Netwerk24 Verdagte in arres
’n Man wat positief met die moord op Eric Lyell (60), ’n prokureur van Vereeniging, verbind kan word, is glo in Kroonstad in hegtenis geneem. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Ses agter tralies ná operasie in KZN
Ses verdagtes is die afgelope naweek in ’n grootskaalse polisieoperasie op verskillende aanklagte in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Pasgebore kind uit vullissak gered
’n Pasgebore babaseuntjie in ’n swartsak is gered oomblikke voordat munisipale werkers die vullis in Verulam in KwaZulu-Natal sou verwyder. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Bestuurders was glo nog dronk ná naweek se drinkery
Die bestuurders van vier minibustaxi’s wat ná ’n wilde naweek van brassery Maandagoggend steeds dronk agter die stuurwiel was toe hulle pendelaars – en selfs leerlinge – wou vervoer het, is in … Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Vir ma en kinders se veiligheid gevrees ná skietery
Die veiligheidsmaatreëls is verskerp by ’n hospitaal en ’n skool nadat ’n ma van drie op 6 Januarie in Eersterust geskiet is en haar aanvaller nog op vrye voet is. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Man (24) aangekla dat hy sy ma (55) verkrag
’n Man het Maandag in ’n Kaapse hof verskyn op ’n aanklag dat hy sy ma verkrag het. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Winde vra Opod om Veary te ondersoek
Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het Maandag bevestig dat hy ’n klag van Alan Winde, LUR vir gemeenskapsveiligheid, teen genl.maj. Jeremy Veary, Wes-Kaapse speurhoof, gaan … Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Eierdief 3 jaar agter tralies
’n 56-jarige eierdief wat verlede jaar van Suid-Afrika na Brittanje gereis en op die Heath­row-lughawe in hegtenis geneem is, is in die hof in Snaresbrook tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Optog beplan oor ‘vol skole’ op Hermanus
’n Optog na Hermanus word vandeesweek beplan weens klagtes oor rassediskriminasie teen swart leerlinge wat nie plek in skole op dié kusdorp kry nie. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Spaanse pa wat glo tweeling vermoor dood in sel gevind
Die Spanjaard wat na bewering sy driejarige tweeling in April verlede jaar vermoor het, is Maandagoggend dood in sy tronksel by Pollsmoor-gevangenis gevind. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Verlamming van parlement nou heel moontlik, sê May
Die interne politieke toutrekkery oor Brexit kom Dinsdag tot ’n punt wanneer LP’s oor Theresa May, die Britse premier, se voorstel stem. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Man vas wat 5-jarige in winkel met mes steek
’n Man (47) is Maandagoggend in ’n winkelsentrum in Kaapstad in hegtenis geneem nadat ’n vyfjarige seun met ’n mes gesteek is. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Cosatu looi Mboweni oor Reserwebank
Cosatu het die ANC versoek om hom van die uitsprake van Tito Mboweni, minister van finansies, en Enoch Godongwana, die ANC se hoof vir ekonomiese transformasie, oor die Reserwebank te distansieer. Politiek (14-01-2019)
Netwerk24 Leerders beseer toe taxi en bus in Soweto bots
Minstens agt skoolkinders is Maandag in Rockville, Soweto, in ’n botsing tussen ’n Rea Vaya-bus en ’n minibustaxi beseer. Nuus (14-01-2019)
Maroela Gays doodgemartel, aangehou in nuwe aanslag
Twee mense is doodgemaak en amper 40 aangekeer in ʼn hernieude aanslag op LGBT mense in die Russiese streek Tsjetsjnië. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Jong dokters se internskap nog nie verkort
Daar is nog geen sprake daarvan dat mediese studente se internskap van twee jaar verkort gaan word nie. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Nutsman van Kroonstad in rivier doodgeskok
’n Nutsman van Kroonstad is Vrydag doodgeskok toe hy in ’n rivier aan ’n waterpomp gewerk het. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Minister vra uitstel oor Walus se parool
Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het uitstel gevra nadat hy die spertyd rakende sy besluit oor Janusz Walus se vrylating op parool misgeloop het. Nuus (14-01-2019)
Maroela Staat en landbou sê bek-en-klouseer die stryd aan
“Ek is tevrede met die eerlike gesprekvoering.” Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Solidariteit, geskorste onnie praat Dinsdag oor planne
Die vakbond Solidariteit kondig Dinsdag in Centurion aan watter regstappe hy gaan instel om die “onregmatige skorsing” van ’n onderwyseres van Schweizer-Reneke op te hef. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Vermoorde egpaar rotgif gevoer, hoor hof
Die twee vermeende moordenaars van ’n bejaarde egpaar van Ottery in Kaapstad het hul slagoffers Rattex gevoer voordat hulle verwurg is. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Eier kraak Kylie Jenner se rekord op Instagram
’n Nuwe wêreldbekende eier het stof in Humpty Dumpty en Kylie Jenner se oë geskop nadat sy foto die meeste “likes” op Instagram gekry het. Nuus (14-01-2019)
Maroela Ma wat kroos glo vermoor ‘verstandelik onbevoeg’
“Die aard van die misdade laat ʼn mens wonder of dit moontlik is om sulke dade te pleeg terwyl jy by jou volle verstand is.’ Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Regter stuur beskuldigde na selle oor uitbarstings
’n Moordbeskuldigde se uitbarstings Maandag in die Port Elizabethse hooggeregshof het sy verhoor telkemale ontwrig. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Maandag, 14 Januarie 2019
As jy vandag te besig was om op hoogte te bly van die jongste nuus, moenie vrees - hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuushoogtepunte. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Cyril besoek Mosambiek
Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag ’n werkbesoek aan Maputo gebring op versoek van sy Mosambiekse ampsgenoot, pres. Filipe Jacinto Nyusi. Politiek (14-01-2019)
Netwerk24 Talle nog nie uitgeplaas vir Zuma-jaar
Die toekoms van byna 700 van die land se pas afgestudeerde gesondheidspraktisyns wat in 2019 hul gemeenskapsdiensjaar moet aflê, lyk duister. Nuus (14-01-2019)
Maroela Schweizer-Reneke: Solidariteit kom met regstappe
Lehari se “oorhaastige, populistiese optrede” het daartoe gelei dat Barkhuizen onregmatig en onskuldig geskors is. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Ma wat 4 kinders glo vermoor, vir waarneming verwys
Die ma van eMalahleni wat na bewering haar vier kinders vermoor het, moet 30 dae in ’n psigiatriese hospitaal opgeneem word vir waarneming, het die hof in eMalahleni, Mpumalanga, Maandag beveel. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Polisie slaan groot slag die naweek
Altesame 25 vuurwapens wat in onder meer rooftogte en moorde gebruik is, is ook die afgelope naweek danksy polisie-optredes van Gauteng se strate verwyder. Nuus (14-01-2019)
Maroela Saru-president verdedig Kolisi ná uitlatings
“Siya het iets in sy privaat hoedanigheid gesê en mense moet kyk na wat hy in die geheel gesê het.” Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 ‘Skool nié rassisties,’ sê swart ma
“My kind huil as sy nie kan skool toe kom nie, sy is baie gelukkig hier. Die skool is nié rassisties nie, swart en wit kinders word nie apart van mekaar gehou nie.”. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Seks-tandarts se vonnis uitgestel
Die vonnisverrigtinge van ’n tandarts wat daaraan skuldig bevind is dat hy ’n minderjarige seun seksueel betas het, is tot Februarie uitgestel. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Hou op baklei met Katar, vra Pompeo
Mike Pompeo sê die onenigheid tussen Katar en sy bure in die Arabiese Golf het vir te lank voortgeduur en is ’n bedreiging vir die streekeenheid. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Hy wéét Coenie gaan hom skiet, sê vrou
Hy weet Coenie gaan hom doodskiet, het Paul Nel (66) aan sy vrou, Elvera (46), gesê kort voordat hy uit Stilbaai na sy plaas Dassiekop naby Koffiefontein in die Vrystaat vertrek het. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Mettler Maandag in hof op klag van aanranding
Ricardo Mettler (41), voormalige lyfwag van Ace Magashule, eertydse Vrystaatse premier, is in hegtenis geneem, op waarskuwing vrygelaat en sal op 21 Januarie in die hof verskyn. Nuus (14-01-2019)
Maroela Food Lover’s steeds toe ná rot-video
“Ná die inspeksie die afgelope week is die winkel Sondag gesluit en het dit Maandag gesluit gebly.” Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Groter kans op geen Brexit as geen ooreenkoms
Theresa May, Britse premier, glo die moontlikheid van geen Brexit nie is groter as dat die land die Europese Unie sonder ’n ooreenkoms verlaat. Nuus (14-01-2019)
Maroela Seun op N1 doodgery
Op pad huis toe het hulle die N1 probeer oorsteek toe ʼn wit Isuzu-bakkie uit Winburg se rigting op pad na Kroonstad Thunywa tref. Nuus (14-01-2019)
Maroela Vier vas ná vragmotors op snelweg brand
Die protesoptrede het swaar verkeersopeenhopings veroorsaak en motoriste moes noodgedwonge van alternatiewe roetes gebruik maak. Die pad is eers vanoggend in die vroeë oggendure weer oopgestel. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Seun op N1 doodgery
’n Seun van Ventersburg in die Vrystaat is Sondag op die N1 buite die dorp doodgery toe hy en sy maats die snelweg te voet wou oorsteek. Nuus (14-01-2019)
Maroela Die wêreld in foto’s – 14 Januarie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Seun dood in busongeluk ná net 5 dae in skool
“Die Hemelse Vader het hom vir vyf dae aan ons geleen. Dit is vir ons baie tragies.”. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Koswinkel bly gesluit tot inspekteurs tevrede is
Die winkel van Food Lover’s Market in Diepkloof, Soweto, sal gesluit bly totdat die Johannesburg-metro se departement van omgewingsgesondheid tevrede is met die toestande. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 ‘Amptenare mag nie by werk op selfoon klets’
Die gebruik van selfone deur amptenare by ontvangstoonbanke van die departement van binnelandse sake moet verbied word, het Hlomani Chauke, ANC-LP gesê. Nuus (14-01-2019)
Maroela Parys-DBV van dieremishandeling beskuldig
“Ongelukkig was die hondjie se toestand so swak dat die veearts besluit het genadedood was al raad om die lyding te beëindig.” Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Dwaalkoeël tref vrou
’n Vrou is Maandagmiddag in die kop gewond nadat ’n Golden Arrow-bus in Kaapstad in ’n skietvoorval getref is. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Lyell se dood word nou moordondersoek
Die geregtelike ondersoek na Eric Lyell (60), prokureur van Vereeniging, se dood is Maandag na ’n moordondersoek verander. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Studente laat vaar staking by Unisa
Die VSR van Unisa het sy staking van registrasie afgelas nadat hy Saterdag ’n ooreenkoms met die universiteit gesluit het. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Wysigingswetsontwerp moet terug parlement toe, sê DA
Die DA gaan pres. Cyril Ramaphosa versoek om die Wysigingswetsontwerp op die Kieswet wat verlede week deur die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) aanvaar is, na die parlement terug te verwys. Politiek (14-01-2019)
Netwerk24 Seekoei dwaal in Nelspruit rond
’n Jong kêrel het Sondagaand Nelspruit ingevaar op soek na avontuur. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Nobelprys-wenner oor ras-uitlatings gekap
Die Nobelpryswenner en sogenaamde vader van DNS is weens sy omstrede stellings oor ras en intelligensie van sy eretitels gestroop. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 15 dood in Iranse vliegongeluk
Net een van 16 passasiers aan boord van ’n militêre vragvliegtuig het Maandag ’n ongeluk, wes van Teheran, in onweer op die aanloopbaan oorleef. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Winkel in Bfn brand nadat olie vlamvat
Die Spar-winkel in die Preller Plein-inkopiesentrum in Bloemfontein was Maandagoggend in ’n rookwolk gehul nadat ’n brand in die kombuis ontstaan het. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 ‘Polisielid’ vas wat man glo in Bfn beroof
’n Jong man van Jagersfontein is in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hy homself glo as ’n polisiebeampte voorgedoen en ’n man beroof het. Nuus (14-01-2019)
Maroela Britse burgemeester sterf in SA
Nigel Gawthrope (61) en sy vrou, Jenny, was met vakansie in Suid-Afrika en sou van hier af in Mosambiek gaan duik het. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Gemoedere loop hoog agter geslote deure
Gemoedere het Maandag glo hoog geloop agter geslote deure waar die MRK met die Laerskool Schweizer-Reneke in Noordwes se beheerliggaam vergader het. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Radebe neem waar as SA president
Jeff Radebe, minister van energie, is aangestel as waarnemende staatshoof terwyl pres. Cyril Ramaphosa in die buiteland is. Politiek (14-01-2019)
Netwerk24 Man het nog nie gepleit
Die 34-jarige man wat na bewering op Oujaarsaand ’n noodfakkel in die Overstrand- munisipale gebied afgeskiet en die verwoestende brande in die streek veroorsaak het, het Maandag weer vlugtig in die … Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 So ry die pendelaars amper kaalbas so
Pendelaars in Londen, Engeland, het hul broeke Sondag laat waai sodat hulle amper kaalbas op die moltrein kan ry. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Franse president inisieer nasionale debat
Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het ’n nasionale debat as teenvoeter vir die sogenaamde geelbaadjie-onluste begin. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Demokrate waarsku Trump oor dwarsboming
Die Demokratiese voorsitters van drie komitees van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het pres. Donald Trump teen enige moontlike poging tot dwarsboming van die gereg gewaarsku. Nuus (14-01-2019)
Maroela ‘Groot bespiegeling’ ná sakeman se lyk in rivier gevind word
“Hy was ʼn fenomenale sakeman en ʼn fenomenale prokureur met wie ʼn mens nie gemors het nie.” Nuus (14-01-2019)
Maroela Nuuskommentaar: Prômisses, prômisses, want dis verkiesingstyd
Verskeie faktore gaan bepaal of die ANC in die komende algemene verkiesing 65% van die stemme gaan trek en of daar te veel los drade is wat vir Ramaphosa kan kniehalter. Nuus (14-01-2019)
Maroela Gr. 8-leerder sterf toe bus omslaan
“Gideon was die naweek in Steelpoort en was op pad terug na Middelburg waar hy in die koshuis is.” Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 6 maande oue Leah verloor stryd teen siekte
Leah “Lielie Muis” de Jager van Port Elizabeth, wat aan ’n ernstige immuniteitsgebrek gely het, is Maandagoggend dood. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Help Wuppertal, vra Morawiese Kerk
Die leierskap van die Morawiese Kerk sê die voorlopige raming vir die herstel van sy geboue in die sendingstasie in Wuppertal is R20 miljoen. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Burgemeester met mes aangeval op konsert in Pole
Die burgemeester van ’n dorp in Pole is in ’n ernstige toestand in die hospitaal nadat hy Sondagaand op die land se grootste liefdadigheidskonsert met ’n mes gesteek is. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Cambridge-burgemeester sterf in SA
Nigel Gawthrope, burgemeester van Cambridge in Engeland, is in Suid-Afrika dood. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 2 Mans vas nadat konstabel doodgeskiet is
Twee mans is in hegtenis geneem nadat ’n polisielid, wat van diens af was, Sondagaand in Gugulethu, Kaapstad, doodgeskiet is. Nuus (14-01-2019)
Maroela Tiener kan arm verloor ná slangbyt
“Rian het na haar kamer toe gegaan en die duvet opgelig, toe spoeg die kobra hom.” Nuus (14-01-2019)
Maroela Overberg-brande woed steeds op plekke
By Bettiesbaai, waar die krag- en watertoevoer nog nie herstel is nie, is die brand bedwing en duur opruimingswerk vandag voort. Nuus (14-01-2019)
Maroela Lielie Muis ‘is veilig by Jesus’
“Ons harte is bitter seer, maar ons weet sy is veilig in Jesus se hande. Rus sag kleine Lielie Muis. Almal gaan jou mis.” Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Lion Air-vliegtuig se vlugopnemer gevind
Die vlugopnemer van die Boeing 737 MAX van die Lion Air-lugdiens wat meer as twee maande gelede in die see by Java neergestort is gevind. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Brand langs N2 by Botrivier onder beheer
Die brand by Botrivier in die Overberg het Maandagoggend geen risiko vir motoriste op die N2-hoofweg ingehou nie en die pad is dus oop vir verkeer. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Situasie vreedsaam in Schweizer voor ondersoek
Toestande by die Laerskool Schweizer-Reneke in Noordwes was Maandagoggend vreedsaam terwyl die skool op amptenare van die provinsiale onderwysdepartement gewag het. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 1 dood, 5 beseer toe voertuig in Durban rol
’n Man in sy 50’s is dood en vyf ander mense is beseer toe ’n ligtehandelsvoertuig Sondag omstreeks 22:00 naby Kloof in Durban op die M13-hoofweg gerol het. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Maak die regering oop, vra Republikeinse senator
’n Republikeinse senator na aan pres. Donald Trump van Amerika het ’n beroep op Trump gedoen om die departemente van die federale regering wat gesluit is tydelik te heropen. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Withuis oorweeg glo aanval teen Iran
Die Withuis se nasionale veiligheidsraad het die Pentagon glo gekontak en gevra dat hy planne moet regkry vir ’n moontlike aanval teen Irak. Nuus (14-01-2019)
Maroela Polisie maak deurbraak in lughawe-agtervolgings
Die Gautengse polisie sê hy het ʼn reusedeurbraak gemaak in die afgelope paar weke se gevalle waar reisigers van die OR Tambo-lughawe af agtervolg en beroof is.  Nuus (14-01-2019)
Maroela Man vas vir verkragting, moord op 9-jarige
Die meisie is op 17 Augustus verlede jaar as vermis aangemeld en haar liggaam is die volgende dag deur ʼn verbyganger gevind in ʼn veld langs die Goue Hoofweg. Nuus (14-01-2019)
Maroela Ma van kritieke 2-jarige gevind
Die ma van die tweejarige dogtertjie wat verlede week met kritieke beserings by die Motherwell-kliniek in die Oos-Kaap afgelaai is, is opgespoor. Nuus (14-01-2019)
Netwerk24 Bothaville word vullishoop, sê DA
Die mieliehoofstad van Suid-Afrika is besig om in die vullishoofstad te verander en Bully Bothma, DA-raadslid, sê die plaaslike munisipaliteit is verantwoordelik vir dié verval. Nuus (14-01-2019)