Netwerk24 Passasier het net sny aan vinger
’n Passasier wat deel was van ’n grusame ongeluk in ’n padwedren op die N1-hoofweg in Kaapstad het slegs ’n sny aan sy vinger opgedoen. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 ANC oorweeg regsaksie ná hy sy webblad kwyt is
Die ANC kon nie daarin slaag om die regte vir die domeinnaam van sy webblad te bekom nie. Politiek (31-01-2019)
Netwerk24 Pta-veearts in praktyk doodgeskiet
’n Veearts van Pretoria is helderoordag in sy praktyk deur rowers doodgeskiet. Dr. Freddie Malan, eienaar van die Jakaranda-dierehospitaal in die Moot, is Donderdag op die toneel dood verklaar. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Man kry 25 jaar ná hy vriendin met panga vermoor
’n 48-jarige man is Donderdag deur die hooggeregshof in Upington tot 25 jaar tronkstrafd gevonnis vir die moord op sy vriendin. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Vonke spat op Cradock ná weerlig substasie tref
Betogers het vandeesweek vir die tweede keer die maand toegangsroetes na Cradock versper en inwoners van die Michausdal- en Hillside-woongebiede het Woensdag met ’n optog na die munisipale kantore … Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Ramaphosa jr. sê nee vir Maimane
Andile Ramaphosa weet niks van die R500 000 wat aan sy pa se presidensiële verkiesingsveldtog geskenk is nie. Politiek (31-01-2019)
Netwerk24 1 dood, 1 beseer toe motor in rivier stort
’n Man is dood en nog een beseer toe hul motor Donderdag van ’n brug in ’n rivier in Erasmia, Centurion, gestort het. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Geredde flaminkie byna in baadjiesak uitgesmokkel
Dit was so hittete of ’n kleinflamink-kuiken was uit sy veilige hawe op die kleinhoewe van die private ondersoeker Mike Bolhuis naby Pretoria verwyder. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Metro se besluit oor Brandwag-woonstelle ‘selfmoord’
Ondanks heftige waarskuwings dat dit “selfmoord” vir die Mangaung-metro gaan wees om weer by die Brandwag- maatskaplike behuisingsprojek in Bloemfontein se bestuur en onderhoud in te gryp en self … Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Hanekom se oorskot in SA
Die oorskot van André Hanekom, die Suid-Afrikaanse man wat glo deur owerhede in Mosambiek vergiftig is, het Donderdag veilig in Suid-Afrika vir ’n onafhanklike nadoodse ondersoek aangekom. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 74 000 jong kiesers registreer
Byna 74 000 kiesers wat in vanjaar se verkiesing die eerste keer mag stem, het hulle die naweek in die Wes-Kaap geregistreer. Politiek (31-01-2019)
Netwerk24 Mosie teen Msimanga moet voortgaan, sê ANC en EFF
Die ANC-koukus in die Tshwane-metro het Donderdagaand gesê dat hulle nie bes sou gee alvorens daar gestem word oor ’n mosie van wantroue teen die burgemeester, Solly Msimanga, nie. Politiek (31-01-2019)
Netwerk24 Beaufort-Wes gee net water aan buurte wat niks kry
Noodwater word slegs in hoogliggende dele in Beaufort-Wes versprei wanneer die dorp se reservoirs minder as 18% vol is en wateronderbrekings voorkom. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 ‘Almal moet kommissie in sy stryd teen korrupsie help’
Alle politici, staatsamptenare en diegene in die privaat sektor moet ongeag hul politieke oortuigings die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping help om Suid-Afrika van korrupsie te bevry. Politiek (31-01-2019)
Netwerk24 Swaar reën Saterdag in Suid-Kaap, Karoo verwag
Hoë reënval wat op plekke tot oorstromings kan lei, word Saterdagmiddag tot die aand in die Suid-Kaap en noordooste van die Sentraal-Karoo verwag. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Dié hoës se huise is almal in geheim beveilig
Twee ministers, ’n adjunkminister en die hooflanddros van Pretoria. Dít is van die hoëlui wie se name Donderdag voor die Zondo-kommissie genoem is by wie se huise Bosasa na bewering … Politiek (31-01-2019)
Netwerk24 IT-man versteek lêers oor DKD-tenders
’n Rekenaartegnikus wat vir Bosasa gewerk het, het in die geheim afskrifte van twee lêers gemaak met inligting oor tenders by die departement van korrektiewe dienste (DKD) en dit weggesteek. Politiek (31-01-2019)
Netwerk24 Gee bruin mense voorkeur in Wes-Kaap, eis ANC
Bruin mense moet voorkeur vir alle regeringsposte in die Wes-Kaap kry, eis die ANC. Politiek (31-01-2019)
Netwerk24 Sersant en sy hond wen gesogte prys
’n Polisiebeampte van Port Elizabeth en sy vierpotige kollega het met ’n prys weggestap op die polisie se nasionale toekenningsgeleentheid. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Plaasaanvallers rand jong man wreed in huis aan
WAARSKUWING: HIERDIE BERIG BEVAT 'N FOTO WAT SENSITIEWE LEWERS KAN ONTSTEL. ’n Jong man moes ’n operasie ondergaan om die bloeding op sy brein te verlig nadat hy wreed aangerand is in die plaashuis … Nuus (31-01-2019)
Maroela Ramaphosa versoek groter dringendheid vir die ekonomie
Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn beroep op ministers gedoen om groei en dienslewering te bespoedig tydens die laaste kabinetsvergadering van sy administrasie voor die nasionale verkiesing vanjaar. Nuus (31-01-2019)
Maroela Bosasa-werknemer moes glo soms beeldmateriaal verwyder
Le Roux onthou dat hy beeldmateriaal verwyder het waar oudpresident Jacob Zuma vergesel word deur voormalige raadsvoorsitter van die SAL Dudu Myeni en huidige polisieminister Bheki Cele. Nuus (31-01-2019)
Maroela Vir eers geen afleggings by SAUK
Die SAUK het Donderdag gesê hy sal nie artikel 189-kennisgewing hernu oor beplande afleggings nie, maar eers ʼn omvattende vaardigheidsoudit doen. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Kaapse betogers vreedsaam uiteen ná Plato praat
Die Kaapse metroraad se eerste raadsvergadering van die jaar het Donderdag met ’n harde knal begin toe die polisie skokgranate in die middestad afgevuur het om betogers buite die burgersentrum uiteen … Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Lewenslank vir ‘barbaarse’ moord, sê staat
Matlhomola Moshoeu is op ’n gewelddadige, barbaarse en onmenslike manier vermoor deur twee mense wat steeds nie verantwoordelikheid wil aanvaar vir dié ernstige misdryf wat hulle gepleeg het nie. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Beskerm my teen minister, vra McBride aan hof
Die onafhanklikheid van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat se grootbaas moet te alle tye teen onbehoorlike politieke inmenging beskerm word, veral weens Opod se hoogs polities-sensitiewe … Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 ‘Natuur moet sy gang gaan’
Sanparke sê hy is bewus van ’n kameelperd wat al drie dae lank op ’n eilandjie in die Olifantsrivier in die Krugerwildtuin vasgekeer is. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Afleggings by SAUK van die baan
SAUK-werknemers kan vir eers rustig slaap oor hul poste by die openbare uitsaaier. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 ‘Kommer het algaande gegroei oor Jiba se aanstelling’
Die aanstelling van Nomgcobo Jiba as waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolgings (NDOV) is aanvanklik as ’n nuwe begin vir dié instansie beskou. Politiek (31-01-2019)
Netwerk24 Donderdag, 31 Januarie 2019
Hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure waarvan jy moet kennis neem. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 ‘Dit was nie onverwags’
Cope in die Noord-Kaap het vermoed twee van sy senior lede wat vandeesweek na die ANC oorgeloop het, sou koers kies weens vrae oor onverrekende geld in die party se een bankrekening. Politiek (31-01-2019)
Maroela Saak van polisievrou weer uitgestel ná verhouding met bendelid
Die vonnisverrigtinge van ʼn voormalige lid van die Port Elizabeth-polisie se bendetaakspan, wat skuldig bevind is op aanklag van regsverydeling, is Donderdag in die landdroshof in Port Elizabeth ui… Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Storms saai verwoesting op Upington
Geweldige storms het Dinsdag- en Woensdagmiddag erge verwoesting in en om Upington gesaai. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Kinders glo ‘vir hul straf’ in vraghouer vasgeketting
’n Vrou van Worcester in die Wes-Kaap wat na bewering 12 kinders wat in haar sorg was in ’n vraghouer vasgeketting en na bewering mishandel het, het Donderdag in die landdroshof in Worcester op twee … Nuus (31-01-2019)
Maroela Coligny-moord was nie rasgedrewe, sê verdediging
Die moord op die Coligny-tiener Matlhomola Mosweu was nie rasgedrewe nie, het die Noordwes-hooggeregshof Donderdag gehoor. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 DBV wil appelleer teen honde-opleier se vryspraak
Die Garden Route Dierebeskermingsvereniging (DBV) wil appèl aanteken nadat ’n honde-opleier van Mosselbaai in die Suid-Kaap op twee aanklagte van dieremishandeling onskuldig bevind is. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 3 vas oor gesteelde hoendervleis
Drie mans is Donderdagmiddag in Parow, Kaapstad, aangekeer vir die besit van gesteelde hoendervleis ter waarde van R200 000. Nuus (31-01-2019)
Maroela Bosasa-korrupsie: Vinger wys ook na hooflanddros Nair
Pretoriase hooflanddros Desmond Nair, wat die borgaansoek van Oscar Pistorius hanteer het, is op die lys van hooggeplaastes vir wie Bosasa sekuriteitstelsel geïnstalleer het, het die staatskapingko… Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Talle spring in om honde uit brandende skuiling te red
Die dapper eienaar van ’n hondeskuiling in Vereeniging is vir rookinaseming in die hospitaal opgeneem nadat sy self ingespring het en talle honde uit haar brandende huis gered het. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Coligny-2 pleit teen lewenslange vonnis
Daar is buitengewone omstandighede wat regverdig dat Pieter Doorewaard en Phillip Schutte nie lewenslange tronkstraf opgelê moet word vir die moord op Matlhomola Moshoeu (15) nie. Nuus (31-01-2019)
Maroela 12 kinders van Bolandse plaas verwyder: Vrou in hof
“Daar word beweer dat ʼn 16-jarige kind wat in die vrou se pleegsorg was as straf vir drie dae lank ʼn ketting om die nek gehad het.” Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Hooflanddros van Pta by Bosasa-skandaal betrek
Pretoria se hooflanddros, Desmond Nair, word ook nou betrek by die uitkringende Bosasa-skandaal wat voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping in Johannesburg ontvou. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Taxibestuurder 10 j. tronk toe ná verkrag-poging
’n Taxibestuurder is in die streekhof in Butterworth tot tien jaar tronkstraf gevonnis omdat hy ’n vrou na sy huis geneem het met die bedoeling om haar te verkrag. Nuus (31-01-2019)
Maroela Hof hoor versagtende faktore vir Coligny-beskuldigde
“Hy is nié net ’n jeugdige oortreder nie, maar ook ’n eerste oortreder.” Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Lasbrief uitgereik vir ‘bekruiper’
’n Lasbrief is uitgereik vir ’n vermeende bekruiper wat na bewering jong vroue in Bloemfontein bekruip en geteister het, nadat hy Donderdag versuim het om as aangeklaagde in die landdroshof in … Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Wegholbrand in Durbanville langs oud-Bok se huis
'n Wegholbrand in Durbanville het 'n huis en 'n groot gedeelte van die veld vernietig. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Kabinet se laaste lekgotla voor verkiesing
Vir verskeie kabinetslede was die laaste kabinetslekgotla voor die verkiesing dalk hul laaste as pres. Cyril Ramaphosa woord hou en sy kabinet ná die verkiesing verklein. Politiek (31-01-2019)
Netwerk24 ‘Ek sal dagvaar,’ sê vrou wat kinders glo aanhou
Die vrou wat na bewering kinders in 'n vraghouer aangehou het, wou nie ontken toe sy gevra is of sy die kinders vasgebind het nie. Kyk die video-onderhoud met Netwerk24 hier. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Vragmotors van Mafube ook in balju se visier
Die bankrot Mafube-munisipaliteit (Frankfort, Villiers en Cornelia) het nog ’n paar vragmotors oor waarop daar beslag gelê kan word. Nuus (31-01-2019)
Maroela Panayiotou-moord: ‘Middelman’ moet eers regskoste opdok
Siyoni het glo in April 2015 gehelp om ’n huurmoordenaar op te spoor om Jayde te vermoor. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Siyoni nou verhoor vir haar moord
Luthando Siyoni (37), die vermeende middelman in die moord in 2015 op Jayde Panayiotou van Port Elizabeth, gaan nou apart verhoor word vir die moord op die onderwyseres. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Boer sê hy is jammer
Boeta van der Westhuizen, het aan die familie van Samuel Tjixa en Simon Jubeba gesê hy is jammer oor dit wat gebeur het en oor sy aandeel daarin. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Besetters kry basiese dienste in NMB
Minstens 20 informele buurte waar grond onwettig beset word, gaan munisipale dienste kry, het Mongameli Bobani, burgemeester van Nelson Mandelabaai, aangekondig. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Doorewaard voel hartseer, skuldig teenoor eie familie
Pieter Doorewaard (28) ervaar angs en spanning omdat hy nie die dood van Matlhomola Moshoeu (15) kan verwerk nie. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 SAUK staak afleggings
Die groephoof van die SAUK het pas aan werknemers bekend gemaak dat die proses van afleggings by die maatskappy gestaak is. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Mmusi by ambassade om afspraak met Zim-regering te maak
Mmusi Maimane, leier van die DA, het in Pretoria ’n amptelike brief aan die Zimbabwiese ambassade oorhandig waarin hy vra vir ’n amptelike ontmoeting. Politiek (31-01-2019)
Netwerk24 Samwu-hoë in Limpopo doodgeskiet
Die adjunkpresident van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) in Limpopo is Woensdagaand koelbloedig buite Thohoyandou doodgeskiet. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Onluste in Baai oor R21 m. wat verdwyn
Groot onluste heers in Nelson Mandelabaai ná die beweerde sluipmoord op twee sakemanne wat verbind word met ’n bemagtigingsprojek van R21 miljoen vir klein ondernemings om dreine in die stad skoon te … Nuus (31-01-2019)
Maroela Die wêreld in foto’s – 31 Januarie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Nuus (31-01-2019)
Maroela Polisieman ondersoek ná vrou se dood
Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn polisiekaptein van eMalahleni in Mpumalanga na die dood van ʼn 31-jarige vrou met wie hy in ʼn verhouding was. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Skole in Thailand sluit weens rookmis
Skole in Bangkok en in die omliggende provinsies in Thailand is vir die res van die week gesluit weens gevaarlik hoë vlakke van lugbesoedeling. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Vermeende bendelid dán verhoor oor 2-jarige se skietdood
’n Vermeende bendelid wat daarvan aangekla word dat hy ’n tweejarige seun doodgeskiet het, word in Maart in die hooggeregshof in Port Elizabeth verhoor. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Tafelsig-area rustig ná inwoners betoog
Nadat ontstoke inwoners van Tafelsig in Mitchells Plain Woensdag bande aan die brand gesteek het uit protes teen ’n vermeende verkragter in hul midde, is die gebied nou stabiel. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Video wys hoe voetganger getref word
’n Video, waarin daar gesien word hoe ’n onbekende voetganger raakgery word, het Donderdag op sosiale media verskyn. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Polisie kry 50 TV’s terug nadat vragmotor gekaap is
Die polisie het op minstens 50 televisiestelle beslag gelê wat na bewering uit ’n gekaapte vragmotor gesteel is. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 5 vinnig vas ná hulle bussie kaap, beroof
Vyf gewapende rowers verskyn eersdaags in die hof in Welkom nadat hulle glo ’n afleweringsbussie gekaap en R500 000 se sigarette en lekkergoed geroof het. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Betogers in Pta-Wes ‘wil buitelanders doodmaak’
Inwoners van Pretoria-Wes het die strate ingevaar en betoog oor dienslewering en buitelanders wat glo in die gebied met dwelms handel dryf. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Mueller se dokumente aanlyn deur krakers geplaas
Russe het meer as ’n duisend lêers met vertroulike dokumente van Robert Mueller se spesiale ondersoek na Russiese inmenging in Amerika se presidentsverkiesing in die hande gekry en dit aanlyn geplaas. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Ysige weer in VSA lei tot ongevalle en sterftes
Minstens 12 mense het reeds in Amerika omgekom in voorvalle wat veroorsaak is deur die ysige koue lug wat sedert van die Noordpool af oor Amerika instroom. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Rowers sak op winkel in Hennenman toe
Die polisie in die Vrystaat ondersoek ’n klag van sakeroof nadat ses gewapende rowers geklee in blou oorpakke Woensdagaand ’n winkel in Hennenman beroof het. Nuus (31-01-2019)
Maroela Drie jong mans op plaas oorval en aangerand
“Hulle het die plaas dopgehou. Dit was vir seker beplan.” Nuus (31-01-2019)
Maroela Talle honde dood ná brand by diereskuiling
“Dit is verskriklik. Ons het niks geslaap gisteraand nie.” Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Kommentaar oor hoër tariewe vir lisensies in W-Kaap
Wes-Kapenaars het tot aanstaande Vrydag om kommentaar te lewer oor die voorgestelde verhoging van voertuie se lisensie- en registrasietariewe in 2019. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Só lyk vrou wat kinders glo op Bolandse plaas aanhou
Galinda Nelson het Donderdag in die landdroshof in Worcester in die Wes-Kaap verskyn, nadat 12 kinders in haar sorg die naweek na bewering geboei in 'n opslaanhuis op 'n plaas buite die dorp gekry is. Nuus (31-01-2019)
Maroela Polisie trek vier verdagtes vinnig vas
Gedurende dié ondersoek is beslag gelê op goedere ter waarde van R50 600. Nuus (31-01-2019)
Maroela Betogers ruk op by Vodacom-hoofkantoor
Vodacom het intussen die winkels by sy hoofkantoor gesluit. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Gaan terug skool toe, sê Trump aan intelligensie-dienste
Pres. Donald Trump van Amerika het gekap na die land se. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Uile help om slange by hotel te verwilder
Die getal slange wat voorheen by die Flamingo-casino-en-hotel buite Kimberley by die Kamfersdam hul opwagting gemaak het, het danksy twee nonnetjiesuile drasties verminder. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 DA behou wyk in Mangaung met 44% van die stemme
Die DA het Woensdag geseëvier in die tussenverkiesing in wyk 47 in die Mangaung-metro. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Skokgranate klap toe betogers Kaapse burgersentrum beset
Skokgranate is Donderdagoggend in die Kaapse middestad afgevuur toe die polisie met betogers slaags geraak het. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Msimanga bedank amptelik as burgemeester
Solly Msimanga het amptelik as burgemeester van Tshwane bedank. Politiek (31-01-2019)
Maroela Nuuskommentaar: Plaasaanvalle, plaasmoorde en aannames oor die regte van plaaseienaars
Wat egter soos ’n paal bo water staan, maar deur politieke korrektheid nie dikwels aan die bod kom nie, is verskillende aannames oor die regte wat grondeienaarskap aan die grondeienaars verskaf. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 12 kinders aangehou, vasgebind op Bolandse plaas
'n Vrou in haar 50's verskyn vandag in die landdroshof in Worcester nadat 12 kinders, waarvan een glo haar biologiese kind is, die naweek vasgebind in 'n opslaangebou op 'n plaas buite die dorp gekry … Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Kar tref muur in Kaap toe ryloper bestuurder doodskiet
’n Ryloper (25) wat glo in Brackenfell in die Wes-Kaap die insittendes van ’n motor wou beroof en ’n ongeluk veroorsaak het toe hy die bestuurder doodgeskiet het, sal Vrydag op ’n aanklag van moord … Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Schoeman wat in landmynongeluk sterf word vereer
Die vrou van Pieter Schoeman, wat vroeër vandeesmaand in ’n landmynongeluk in Jemen dood is, sal binnekort na Saoedi-Arabië vertrek om namens hom ’n medalje te ontvang. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Nuwe getuie voor Zondo-kommissie
Die Zondo-kommissie van ondersoek se sitting duur vandag voort na 'n week waarin nog getuies vertel het presies hoe die Bosasa-groep met menselewens gespeel het om staatskontrakte van miljarde rande … Politiek (31-01-2019)
Maroela Foto’s: Betogers saai chaos in Pta-Wes
Betogers het vroeg Donderdagoggend strate in Pretoria-Wes ingevaar en chaos veroorsaak. Nuus (31-01-2019)
Maroela Ontbyt help jou nié gewig verloor nie
Dit is die bevinding van nuwe navorsing wat pas in die vakjoernaal British Medical Journal geplaas is. Nuus (31-01-2019)
Maroela Tekenprent: Woorde wek, maar voorbeelde trek
Die tekenprentkunstenaar Jerm reken dade tel meer as woorde.  Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Só lyk straatren se BMW-bestuurder in hospitaal
'n Foto van Taufiq Carr (26) wat vanuit sy hospitaalbed glimlag, word tans op sosiale media versprei. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Pastoor ná 2 weke vry op borgtog
Evan Mawarire, ’n bekende pastoor en aktivis van Zimbabwe, wat in die onlangse betogings in die land in hegtenis geneem is, is uit die tronk vrygelaat. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Betogers veroorsaak 'n chaos in Pretoria
Betogers het Donderdagoggend 'n chaos in Pretoria veroorsaak toe hulle paaie met brandende buitebande versper het. Nuus (31-01-2019)
Maroela Boikot van Vodacom beplan oor ‘Please Call Me’-man
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, is in sy persoonlike hoedanigheid deel van die beweging. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Teen dié koers is ietermago binne 10 jaar weg
Altesaam 400 000 Afrika-ietermago’s is verlede jaar gestroop. Dr. Karin Lourens, veearts en eienaar van die Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital, sê as dié diere nie dringend beskerm word nie, … Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Minstens 12 reeds dood in ysige koue in Amerika
Minstens 12 mense is dood en talle beseer en gestrand in die ysige koue wat die VSA Woensdag getref het. Nuus (31-01-2019)
Maroela Adjunkminister van finansies by OBK-herrie betrek
“Ek het kennis geneem van die besluit deur my mederaadslede om ondersoek in te stel na die bewerings teen my wat in ʼn e-pos vervat is en die week deur ʼn ‘fluitjieblaser’ versprei is.” Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 ‘Buffel’ maak hom tuis op Vishoek se strand
’n Suidelike olifantrob het hom op Vishoek se strand tuisgemaak en gaan volgens kenners drie tot vier weke lank daar bly om te verhaar. Nuus (31-01-2019)
Maroela Ligte vliegtuig doen noodlanding op strand
“Die vlieënier het ʼn noodlanding op die strand gedoen tydens ʼn vlug van Port Elizabeth na George nadat daar skielik enjinprobleme ondervind is.” Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Kaapse Party ‘slag’ nou waatlemoen op strand
Die Kaapse Party het die tonge los nadat hulle ’n bespotting van die EFF se skaapslagtery op die Clifton-strand in Kaapstad gemaak het deur ’n waatlemoen as deel van hul eie seremonie op ’n Kaapse … Politiek (31-01-2019)
Netwerk24 Nóg plotte buite Pretoria geteiken, man geskiet
'n Hoewebewoner van Bultfontein, noord van Pretoria, is Woensdagaand tydens 'n rooftog in die maag geskiet. Nuus (31-01-2019)
Netwerk24 Amerikaanse konsulaat-werker vrygelaat in Turkye
’n Werknemer van die Amerikaanse konsulaat in Turkye is Woensdag in dié land vrygelaat al is daar bevind dat hy lid is van ’n terroriste-organisasie. Nuus (31-01-2019)