Nadat die eerste ontvanger van die 1659-erepenning in 1974 aangewys is, is verskeie persone in die wynbedryf jaar ná jaar met dié eer beloon. Nou, 45 jaar later, is ’n wingerdboukundige die eerste … Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 ‘Jy sal soos ’n k*ff*r op straat sit’
Skokbewerings van rassisme, korrupsie, omkopery en intimidasie in die Valke is Donderdag in die rondgaande hof in Parys gemaak. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 3 bewaarders by tronk aangeval
Drie tronkbewaarders is beseer toe gevangenes van die St. Albans-gevangenis buite Port Elizabeth oproerig geraak en hulle met voorwerpe gesteek het. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 7 vas wat in vermoorde man se motor ry
Sewe mans, wat moontlik verbind kan word met die moord op ’n man wie se lyk in die Vaalrivier gevind is, verskyn na verwagting Vrydag in die hof. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Cyril haal Teddy Roosevelt in staatsrede aan
Die paragraaf wat pres. Cyril Ramaphosa Donderdagaand aangehaal het, staan bekend as "The Man in the Arena". Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 Die staatsrede in foto's
Netwerk24 se joernaliste, fotograwe en videograwe was die hele dag op die toneel. Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 Cyril se pleidooi aan Suid-Afrika se mense
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand sy staatsrede in die parlement in Kaapstad geëindig deur te erken dat daar verdeling in die land heers, en ’n gevoelvolle pleidooi gelewer oor hoe … Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 Onderwys een van regering se top prioriteite
Pres. Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede onderwys uitgelig as een van die regering se top vyf prioriteite vir die jaar. Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 Man vas vir handel in dagga
’n 24-jarige man is in hegtenis geneem nadat die Valke se narkotikaburo en lede van die polisie op ’n hidroponiese dagga-laboratorium in die Strand toegeslaan het. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Bushiri om veiligheidsredes in Njala weg by hof
Die Valke het Donderdag verduidelik dat die omstrede past. Shepherd Bushiri weens veiligheidsredes in ’n Njala-voertuig by die handelshof in Pretoria weggeneem is. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Verpleegster kry glo al langer as 8 maande nie salaris
’n Stafverpleegster van die Bongani-streekhospitaal in Welkom werk nou glo al langer as agt maande sonder ’n sent vergoeding. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Reeds R80 m. se skade weens brande in Wes-Kaap
Brande in die Wes-Kaap het sedert Oktober R80 miljoen se skade aan staatseiendom aangerig, terwyl brandbestryding die provinsie al R30 miljoen gekos het. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Eskom word opgedeel in drie dele
Daar gaan onmiddellik met ’n proses begin word om drie afsonderlike entiteite in Suid-Afrika se kragsektor onder ’n Eskom-houermaatskappy te vestig. Politiek (07-02-2019)
Maroela Ramaphosa lewer staatsrede in Kaapstad
President Cyril Ramaphosa het by die parlement in Kaapstad aangekom om sy tweede staatsrede te lewer. Nuus (07-02-2019)
Maroela R100 000 borgtog ná bedrog by munisipaliteit
ʼn 51-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met bedrog, is vrygelaat op borgtog van R100 000, het die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in Noordwes Donderdag gesê. Nuus (07-02-2019)
Maroela Gauteng-dokters wag nog steeds vir salarisse
Ondanks beloftes dat alle persone wat internskappe doen en gemeenskapsdiensdokters by hospitale in Gauteng teen Donderdag hul salarisse sou ontvang, duur die vertraging in uitbetaling voort. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Só sing Paarl Boishaai vir Driehoek-skool
Leerlinge van die Hoër Jongeskool, Paarl, het 'n video gemaak ter ondersteuning van die slagoffers van die brug-tragedie by die Hoerskool Driehoek en al die leerlinge van die skool. Nuus (07-02-2019)
Maroela Drie bewaarders by PE-tronk aangeval
Drie tronkbewaarders by die St Albans- korrektiewe sentrum in Port Elizabeth is Donderdag deur gevangenes met skerp voorwerpe aangeval. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Leerlinge laat besittings agter in brandende skool
Leerlinge van ’n laerskool in Kaapstad het Donderdag gekyk hoe vlamme ’n groot deel van hul skool verwoes. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Aanvallers skiet man dood, wond dogter (7)
Die polisie in die Oos-Kaap volg leidrade op nadat ’n 35-jarige man in die vroeë oggendure van Donderdag in sy huis in KwaNobuhle naby Uitenhage deur twee aanvallers doodgeskiet is. Nuus (07-02-2019)
Maroela Centurion-onnie in hegtenis ná molestering
ʼn 55-jarige onderwyser is in hegtenis geneem ná bewerings van seksuele aanranding by Valhalla Primary School in Centurion. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Mandelabaai krap kop oor R76 m. se vullishouers
Die Nelson Mandelabaai-metro krap kop oor waar hy R76 miljoen gaan kry om 139 000 vullishouers op wiele te vervang. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Donderdag, 7 Februarie 2019
As jy nie vandag kans gehad het om op hoogte te bly van die jongste nuus nie - hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure. Nuus (07-02-2019)
Maroela Kaapstad-skool ontruim tydens brand
ʼn Laerskool is Donderdagmiddag in Zonnebloem in Kaapstad ontruim toe ʼn brand by die skool uitgebreek het. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Isis gou sonder grondgebied, sê Trump
Pres. Donald Trump van Amerika verwag dat die grondgebied wat deur die Islamitiese Staat (Isis), in Sirië en Irak beheer word, teen aanstaande week heeltemal bevry sal wees, berig Bloomberg. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 1 behandel ná brand by skool in Kaapstad
’n Lid van die Kaapse metropolisie is Donderdagmiddag vir rookinaseming behandel toe leerlinge inderhaas verwyder moes word nadat die dak van hul skool begin brand het. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Onnie van Centurion in hegtenis geneem
Die onderwyser wat glo kinders seksueel misbruik het by die Valhalla Primary School in Centurion, is Donderdag in hegtenis geneem. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Dief doen ernstige brandwonde op
’n Dief wat Donderdagoggend in Pretoria glo besig was om kragkabels te steel, het ernstige brandwonde opgedoen en dokters glo hy sal dalk nie oorleef nie. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 2 gou in hof ná moord op verpleër van Blackheath
Twee mans wat in hegtenis geneem is ná die moord op Gregory Paulse (55), ’n manlike verpleër van Conifers, Blackheath in Kaapstad sal vermoedelik Vrydag in die landdroshof in Blue Downs op aanklag … Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Jandré ‘skryf skaars 1ste bladsy van lewensboek vol’
“Dit voel asof Jandré enige oomblik om die hoek met sy stralende gesiggie gaan kom. Maar hy is uit ons lewe geruk.” Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Seuntjie (3) oorleef nadat sleepwa oor hom ry
’n Driejarige seuntjie het ter nouernood aan die dood ontkom nadat ’n sleepwa oor hom gery het. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 4 huisrowers in Kaapstad gesoek
Die polisie is op soek na vier mans wat by ’n huis in Brackenfell, Kaapstad, ingebreek, ’n vrou vasgebind en haar van waardevolle items en haar goue Volkswagen Polo beroof het. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Verdagtes glo aan stoel geboei, selle nie meer gebruik
Verdagtes word glo meer as agt maande reeds in die Kirkwood-polisiegebied aan ’n stoel in die aanklagkantoor vasgeboei, terwyl hulle wag om sowat 35 km verder na die Addo-polisiekantoor se … Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Wegholbrand op Kloofnek in Kaapstad beveg
Die brandweer het Donderdagmiddag gespook om ’n wegholbrand langs Kloofnekweg naby Leeukop in Kaapstad te bestry. Nuus (07-02-2019)
Maroela Tekenprent: Staatsrede 2019
Ramaphosa sal die staatsrede vanaand om 19:00 in die parlement se Nasionale Vergaderingsaal lewer, en hy doen dit te midde van baie spesifieke politieke uitdagings. Nuus (07-02-2019)
Maroela Staatsrede: ‘Landbou verdien regering se ondersteuning’
Agri SA, een van Suid-Afrika se grootste landbou-organisasies, se boodskap aan pres. Cyril Ramaphosa met die oog op sy tweede staatsrede is eenvoudig: landbou benodig die gesamentlike ondersteuning… Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Faf se naam glo nie op BBP-lys nie
Die Springbok-skrumskakel Faf de Klerk is gevra om 'n BBP-tent in Mosselbaai te verlaat omdat sy naam nie op die gastelys was nie. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 MTBS-leerlinge lewer groot vertoning op pawiljoen
Leerlinge van vier hoërskole in Kaapstad se noordelike voorstede het Woensdag weer vir ’n groot vertoning gesorg met hul paviljoenbyeenkoms. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Wits ‘laat nie toe’ dat betogers klasse ontwrig
Studenteraadslede van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Donderdag beweer dat hulle akademiese aktiwiteite tot stilstand gedwing het. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Hier is ANC-kandidate in Vrystaat
Talle hooggeplaastes in ANC-kringe in die Vrystaat is glo op moedverloor se vlakte oor die “finalekonsep-ANC-lyste” wat nou aan die nasionale uitvoerende komitee van die party vir finale goedkeuring … Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 Gebed is die grootste geskenk, sê ma
Gebed is die grootste “donasie” wat Suid-Afrika vir die beseerde leerlinge van die brugtragedie van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark kon gee. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Diens vir oudburgemeester van Eden-streek gehou
’n Gedenkdiens word Saterdag vir Andy Lamont (71), oudburgemeester van die destydse Eden-distriksmunisipaliteit (nou die Tuinroete-distriksmunisipaliteit), gehou. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Naam bekend van soldaat wat in Ratel-ongeluk dood is
Die weermag het Donderdag die soldaat se naam bekend gemaak wat Woensdag in ’n ongeluk buite Bloemfontein dood is. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Twitter-vonke spat tussen Trollip en Bobani
Hy maak nog die gemors skoon wat Athol Trollip as DA-burgemeester agtergelaat het, sê Mongameli Bobani, in ’n Twitter-oorlog tussen hom en sy teenstander. Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 Stakende Wits-studente, wagte in onderonsie
Klasse by die Universiteit van die Witwatersrand is Donderdag weer ontwrig toe die studenteraad (SR) sy betogings voortgesit het. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Perlemoen-baas probeer makker glo vergiftig
Die veroordeelde baasbrein van ’n perlemoensindikaat, het een van sy medebeskuldigdes probeer vergiftig toe hy die waarheid in die hof wou praat. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Groot brand woed in Kaapstad
'n Brand het Woensdagmiddag in Kloofnekweg in Kaapstad uitgebreek. Nuus (07-02-2019)
Maroela Video: Minister gryp in oor ape in hospitaal
Hy het bygevoeg dat die video’s op sosiale media nié die voorval wys waar ʼn pasiënt glo selfs deur ʼn aap gebyt is nie. Nuus (07-02-2019)
Maroela Video: Driehoek-tragedie – ‘Jesus het Marli kom haal’
Klasse by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark sal na verwagting Maandag hervat word ná die tragedie verlede week toe ʼn loopbrug by die skool ineengestort en die lewe van vier leerders geëis he… Nuus (07-02-2019)
Maroela Besigheidstudies: Matrieks se uitslae nou ondersoek
Elijah Mhlanga, woordvoerder vir die departement, het bevestig dat die vak se matriekuitslae tans ondersoek word. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 BLF verkla Cyril by polisie
BLF het klagte van onder meer geldwassery by die polisie in Kaapstad teen pres. Cyril Ramaphosa aanhangig gemaak, wat verband hou met die skenking van R500 000 deur Bosasa vir Ramaphosa se veldtog om … Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 Wagte se rol in student se skietdood ondersoek
Die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (Psira) gaan die beweerde betrokkenheid van ’n veiligheidswag by die dood van ’n student aan die Durban-Universiteit van Tegnologie (DUT) … Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Wys die regering gee om vir werkersklas, smeek aktivis
Gemeenskapsaktiviste van bendegeteisterde gebiede op die Kaapse Vlakte gaan pres. Cyril Ramaphosa se laaste staatsrede vir die huidige parlement Donderdagaand fyn dophou. Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 Aanvallers agtervolg, skiet op sakeman in Polokwane
’n Sakeman van Polokwane het ternouernood aan die dood ontkom toe ’n groep swaar gewapende mans agter op ’n bakkie hom Woensdagaand in een van die veiligste landgoedere in die stad agtervolg en op … Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 ‘Daar’s ’n spesiale plek in die hel . . .’
Op die vooraand van Theresa May, Britse premier, se jongste samesprekings met die Europese Unie (EU) wat Donderdag in Brussel plaasvind, het Donald Tusk, president van die Europese Raad, sy … Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Bekende prokureur van Welkom dood
Ben Kellerman (79), bekende prokureur en groot rugby-ondersteuner in die Goudveld, is Maandag in die Mediclinic Welkom dood nadat hy in die waakeenheid vir longontsteking behandel is. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Agrizzi ontsteld oor inhegtenisname ná hulp aan Zondo
Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, is baie ontsteld dat hy Woensdag deur die Valke in hegtenis geneem is nadat hy tot dusver sy volle samewerking aan die Zondo-kommissie van ondersoek … Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 Onderwyseres én leerling geskors ná klap
Die onderwyseres én die gr. 9-leerling wat Dinsdag in ’n onderonsie in ’n klaskamer in die Sans Souci Girls’ High School in Kaapstad was, is geskors. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Dogter laat ma glo vir polisgeld vermoor
’n Jong vrou van Bloemfontein het glo maande lank beplan aan die moord op haar ma sodat sy geld uit ’n polis kan kry. Nuus (07-02-2019)
Maroela Staatsrede: ‘Só kan ekonomie omgeswaai word’
“Die Suid-Afrikaanse ekonomie het ’n ander soort staatsrede broodnodig, een wat ekonomiese vooruitsigte feitlik onmiddellik sal verbeter,” sê Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga. Hy … Nuus (07-02-2019)
Maroela Video: Onnie én leerder geskors ná klap
“Albei is deur die skoolbeheerliggaam in kennis gestel dat dissiplinêre stappe teen hulle gedoen word.” Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Oproepsentrum weer op dreef ná Bobani ingryp
Mongameli Bobani, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, het ingegryp om te sorg dat die werksaamhede van die metro se dienslewering-oproepsentrum hervat word. Nuus (07-02-2019)
Maroela Die wêreld in foto’s – 7 Februarie 2019
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Skool brand in Kaapstad
Leerlinge van 'n Kaapse skool moes Donderdagmiddag hulle skool ontruim omdat die skool aan die brand was. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Allemintige R180 m. nou met PowerBall te wen
Sal jy kan doen met ’n miljoen? Wat van R180 miljoen? Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 ‘Verkeersmanne’ kaap vragmotor
Kapers in uniforms van verkeersbeamptes by voertuie met die embleem van die verkeersafdeling daarop het ’n padblokkade op die N2 in die Oos-Kaap gehou en ’n koeriervragmotor gekaap. Nuus (07-02-2019)
Maroela Twee dood, 4 kritiek toe motor rol
By hul aankoms op die toneel was die liggaam van die bestuurder agter die stuurwiel vasgepen. Nuus (07-02-2019)
Maroela Studie toon afgelope vyf jaar die warmste nóg
Sekere wêrelddele ervaar intense droogte terwyl ander dele te veel reën of sneeu kry – ʼn kenmerk van klimaatsverandering. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Dankdiens vir SA man wat in Mosambiek sterf
’n Spesiale dankdiens word Saterdag gehou vir André Hanekom (62), die Suid-Afrikaner wat twee weke gelede in Mosambiek dood is. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Linda Mti kry R20 000-borgtog in handelshof
Linda Mti, die voormalige kommisaris van korrektiewe dienste, het homself aan die polisie oorhandig. Nuus (07-02-2019)
Maroela Knysna-bos se laaste olifant swerf nou alleen
“Al die misterie van die Knysna-olifante is gereduseer tot ʼn enkele olifant wat in tragiese omstandighede agtergebly het.” Nuus (07-02-2019)
Maroela Vyf sterf glo in ontploffing by Gloria-myn
“Al die kabels wat krag aan die ventilasiewaaiers voorsien is gesteel en dit bemoeilik die reddingspoging.” Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Manuel Chang dalk gou uit op borgtog
Manuel Chang, die Mosambiekse oudminister van finansies wat in Suid-Afrika in verband met $2 miljard se geheime regeringslenings in hegtenis geneem is, het verlede week ’n dringende borgtogaansoek … Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Regter onttrek hom aan Omotoso-verhoor
Regter Mandela Makaula het homself Woensdag aan die Omotoso-verhoor onttrek nadat dit aan die lig gekom het dat staatsgetuies in ’n gastehuis gebly het waarin Makaula ’n aandeel het. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 So lyk onderwyseres wat leerling geklap het
Die onderwyseres wat Dinsdag ’n gr. 9-leerling in ’n spog-meisieskool in Nuweland, Kaapstad, geklap het, is Clarissa Venter (33), oorspronklik van Cradock. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 ‘Vervolging pleks van ’n medalje’
“Elf lede van die Valke het met gemerkte voertuie by my huis opgedaag en my voor my ma, my vrou en my twee dogters in hegtenis geneem,” het Henk Prinsloo, ’n polisielid, in die rondgaande hof in … Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 2 verdagtes vas oor moord met ysterpot
Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Ella Willemse (83) van Rustenburg, wat met ’n ysterpot aangerand is. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Opslae ná speaker se 'klap' in Trump se rigting
Nancy Pelosi, speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, is steeds ’n vuurwarm besprekingspunt op sosiale media nadat sy meer dekking as pres. Donald Trump se staatsrede gekry het. Nuus (07-02-2019)
Maroela Moord op veearts ‘dalk nie gewone rooftog’
Die bekende privaatspeurder Mike Bolhuis ondersoek nou die moord op dr. Freddie Malan, ʼn vooraanstaande en geliefde veearts van Pretoria wat in sy praktyk in die Moot doodgeskiet is. Nuus (07-02-2019)
Maroela Paneel moet sê oor nuwe taksbaas
Volgens die departement is die aanstellingsproses reeds aan die gang en sal dit na verwagting binne die volgende paar weke afgehandel word. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Baba in vullishouer in Nkandla gekry
Die polisie in Nkandla in KwaZulu-Natal sê hulle het ’n pasgebore baba in ’n vullishouer in die Ithala-sentrum gekry. Nuus (07-02-2019)
Maroela Hofaansoek gebring om Pretoria-oord te sluit
Dié ontspanningsoord het opslae gemaak nadat twee kinders op die perseel gesterf het. Nuus (07-02-2019)
Maroela Nuuskommentaar: Uitdagings te veel om te noem
Pres. Donald Trump het meer as 80 minute nodig gehad om sy staatsrede te lewer, want hy het baie op die hart gehad. Dit lyk egter nie of pres. Ramaphosa aan minder sake sal moet aandag gee wanneer … Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Brugtragedie se Jandré gegroet
‘n Begrafnisdiens vir Jandré Steyn (14) van die Hoërskool Driehoek word Donderdag in die River of Life Church in Vanderbijlpark gehou. Nuus (07-02-2019)
Maroela 45 honde by teler weggeneem; 10 van kant gemaak
“Hulle kon eenvoudig nié gered word nie.” Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 3 sterf toe bussie in stilstaande vragmotor vasry
Drie mense is Donderdagoggend dood toe ’n minibustaxi op die N4-hoofweg in Mpumalanga in ’n stilstaande vragmotor vasgery het. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 5 lyke na oppervlak gebring
Die lyke van vyf vermeende kabeldiewe wat in ’n gasontploffing Woensdag in die Gloria-steenkoolmyn in Middelburg gesterf het, is Donderdagoggend na die oppervlak gebring, het brig. Leonard Hlathi, … Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Vrou in Tokai-woud beroof
’n Vrou wat Woensdagoggend in Tokai-woud naby Kaapstad gestap het, is met ’n mes gedreig en beroof. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Talle sterf toe woonstelgebou in Istanbul ineenstort
Reddingspogings het Donderdagoggend voortgeduur nadat ’n woonstelgebou in Istanbul in Turkye ineengestort het. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Linda Mti reg om homself aan polisie oor te gee
Linda Mti, die voormalige tronkhoof, sal na verwagting Donderdag in die handelshof in Pretoria verskyn in verband met aanklagte van korrupsie. Nuus (07-02-2019)
Maroela Moederstad skud vere reg vir parlementsopening
Die eerste vraag oor vanaand se staatsrede is tot watter mate dié rede deur die opposisie ontwrig gaan word. Verby is die dae toe opposisiepartye net met verskuldigde eerbied na die staatshoof sit … Nuus (07-02-2019)
Maroela 11 vas ná busse brand
Paaie is tydens dié protesaksies met klippe versper terwyl twee busse aan die brand gesteek en heeltemal verwoes is. Nuus (07-02-2019)
Maroela Drie sterf in botsing met onklaar vragmotor
Die botsing het omstreeks 05:00 op die N4 tussen Marloth Park en Komatipoort gebeur. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Vrou van Brackenfell in huis vasgebind, aangehou
Vier rowers het 'n vrou in die vroeë oggendure van Donderdag in haar huis in Brackenfell, Kaapstad, vasgebind en aangehou. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Lyk uit sokkerspeler se vliegtuigwrak gehaal
’n Lyk is gehaal uit die wrak van die vliegtuig in die Engelse kanaal waarin die Argentynse sokkerspeler Emiliano Sala van Nantes in Frankryk na Cardiff in Wallis op pad was. Nuus (07-02-2019)
Maroela Staatsrede: Alle oë op Ramaphosa
Beleggers en internasionale belanghebbendes sal na verwagting die staatsrede met ʼn valkoog dophou om te hoor wat Ramaphosa se regering se planne is om die aspekte te takel wat die land se ekonomie … Nuus (07-02-2019)
Maroela Stryd oor ANC in Noordwes nie verby
Regter Fayeeza Kathree-Setiloane het Woensdag die ontbinding van die komitee ter syde gestel en gelas dat Mahumapelo en sy provinsiale uitvoerende komitee binne twee dae weer in hul amp aangestel m… Nuus (07-02-2019)
Maroela Psira sal Bosasa, DUT-skietery ondersoek
Psira, die private sekuriteitsbedryf se regulerende liggaam, het Woensdag gesê hy sal ook ʼn ondersoek doen na die skietvoorval op die kampus van die Durban Universiteit van Tegnologie (DUT) wat tot… Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 M5 in Kaapstad gesluit weens betoging
Die M5 (Prince Georgeweg) by Parkwood in Kaapstad was Donderdagoggend vir verkeer gesluit. Nuus (07-02-2019)
Maroela Maimane meen verkiesing is referendum oor ANC
“Dinge raak al erger, en dis die ANC se skuld.” Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Cyril moet praat oor spanning tussen rasse
Pres. Cyril Ramaphosa kan nie Donderdagaand die fundamentele kwessie van die stygende vlakke van rassespanning en rasgebonde politiek in Suid-Afrika in sy staatsrede ignoreer nie. Politiek (07-02-2019)
Netwerk24 N2 by Riversdal gesluit
Die N2 by Riversdal in die Wes-Kaap was vroeg Donderdagoggend vir verkeer gesluit. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Hulp na Willowmore, Williston gestuur
Hoewel goeie reën die afgelope tien dae oor groot dele van die land uitgesak het, is daar steeds streke wat onder erge droogte gebuk gaan. Nuus (07-02-2019)
Netwerk24 Inwoners gaan sweet in Wes-Kaap
’n Hittegolf sal na verwagting tot Donderdag in die Wes-Kaap duur, met uiters warm weer oor die Weskus, Kaapse Wynlande en dele van die Karoo. Nuus (07-02-2019)