Netwerk24 Zuma se verloofde sê sy het nie Twitter-rekening
Oudpres. Jacob Zuma se verloofde en die ma van sy jongste seun het op Instagram ontken dat die opspraakwekkende Twitter-rekening wat onder haar naam geskep is aan haar behoort. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 2de van 6 ontsnaptes vasgetrek
Nog een van die ses mans wat in Desember uit ’n aanhoudingsel by die Hartbeespoortdam-polisiekantoor ontsnap het, is vasgetrek. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Heathrow-vlugte hervat ná hommeltuig-waarskuwing
Brittanje se bedrywigste lughawe, Heathrow, is Dinsdagmiddag vir sowat ’n uur lank gesluit nadat ’n hommeltuig naby die lughawe gesien is. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Trump gaan regstreeks pleit vir muur met Mexiko
Pres. Donald Trump stel Woensdagoggend vroeg Suid-Afrikaanse tyd sy saak oor die muur wat hy op die suidelike grens tussen Amerika en Mexiko wil bou. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Nog ’n Brexit-struikelblok vir May
Die Britse premier, Theresa May, se regering het Dinsdagaand ’n loesing gekry toe parlementslede nóg ’n struikelblok vir May se Brexit-planne geskep het. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Vlieëniers sterk aan ná sweeftuig-ongeluk in Bfn
Die twee Britse vlieëniers wat ernstig beseer is toe hul sweeftuig by die Tempe-lughawe naby Bloemfontein geval het, se lewe is buite gevaar. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Meisie (12) nog in hospitaal ná bus, motor bots
’n Meisie (12) wat ernstig beseer is toe die motor waarin sy was en ’n passasiersbus gebots het, is in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Familie hoop geregtigheid geskied ná dood van 4 kinders
Die ma van Emalahleni, Mpumalanga, wat na bewering haar vier kinders vergiftig het, het nie Dinsdag hul begrafnis bygewoon nie. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Rob vrek ná hy in visnet verstrengel was
’n Rob is dood nadat hy met ’n stuk visnet om die nek op ’n strand naby Hartenbos in die Suid-Kaap gevind is. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 16 dolfyne vrek in nog ’n massastranding in Oos-Kaap
Minstens 16 dolfyne het gevrek in die jongste massastranding op die Woody Cape-strand aan die Oos-Kaapse kus naby Alexandria. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Ondersoek begin oor dokumente wat weggegooi is
Daar is met ’n dringende ondersoek begin nadat duisende vertroulike dokumente met inligting van aansoekers vir maatskaplike toelae daarop, in ’n stuk veld in Thaba Nchu naby Bloemfontein gevind is. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Man ernstig beseer toe boom op hom val
’n Man van 55 jaar is Dinsdagmiddag ernstig beseer toe ’n boom in reënweer op hom geval het terwyl hy in Malibongwerylaan in Randburg, Johannesburg, geloop het. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Gautengers gemaan oor swaar reën
Die Suid-Afrikaanse weerdiens waarsku Gautengers om Dinsdagaand tot omstreeks 23:00 aanhoudende reënval met moontlike gepaardgaande oorstromings en hael te verwag. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Sonskyn verwag wanneer toets op Wanderers begin
Hoewel die noorde van die land die afgelope twee weke wyd goeie reën en donderstorms beleef het, lyk die vooruitsig vir die res van die week en die naweek heelwat droër. Dus ideaal vir ’n paar dae … Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Departement bied hulp vir voornemende studente
Voornemende eerstejaarstudente wat aansoek gedoen, maar nie plek by universiteite van hul keuse gekry het nie, word aangemoedig om van die departement van hoër onderwys en opleiding se sentrale … Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Bestuurder verwissel van baan voor trompop-botsing
Die bestuurder van ’n Toyota Etios wat in ’n trompop-botsing met ’n Volkswagen Caravelle-minibus op die N2 naby Sedgefield betrokke was, het na bewering beheer oor die motor verloor toe sy van baan … Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Cyril ontken onenigheid met Zuma in radio-onderhoud
Pres. Cyril Ramaphosa het ontken dat daar onenigheid tussen hom en oudpres. Jacob Zuma is. Politiek (08-01-2019)
Maroela Ramaphosa: ‘Fase van versnelde grondhervorming kom’
Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag gesê Suid-Afrika betree nou ʼn nuwe fase van “versnelde grondhervorming”. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Die Groot Gat-hond ‘soos engel na ons gestuur’
Kimberleigh, die hond wat vyf jaar gelede deur kapt. John Seeley uit Kimberley se Groot Gat gered is, was soos ’n “engel” wat na die Seeley-gesin gestuur is. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Heathrow toe weens hommeltuig
Alle uitgaande vlugte is by die lughawe Heathrow in Londen gestaak nadat 'n hommeltuig naby die lughawe gesien is, berig Reuters. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 ‘Toe hoor ek net BOEM!’
Daar is familielede wat weet hul geliefdes het Dinsdagoggend op die trein geklim op pad werk toe. Nuus (08-01-2019)
Maroela Gautengse skole gereed: 16 000 nog nie geplaas
Terwyl Gautengse skole gereed maak om Woensdag ʼn groot aantal nuwe leerders te ontvang het meer as 16 000 leerlinge nog nie plek in ʼn skool nie. Nuus (08-01-2019)
Maroela Foto’s: R700 m. se dwelms op vragskip gevind
Die klopjag is gedoen nadat inligting van Interpol ontvang is rakende ʼn vragskip wat kokaïen van Brasilië na Suid-Afrika vervoer. Nuus (08-01-2019)
Maroela Nog ʼn ontsnapte aangekeer voor hy landuit is
Twee van die ontsnaptes word verbind met die moord op die boer Dries Botha. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Ons werk nog goed saam
Die regering sal ’n beleid van onteiening van grond sonder vergoeding deurvoer “of mense daarvan hou of nie”, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag gesê. Politiek (08-01-2019)
Netwerk24 Dinsdag, 8 Januarie 2019
As jy vandag te besig was om op hoogte te bly van die jongste nuus, moenie vrees - hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuushoogtepunte. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 ANC-veteraan net so oud soos sy party
’n ANC-veteraan wat vanjaar, soos sy party, ook sy 107de verjaardag vier, is Dinsdag met ’n middagete en ’n verjaardagkoek deur Noord-Kaapse ANC-leiers onthaal. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Dís hoekom CR hand uitsteek na Zuma – kenners
Dit was belangrik vir pres. Cyril Ramaphosa, die ANC-leier, om Dinsdag op die ANC se 107de verjaardagvieringe in Inanda buite Durban klem te lê op eenheid in die ANC, sê die politieke ontleder Ralph … Politiek (08-01-2019)
Netwerk24 Polisie skiet verdagte in Modderfontein dood
’n Verdagte is Dinsdagmiddag doodgeskiet en nog een gewond in ’n skietery tussen polisielede en vermeende kapers in Modderfontein aan die Oos-Rand. Nuus (08-01-2019)
Maroela ‘Skok en magteloosheid’ oor uitbreking van bek-en-klouseer
“Suid-Afrika het hard gewerk om weer ons bek-en-klouseer‑ vrye status terug te kry. Dis nou weer opgeskort en niemand sal kan sê wanneer die gebied weer vry verklaar sal word nie.” Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Winkel sluit tydelik ná rot-video
Die Food Lover’s Market in Diepkloof Square, Soweto, het sy deure tydelik gesluit. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Groot steun vir oupa wat inbreker skiet
Die oupa van Grabouw wat verlede week ’n inbreker in sy huis doodgeskiet het om sy familie te beskerm, word oorval deur mense wat vir hom hulp aanbied. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Jaar begin sleg, sê Gautengse LUR
Die eerste oproep wat Ismail Vadi, Gautengse LUR vir vervoer, Dinsdag op sy eerste dag terug op kantoor gekry het, was dat daar ’n treinbotsing in Pretoria met lewensverlies is. Nuus (08-01-2019)
Maroela Die wêreld in foto’s – 8 Januarie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Brandbeskadigde huise op Wuppertal gesloop
Sowat 53 huise en ander geboue wat verlede week op die Morawiese Sendingdorpie Wuppertal aan die Weskus in ’n brand in puin gelê is, gaan vandeesweek gesloop word. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Chang ontken skuld oor bedrog, steeds aangehou
Manuel Chang, ’n voormalige minister van finansies van Mosambiek, word onwettig aangehou en behoort daarom vrygelaat te word, het sy regsverteenwoordiger Dinsdag in die landdroshof in Kempton Park … Nuus (08-01-2019)
Maroela Dringende ondersoek na treinramp gevra
“Ons vra gedurig dat strenger spoorveiligheidsmaatreëls toegepas word aangesien pendelaars se lewe daagliks in gevaar gestel word,” Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Gewapende rowers vlug met kontant, selfone
Die polisie het Dinsdag ’n soektog na ses gewapende rowers van stapel gestuur nadat hulle twee mense by ’n vulstasie op die N1-snelweg naby Modimolle in Limpopo van kontant en selfone beroof het. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 16 000 leerlinge het nog nie plek in skole
Meer as 16 000 leerlinge in Gauteng het Dinsdag, ’n dag voor die begin van die skooljaar, nog nie plek in ’n skool nie. Nuus (08-01-2019)
Maroela Verkiesingskoors eis tol onder politici
“Electionitis”, oftewel verkiesingskoors, se simptome is verhoogde angs by politici, ’n skielike werkywer, behoefte aan mediadekking, die ontstaan van ’n duisternis nuwe partye en ’n geneigdheid by… Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 2 vas wat glo vee steel
Twee verdagtes van onderskeidelik 34 en 39 jaar oud sal Woensdag in die landdroshof in Wolmaransstad in Noordwes op aanklag van veediefstal verskyn. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Man bly in aanhouding weens Bettysbaai se brande
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die Bettysbaai-brande begin het, bly in aanhouding nadat hy Maandag in die landdroshof in Caledon verskyn het. Nuus (08-01-2019)
Maroela Peiling bevind daling in DA-steun
Die marknavorsingsgroep Ipsos Markinor het hul jongste meningspeiling bekend gemaak – en dit lyk nie goed vir die DA nie. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Man (20) verdrink byna naby Plet
’n Twintigjarige man wat byna by Nature’s Valley naby Plettenbergbaai in die Suid-Kaap in die see verdrink het, is in ’n ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal. Nuus (08-01-2019)
Maroela Video: Winkel tydelik gesluit ná rot-voorval
Die maatskappy erken sy standaarde is “duidelik nie in die Diepkloof-winkel gehandhaaf nie”. Nuus (08-01-2019)
Maroela ‘Nasionale slaagsyfer veel laer as dié van Afrikaanse skole’
Volgens die SOS se berekeninge, was die algehele slaagsyfer vir matrikulante in Afrikaanse skole verlede jaar 86,9%, teenoor die nasionale slaagsyfer van 78,2%. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Kiekie snuffel R720 m. se kokaïen uit
Onder honderde skeepsvraghouers, wat ongeveer 30 vlakke hoog staan, is meer as R700 miljoen se dwelms versteek gevind. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Kwadfietsryer in Sederberge beseer
’n Ambulanshelikopter is vroeg Dinsdagoggend na die Sederberge gestuur nadat ’n kwadfietsryer beheer daaroor verloor en geval het. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 2 dood toe voertuig perd tref
Twee mense is dood en nog ’n person ernstig beseer toe hulle Dinsdagoggend op die N2 naby Berlin in die Oos-Kaap met hul voertuig in ’n perd vasgery het. Nuus (08-01-2019)
Maroela Kleuter op verjaarsdag ontslaan ná sy by dood omdraai
Die ouerpaar vertel hul grootste nagmerrie het op 23 Desember by hul huis in Middelburg ’n werklikheid geword. “Sy was dood. Daar was geen hartklop of polsslag nie.” Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Betogers teen rassisme sper paaie in B’spruit
Ondernemings in Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, is Dinsdag gesluit weens ’n betoging teen rassisme wat daar plaasgevind het. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Grond sál sonder vergoeding onteien word, sê Cyril
Grond in Suid-Afrika sal sonder vergoeding onteien word – of mense nou daarvan hou of nie, sê pres. Cyril Ramaphosa. Politiek (08-01-2019)
Netwerk24 Ramaphosa ‘moet werk skep’
Werkloosheid is een van die grootste klagtes wat lede van die publiek geopper het toe pres. Cyril Ramaphosa in Pinetown op straat rondgestap het. Politiek (08-01-2019)
Netwerk24 3 kinders onder slagoffers van N2-ongeluk
Drie kinders tussen die ouderdomme van drie en 14 jaar is onder die vyf mense wat Dinsdag in ’n botsing reg van voor op die N2 tussen George en Knysna dood is. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Vermeende ontvoerder van 3-jarige ontken skuld
Die vermeende ontvoerder van die driejarige Nefrin Roberts het Dinsdag in die landdroshof in Port Elizabeth skuld ontken. Nuus (08-01-2019)
Maroela Foto’s: Treinongeluk eis minstens drie; byna 250 beseer
“Albei treine was op dieselfde spoorlyn vanaf Mabopane in Pretoria se rigting onderweg.” Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Seun (9) dood in motorongeluk in Kaapstad
’n Seun (9) is dood in ’n motorongeluk tussen twee voertuie op Jakes Gerwelrylaan naby Athlone in Kaapstad. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 5 dood in ongeluk op N2 in Suid-Kaap
Vyf mense is Dinsdagmiddag dood in ’n motorongeluk op die N2 by die Swartvlei-brug tussen George en Knysna in die Suid-Kaap. Nuus (08-01-2019)
Maroela Vrou, 3 kinders en toeris sterf op N2
Die ongeluk het omstreeks 12:00 gebeur toe ʼn Toyota Etios en ʼn Volkswagen Caravelle op die Swartvleibrug naby Knysna in George se rigting gebots het. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Zuma se verloofde wys kaal borste op Twitter
Pres. Jacob Zuma se jongste vrou het kaalbors in tradisionele drag op Twitter antwoord gegee nadat haar man onlangs homself ook tot dié platform gewend het. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 ANC in Noordwes se lys uiteindelik klaar
Die openlike verdeeldheid in die ANC in Noordwes kan ’n demper die naweek plaas op die ANC se 107de verjaardagvieringe in Durban. Politiek (08-01-2019)
Netwerk24 Ethiopiërs het meisie glo ontvoer en gemolesteer
’n Ethiopiese vrou verskyn na verwagting in die hof in Bloemfontein nadat sy in hegtenis geneem is op aanklagte van die ontvoering, verkragting en seksuele aanranding. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Uber-bestuurder in VSA beken skuld op moorde
’n Uber-bestuurder in Amerika wat daarvan aangekla word dat hy ses mense doodgeskiet het, het skuld beken. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 SA veroordeel poging tot staatsgreep in Gaboen
Suid-Afrika het die mislukte staatsgreeppoging in Gaboen veroordeel. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Chang ‘onwettig’ agter tralies
Die borgtogaansoek van Manuel Chang is tot Woensdag in die hof in Kempton Park uitgestel, sodat die staat die verdediging se betoë kan bestudeer. Nuus (08-01-2019)
Maroela Herrie oor Woolies glo entrepreneur se ontwerp ‘steel’
“Woolworths het die hele ontwerp en konsep van die buidel waarin ek my hart en siel die afgelope vier jaar gestort het, skaamteloos gekopieer.” Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Kim Jong-oen op sy verjaardag in China
Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, het op sy 35ste verjaardag vir ’n besoek aan pres. Xi Jinping in China aangekom. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Chang-saak regstreeks uitgesaai
Die landdroshof in Kempton Park het toestemming verleen vir die regstreekse uitsending van die borgtogaansoek van Manuel Chang. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Brand in Overstrand woed steeds
Die brand in die Overstrand-distrik het teen Dinsdagoggend steeds gewoed en op plekke reg teenaan Clarence-rylaan (die R44) gebrand. Nuus (08-01-2019)
Maroela Overstrand-brand woed week later steeds
“Ons grondspanne van 80 brandbestryders sal heeldag en deur die nag op die toneel bly.” Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Bek-en-klouseer in Vhembe
’n Gebied in Vhembe in Limpopo is onder kwarantyn geplaas ná ’n uitbreking van bek-en-klouseer. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Soldate kom steeds huis toe, sê Withuis
Die Withuis het Maandag aangekondig dat die Amerikaanse soldate in Sirië steeds uit dié land onttrek sal word. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 20 leerlinge in China in mesaanval beseer
Minstens 20 leerlinge is Dinsdagoggend by ’n laerskool in Beijing, China, beseer nadat ’n man met ’n mes hulle by die skool aangeval het, berig NZ Herald. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 4 mans aangekeer wat glo dwelms vervoer
Vier mans het hul rieme in Jeffreysbaai styfgeloop toe die polisie tik met ’n straatwaarde van R327 000 in hul besit gevind het. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Kevin Spacey in hof, bots toe wéér met gereg
Kort nadat die bekroonde akteur Kevin Spacey in ’n hof weens onsedelike aanranding verskyn het, is hy afgetrek omdat hy te vinnig bestuur het. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Valke konfiskeer dwelms ter waarde van R270 miljoen
Die Valke het sowat R720 miljoen se dwelms in die Coega-hawe net buite Port Elizabeth gekonfiskeer. Nuus (08-01-2019)
Maroela ‘Staatsgreep’ in Gaboen gefnuik; twee sterf
Die Suid-Afrikaanse regering het Maandagaand die gepoogde staatsgreep ten sterkste veroordeel en gesê hy ondersteun die Afrika-Unie-beleid dat alle ongrondwetlike magsveranderinge ten sterkste verw… Nuus (08-01-2019)
Maroela Een sterf, talle beseer in Pretoriase treinongeluk  
“ʼn Groot aantal pendelaars is beseer en minstens een het gesterf.” Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Kyk - Ergste gevrees nadat treine in Pta bots
Twee passasierstreine het Dinsdagoggend reg van voor met mekaar gebots by die Mountain View-treinstasie in Pretoria. Honderde mense is na verneem word beseer. Volg ons regstreekse dekking hier. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Mosambiekse oudminister in hof vir borgtogaansoek
Manuel Chang (63), ’n voormalige minister van finansies van Mosambiek, verskyn Dinsdag in die streekhof in Kempton Park vir sy borgtogaansoek. Nuus (08-01-2019)
Maroela Moordklag teen oupa wat inbreker doodskiet
“Ek is ’n saggeaarde mens, maar ek sal nie toelaat dat iemand my vrou en kleinkind leed aandoen nie.” Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Talle glo beseer nadat treine in Pretoria bots
Twee passasierstreine het glo by die Mountain View-treinstasie in Pretoria reg van voor gebots. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Trump, Demokrate stamp steeds kop oor grensmuur
Pres. Donald Trump wil Amerikaners toespreek terwyl hy Amerika se grens met Mexiko besoek, maar die Demokrate het nie op hulle laat wag om te vra of hulle dan ook die nasie kan toespreek nie. Nuus (08-01-2019)
Maroela Nuuskommentaar: Twiet + (oud)politikus = moeilikheid?
Staan jy grootliks buite die openbare diskoers omdat jy nie deel van die twietende gemeenskap is nie? Herman Toerien, self (nog) nie ’n twitteraar nie, kyk hoe veral politici met die slimfoon in di… Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 21 beseer nadat olietenkskip naby Hongkong ontplof
Minstens een mens is dood en 21 mense is beseer nadat ’n olietenkskip Dinsdag naby Hongkong ontplof het. Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Checkit, bra! Ingelse woordbybel gooi brannas met SA frases
'n Groot groep SA woorde en uitdrukkings is tot die Oxford Dictionary toegevoeg. En net Suid-Afrikaners sal weet wat dit beteken... Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 Bly weg, registreer aanlyn, vra Unisa
Ontevredenheid oor die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) word Dinsdagoggend op die spits gedryf wanneer verteenwoordigers van dié universiteit met studenteleiers vergader. Nuus (08-01-2019)
Maroela Staking dreig by Unisa nog voor akademiese jaar begin
Hoopvolle studente het Maandag die sypaadjies buite die universiteit se kampus in Pretoria vol gesit in die hoop dat die hekke oopgemaak sal word nadat die instansie gesluit is weens die dreigende … Nuus (08-01-2019)
Maroela Video: Ondersoek geëis ná maatskaplike verslae in veld gevind word
Die dokumente sluit in vertroulike aansoekvorms vir maatskaplike toelae, oordragaansoeke vir kindersorgtoelae en verslae van maatskaplike werkers. Nuus (08-01-2019)
Maroela Vermiste Ier in SA gevind
Stanley Currie (66), die man van Noord-Ierland wat vermis geraak het nadat hy ʼn week gelede na Suid-Afrika gekom het om ʼn vrou te ontmoet met wie hy blykbaar twee jaar lank op die internet gesels h… Nuus (08-01-2019)
Netwerk24 N1 gesluit ná ongeluk wat 2 eis
’n Deel van die N1 in die Wes-Kaap is gesluit nadat ’n ongeluk die lewe van twee geëis het. Nuus (08-01-2019)