Netwerk24 Man verdrink toe hy gestremde uit see wil red
’n Man van Mitchells Plain het Woensdagmiddag in die see by die Wolfgat-natuurreservaat in Valsbaai verdrink toe hy ’n gestremde meisie wou red. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Skoolhoof hou sy lyf James Bond
Ondanks sy hoogtevrees het Chris Denysschen met ’n swierige valskermsprong hom Woensdag aan die leerlinge bekend gestel. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Supra op Noordwes se lys vir parlement
Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes, kan moontlik ná die verkiesing in Mei ’n parlementslid word. Politiek (09-01-2019)
Netwerk24 Woolies sê jammer aan entrepreneur van baba-drasak
Woolworths het Woensdag erken daar is treffende ooreenkomste tussen die baba-drasak wat hy verkoop en die ontwerp van ’n entrepreneur wat hom van nabootsing beskuldig. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Medestigter van porno-webwerf in Seoel kry 4 jaar
’n Medestigter van een van Suid-Korea se grootse pornografiewebwerwe is Woensdag vir vier jaar tronk toe gestuur. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Onweer hou Ramaphosa weg van kerkdiens
Pres. Cyril Ramaphosa het nie Woensdag, soos beplan, opgedaag by ’n kerkdiens wat noordwes van Durban gehou is nie. Politiek (09-01-2019)
Netwerk24 Brexit-druk op May neem net toe
Theresa May se regering het net drie dae om met ’n plan B vorendag te kom as die Britse parlement nie haar Brexit-planne wil goedkeur nie. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Staatsgrond dalk teen onteiening beskerm
Die regering wil dalk die onteiening van staatsgrond byna onmoontlik maak, sê prof. Elmien du Plessis, ’n regskenner van die Noordwes-Universiteit. Politiek (09-01-2019)
Netwerk24 ANC-geleentheid val plat, mense daag net nie op nie
’n Middagete-geleentheid in Umlazi, suid van Durban waar pres. Cyril Ramaphosa volgens plan so opdaag, het platgeval toe die skare jongmense wat hom na verwagting by die eetplek sou wees nooit … Politiek (09-01-2019)
Netwerk24 Ramaphosa kasty jeugliga
Pres. Cyril Ramaphosa het die ANC-jeugliga Woensdag getugtig omdat dié been van die party “uit voeling is” met die kwessies wat jong mense by instellings van hoër onderwys raak. Politiek (09-01-2019)
Netwerk24 Afleweraar masturbeer nadat hy kos aflewer
’n Afleweraar is deur die maatskappy Mr D Food afgedank nadat hy buite ’n kliënt se huis gemasturbeer het. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Maimane se wens vir sy gr. 1-seuntjie
Die DA-leier Mmusi Maimane en sy vrou, Natalie, se jongste kind, Daniel, het Woensdag met gr. 1 begin. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Eerste skooldag verloop vlot in Wes-Kaap
Die eerste dag van die 2019-skooljaar het Woensdag glad verloop in die Wes-Kaap, behalwe vir ’n paar trane hier en daar by die outjies wat vir die eerste keer skool toe is. Nuus (09-01-2019)
Maroela Ramaphosa het meer as een deuntjie in KZN
Toe die president sy toespraak voltooi, het die skare “Zuma, Zuma, Zuma” gedreunsing en geen twyfel oor hul voorkeur gelaat nie. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Ouers ‘moet vanjaar reg stem vir kinders se toekoms’ – Maimane
Suid-Afrikaners moet vanjaar stem om te verseker dat alle kinders wat Woensdag met graad een begin het, oor twaalf jaar matriek voltooi én enigiets kan word wat hulle wil, meen Mmusi Maimane, … Politiek (09-01-2019)
Maroela Dapper gr. 1’s skool toe ondanks onluste
“Ons het nie tyd gehad om die tuin reg te maak nie, maar die belangrikste is dat die leerders kan begin werk.” Nuus (09-01-2019)
Maroela ‘Dros-verkragter’ moontlik getik
Die NVG het die poeier wat by hom gekry is, forensies laat ontleed en vasgestel dat dit tik is. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Rasseherrie oor swart en wit kinders apart in klas
Prof. Job Mokgoro, premier van Noordwes, sê hy is geskok oor foto’s op sosiale media wat oënskynlik dui op aparte sitplekke vir wit en swart leerlinge in ’n klas van die Laerskool Schweizer-Reneke. Nuus (09-01-2019)
Maroela Moordklag teen oupa ná skietery ‘kommerwekkend’
“Dit is kommerwekkend dat daar in die jongste tyd voorbeelde was van uitsprake wat die indruk skep van politieke uitsprake en nie meriete-uitsprake nie.” Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Manyi sluit aan by ATM
Die wedloop tot die opkomende nasionale en provinsiale verkiesing het Woensdag weer op die voorgrond getree met Mzwanele Manyi se aankondiging dat hy sy gewig agter ’n nuwe politieke party ingooi. Politiek (09-01-2019)
Maroela Arres van Mosambiek se oudminister van finansies wél wettig
“Dis ʼn ingewikkelde saak veral wanneer hoëprofiel-individue betrokke is.” Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Nie bang haar op die kop
Met die aanbreek van die nuwe skooljaar het baie ouers hul kinders vir die eerste keer by die “groot” skool in die Oos-Kaap afgelaai. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Opruimingswerk begin ná treinongeluk in Pretoria
Die Mountain View-treinstasie in Pretoria was Woensdag gesluit terwyl opruimingswerk begin het ná Dinsdag se noodlottige treinongeluk. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Man kry plastiekdraadjie in rooiworsie
Toe Elridus Grobler aan die laaste worsie in ’n pakkie Weense worsies smul, het hy skielik besef daar is nie net vleis tussen sy tande nie. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Cyril wens nuwe president van Madagaskar geluk
Pres. Cyril Ramaphosa het Andry Rajoelina, Madagaskar se nuwe president, Woensdag met sy verkiesing gelukgewens. Politiek (09-01-2019)
Netwerk24 323 moet nog plek kry in Noord-Kaap
Die Noord-Kaapse departement van onderwys sê hy moet nog plek vir 323 gr. 1- en gr. 8-leerlinge in skole vind, die meeste van hulle in die Frances Baard-distrik. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Woensdag, 9 Januarie 2019
As jy vandag te besig was om op hoogte te bly van die jongste nuus, moenie vrees - hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuushoogtepunte. Nuus (09-01-2019)
Maroela Onwettige myners vas ná skietery
Al ses verdagtes wat ná die skietery aangekeer is, is buitelanders. Nuus (09-01-2019)
Maroela Regering se oudsegsman loop oor na ATM
Hy sê hy het tot die gevolgtrekking gekom dat die ANC “moeg en uitgeput” is. Nuus (09-01-2019)
Maroela Woolies ‘jammer’ oor bababuidel
“Ons het Shannon McLaughlin [die stigter van Ubuntu Baba] persoonlik opreg verskoning gevra.” Nuus (09-01-2019)
Maroela Staat sal moeilikheidmakers vasvat, sê minister
“Sodra enige wet of regulasie oortree word, moet daar geen huiwering wees om die veiligheidsmagte te ontbied en die orde te herstel nie.” Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Leerlinge van elders weggejaag by skole
Ouers in Gautengse woongebiede waar daar hoofsaaklik bruin mense woon, het Woensdag leerlinge van ander gebiede weggejaag omdat kinders van die omgewing nie plek in plaaslike skole gekry het nie. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Dit brand steeds in omgewing van Kogelbaai
Die brand in die omgewing van die Kogelbaai-natuurreservaat is Woensdag gekeer voordat dit verder in die Steenbras-opvangsgebied kon versprei. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Storms rig skade aan in Gauteng, Limpopo
Sterk rukwinde en reën het Dinsdagaand skade in Johannesburg en in dele van Limpopo aangerig. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Name bekend van 5 wat in botsing op N2 sterf
Die ma, haar drie kinders en ’n Sweedse toeris wat Dinsdag in ’n trompop-botsing op die N2 tussen Wildernis en Sedgefield in die Suid-Kaap gesterf het, is geïdentifiseer. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Graadeentjies jaag ouers vroeg uit vere
Die graadeentjies van die Laerskool Brandwag en die Laerskool Sentraal in Bloemfontein skrik nie vir vroeg opstaan, ’n skooluniform of huiswerk nie. Nuus (09-01-2019)
Maroela Die wêreld in foto’s – 9 Januarie 2019
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Vroue ouer as 50 j. ‘onsigbaar’ vir hom, sê skrywer
Die Franse skrywer wat gesê het hy is nie in staat om vroue van ouer as 50 jaar lief te hê nie en hulle is onsigbaar vir hom, het ’n storm op sosiale media ontketen. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 28 000 spoedoortredings in George
Sowat 28 000 spoedoortredings is sedert Desember 2018 met vaste en mobiele spoedkameras in George vasgelê. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Saak teen vermeende N1-skieter uitgestel
Chefon Peters het Dinsdag in die hof verskyn in verband met die moord op Anthony “Lippe” Saaiman (28) wat in Desember verlede jaar naby die Plattekloof-afrit op die N1 in Kaapstad doodgeskiet is. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Steenhuisen erken 2018 was moeilik vir DA
John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het Woensdag erken 2018 was ’n moeilike jaar vir dié party. Politiek (09-01-2019)
Netwerk24 Vermeende ontvoerder bly agter tralies
Die vermeende ontvoerder van klein Nefrin Roberts (3) sal nou eers later kan aansoek doen om borgtog nadat haar aansoek Woensdag in die landdroshof in Port Elizabeth uitgestel is. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Vrou met skêr in kop wil nou klag indien
ONTSTELLENDE FOTO: Afgesien van haar hoofpyne en die steke in haar kop het ’n vrou t, wat ’n aanval met ’n skaapskêr oorleef het, geen ander beserings opgedoen nie. Nuus (09-01-2019)
Maroela Verbod op invoere uit SA weens bek-en-klouseer
Gekloofde hoefdiere vanuit Suid-Afrika mag ook nie Botswana lewend binnegebring word nie. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 ‘ANC wil nie staatsgrond afstaan’
Die ANC het stil-stil in die hersiene onteieningswet ’n artikel bygevoeg wat dit net moontlik maak om staatsgrond sonder vergoeding te onteien as die betrokke uitvoerende gesag daartoe instem. Politiek (09-01-2019)
Netwerk24 Van ‘moenie loop nie, Pa’ tot ‘gaan nou, Ma!’
Van haasbekkies wat aan Mamma se rokspante vasklou, ’n klompie wie se juffrou hul trane afvee, tot dié wat nie kon wag vir Mamma en Pappa om tot siens te sê nie. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Chang is wettig aangekeer, beslis hof
Die landdros se woorde was skaars koud of Manuel Chang se regsverteenwoordiger het nóg ’n aansoek voor die hof gebring. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 2 beseer toe vragmotors bots
Twee bestuurders is beseer toe twee vragmotors op ’n grondpad tussen Moorreesburg en Gouda in die Wes-Kaap gebots het. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Man lek deurklokkie 3 uur lank
’n Man wat Saterdag drie uur lank aan ’n huis se deurknoppie gelek het, het boonop in die mense se tuin geürineer, berig die Mail Online. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Kliniekbaas bedank nadat vrou in koma baba kry
Die baas van ’n kliniek in Amerika het bedank nadat ’n vrou wat al vir meer as ’n dekade in ’n koma is, die lewe aan ’n babaseun geskenk het. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Waar is premier se regtervoet?
Baie mense het twee linkervoete wanneer hulle dans, maar die premier van Australië pronk met twee linkervoete op sy amptelike webtuiste. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Weerman afgedank ná ‘rassistiese’ aanmerking op TV
’n Weervoorspeller in Amerika is afgedank nadat hy glo ’n rassistiese aanmerking op die lug gemaak het. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Blunden-saak uitgestel
Die hofsaak van Shaun Blunden (52), wat op aanklagte van poging tot moord, intimidasie en saakbeskadiging teregstaan, is Woensdag in die landdroshof in Port Elizabeth uitgestel sodat al die nuwe … Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Min trane op 1ste skooldag
Nie eens die reënweer kon Woensdag ’n demper plaas op gr. 1’s se eerste skooldag in die Suid-Kaap nie. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Veiligheid by Weskoppies opgeskerp
Bykomende veiligheidsmaatreëls is glo getref vir Nicholas Ninow (20) se verblyf in die Weskoppies Psigiatriese Hospitaal in Pretoria waar hy die volgende 30 dae sal deurbring. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Staat betoog Chang is nié onwettig gearresteer
Manuel Chang is nié onwettig in hegtenis geneem nie, want Interpol “het nie ’n lasbrief nodig” om iemand in hegtenis te neem nie. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Bishop Lavis-skool eis dat WKOD gehoor gee
Lede van die Bishop Lavis-gemeenskap het die Wes-Kaapse onderwysdepartement 48 uur gegee om aan hul eise vir meer onderwysers gehoor te gee. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Daar moet dringend nuwe skole gebou word
Terwyl sowat een miljoen graadeens Woensdag hulle skoolloopbane by skole oor die land heen begin het, sit duisende ouers in Gauteng met die hande in die hare. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Van snesies tot glimlagte vir groentjies
Of dit met ’n snesie in die hand en ogies wat rooi gehuil is, of vol bravade met ’n boeksak vol nuwe inkleurkryt is, het 2019 se eerste skooldag vir gr. 1’s nie teleurgestel nie. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Rowers steek hond dood, beroof bejaarde
Twee rowers het glo ’n hond in ’n erf in Port Elizabeth doodgesteek, vermoedelik om toegang tot ’n 83-jarige vrou se woonstel te kry. Nuus (09-01-2019)
Maroela Vrou vas ná sy lieg oor ‘kantoorrooftog’
Volgens die polisie word daar gevind dat mense dikwels valse klagte indien oor beweerde “straatrooftogte” of “diefstal uit voertuie” wanneer hulle selfone of skootrekenaars verloor omdat hulle bang… Nuus (09-01-2019)
Maroela Jong Gautenger derde keer onder mes ná slangbyt
KJ is baie moeg en het vir die eerste keer sedert Maandagnag geslaap. Nuus (09-01-2019)
Maroela Naka praat ná aanval: ‘Jy vat dit dag vir dag’
“Ons het net klaar gebraai en die vleis op die tafel neergesit. Die volgende oomblik skree iemand skielik: Nee! Nee! Nee! Toe ek omdraai, staan al vier daar met traangas en probeer ons spuit.” Nuus (09-01-2019)
Maroela Vrou sal skuld ontken ná kleuter se ontvoering
Die driejarige seuntjie is verlede week glo ontvoer van ʼn strand in Summerstrand toe hy saam met sy ouma vir sy ma gewag het. Nuus (09-01-2019)
Maroela Kenners ondersoek massastranding van dolfyne
Bloed het by van die dolfyne se bekke uitgekom, terwyl van hulle gelyk het asof hulle van die vel aan hul lyf verloor het. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Protes oor geld op kampusse 'gevaarlik'
Alle universiteite sal vanjaar ’n vooruitbetaling ontvang om registrasiegeld en toelaes vir veral kwalifiserende arm en werkersklasstudente te dek, sê Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en … Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Geen bewyse van siekte, sê kenner
Daar is tans geen bewyse dat siektes die oorsaak is van die massastrandings van dolfyne wat op die Woody Cape-strand naby Alexandria plaasvind nie. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Bekkige graadeentjies is reg vir hul skoolloopbaan
Die Laerskool Anton van Wouw in Pretoria spog vanjaar met aspirant pastore, sokkerspelers, entrepreneurs en dokters onder die nuwe graadeentjies. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Mthembu verwerp kritiek oor jongste se skool
Jackson Mthembu gaan nie sy vreugde as “trotse” pa en ouer laat demp deur kritiek omdat sy seun sy eerste skooldag aan die Laerskool Nelspruit begin het nie. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Chang ‘veg’ voort teen sy aanhouding, uitlewering
Manuel Chang het verder in die landdroshof in Kempton Park geveg teen sy aanhouding en moontlike uitlewering aan Amerika om daar vervolg te word. Nuus (09-01-2019)
Maroela Video: Skoolhoof valskermspring eerste skooldag binne
Dit was ’n dag van vele eerstes toe die Hoërskool Waterkloof Woensdagoggend heropen. Nuus (09-01-2019)
Maroela Onnie dag voor nuwe skooljaar doodgeskiet
Inwoners het gehoor hoe skote afgevuur word, ondersoek ingestel en die onderwyseres se liggaam op die grond aangetref. Nuus (09-01-2019)
Maroela Blaam verskuif ná noodlottige treinongeluk
Terwyl die minister van vervoer kabeldiefstal blameer vir Dinsdag se noodlottige treinongeluk in Pretoria meen die vakbond Untu dit is hy en Prasa wat moet pa staan vir die ongeluk. Nuus (09-01-2019)
Maroela Man vas ná dreigemente aan Gautengse gesin
Die persoon wat die dreigboodskappe gestuur het, het ʼn deeglike kennis van die gesin se bewegings gehad, geweet waar die slagoffer se kinders skoolgaan én waar sy vrou werk. Nuus (09-01-2019)
Maroela ‘Dros-verkragter’ moet vir 30 dae geëvalueer word
Die beskuldigde sal vir 30 dae deur ʼn span van drie psigiaters en een sielkundige geëvalueer word. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Kêrel skiet glo onnie, toe homself buite Tzaneen
’n Onderwyseres van ’n laerskool buite Tzaneen is Dinsdag vermoedelik deur haar kêrel doodgeskiet. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Só lyk vermeende Dros-verkragter in hof
Nicholas Ninow se kop is nou kaalgeskeer. Hy het skaars opgekyk terwyl hy in die beskuldigdebank gestaan het. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Mense buig in aanbidding voor eenoog-kalf in Indië
In dié land is eenoog koning! Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Saoedi-tiener kry asiel
Die Saoedi-Arabiese (18) tiener wat haarself in ’n hotel in Bangkok toegesluit het omdat sy nie huis toe wou gaan nie, het asiel gekry. Nuus (09-01-2019)
Maroela Parlementêre komitee hou oog oor studente se registrasie
Alle studenteleiers behoort hulle daarop in te stel om die hoëronderwyssektor tot almal se voordeel te bevorder, veral arm studente s’n. Nuus (09-01-2019)
Maroela Een dood, een gewond in skietery met polisie
Die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens, balaklawas en die voertuig wat vermoedelik gekaap was. Nuus (09-01-2019)
Maroela Geen einde aan Kaapse brand in sig
“Enige brand wat teen die berghange voorkom, is moeilik om te bedwing.” Nuus (09-01-2019)
Maroela Talle Pretorianers sonder krag weens storm
“Al ons spanne werk onverpoos en spoedig om diensleweringsprobleme op te los wat deur stormweer veroorsaak is.” Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Ninow na Weskoppies direk ná hofverskyning
Nicholas Ninow (20) is Woensdagoggend ná sy verskyning in die landdroshof in Pretoria direk na die Weskoppies- psigiatriese hospitaal geneem. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Speurder vrees vir sy lewe
’n Senior speurder in die polisie wat vrees dat sy lewe en dié van sy gesin in gevaar is, het glo in ’n beëdigde verklaring gevra dat polisiebeamptes verbonde aan die Wes-Kaapse … Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Woede ná sinkgebou uit Boereoorlog gevandaliseer is
’n Herrie het ontstaan nadat ’n gebou wat uit die beleg van Kimberley in die Anglo-Boereoorlog dateer deur “onwettige” bouwerk en vandalisme vernietig is. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 ‘Moedertaal, kennis, werk Afrikaanse skole se sukses’
Die matriekslaagsyfer van Afrikaanse skole is 86,9% teenoor die landwye slaagsyfer van 78,2%, sê Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS). Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Rassisme, skreeu Preller-verdagte in hof
’n Woedende gewese advokaat wat by die opspraakwekkende moord op Louis Siemens betrek word, het die staatsaanklaer en ’n staatsgetuie Dinsdag in die landdroshof in Bloemfontein van rassisme beskuldig. Nuus (09-01-2019)
Maroela Man blind ná gru-ongeluk: ‘Ons lewe het handomkeer verander’
“Ons het nooit gedink dat dit met ons sou gebeur nie.” Nuus (09-01-2019)
Maroela Nuuskommentaar: Kyk Ramaphosa in regte rigting, maar vat die verkeerde spoor?
Die redenasies om “vir Ramaphosa te stem” is ’n politieke foefie in dieselfde dampkring as “moenie jou stem op ’n klein partytjie vermors nie” of “leen ons jou stem”. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Dis erge misbruik
’n Regter in die grondeisehof het ’n strafkostebevel teen die staat uitgereik in ’n saak wat hy beskryf het as growwe misbruik van die grondhervormingsproses. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Miljoene se herstelwerk ná treinbotsing begin
Die Metrorail-treindienste tussen die Mountain View- en Pretoria Noord-stasie is steeds gesluit nadat ’n trein Dinsdag teen ’n stilstaande trein gebots het. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Pad steeds gesluit terwyl brand woed
Motoriste wat van die R44 gebruik maak, sal maar liefs ’n ompad moet vat omdat die brand by Kogelbaai in die Wes-Kaap steeds woed. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Heathrow-lughawe weer oop
Die Heathrow-lughawe in Londen se vlugte het weer hervat nadat die lughawe aanvanklik Dinsdagaand vlugte gestaak het toe ’n hommeltuig by dié lughawe opgemerk is. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 'Skrap registrasie-geld of daar is protes'
Studente-organisasies dreig om die registrasieproses by universiteite landwyd met protesoptogte te ontwrig as daar nie gehoor gegee word aan hul eise om onder meer registrasiegeld te skrap nie. Nuus (09-01-2019)
Netwerk24 Trump vra weer vir miljarde vir grensmuur
Pres. Donald Trump het Dinsdag Amerikaanse tyd ’n beroep op die Amerikaanse kongres gedoen om vir hom $5,7 miljard te gee sodat hy ’n grensmuur tussen Amerika en Mexiko kan bou. Nuus (09-01-2019)
Maroela ‘Dros-verkragting’: Beskuldigde glo op pad na Weskoppies
“Tot ons ontsteltenis gebruik die man nou waansin as ʼn versagtende faktor vir die beweerde verkragting van die sewejarige meisietjie.” Nuus (09-01-2019)
Maroela Skade van Pretoria-treinongeluk sowat R21 miljoen
“Die onvoorsiene reënweer Dinsdagmiddag het ʼn negatiewe uitwerking gehad op die werk om die ongelukstoneel op te ruim en die werk sal vanoggend voortgesit word.” Nuus (09-01-2019)
Maroela Verlate babaseun se ouers gesoek
Die een week oue babaseuntjie is deur ʼn verbyganger gevind nadat hy gehoor het hoe ʼn baba uit die bosse langs die treinspoor huil. Nuus (09-01-2019)
Maroela Man ernstig beseer toe boom op hom val
Terwyl Gautengse motoriste Dinsdagmiddag in swaar reën hul pad huis toe moes vind, is ʼn 55-jarige voetganger ernstig beseer toe ʼn groot boom op ʼn sypaadjie in Randburg op hom omgeval het. Nuus (09-01-2019)