Netwerk24 ‘Menslike fout’ kniehalter tennisspeler
Dit was nie ’n kishou teen die tennisspeler Philip Henning toe sy matriekuitslae nie Vrydag in die koerant verskyn het nie. Nuus (05-01-2019)
Netwerk24 Man betrap met skerpioene, spinnekoppe in houers
’n Buitelandse man (23) is Vrydag in Prins Albert in die Karoo in hegtenis geneem met skerpioene, spinnekoppe en oorkruipers in sy besit waarvoor hy nie dokumente kon verskaf nie. Nuus (05-01-2019)
Netwerk24 Fees van blou en wit op Kenilworth
Saterdag was ’n fees van blou en wit by die Kenilworth-renbaan in Kaapstad toe die L’Ormarins Queen’s Plate 2019 aangebied is. Nuus (05-01-2019)
Netwerk24 Kongreslede mág dans, wys sy wéér
Alexandria Ocasio-Cortez, die jongste vrou tot nog toe om as kongreslid in die huis van verteenwoordigers te dien, het teruggekap nadat sommige mense op sosiale media haar gekritiseer het oor ’n ou … Nuus (05-01-2019)
Netwerk24 Brand beperk tot berge by Bettysbaai
Die brand by Bettysbaai in die Wes-Kaap was Saterdag beperk tot die berge in die Kogelberg-natuurreservaat, waar stormsterkwinde gewaai het. Nuus (05-01-2019)
Maroela Tronkmatrieks behaal slaagsyfer van 77,3%
“Onderwys is ʼn noodsaaklike komponent van die rehabilitasiemaatreëls van enige korrektiewe stelsel.” Nuus (05-01-2019)
Netwerk24 Thuli sê dié rassisme op Facebook kom nie van haar
Prof. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, het Saterdag gewaarsku dat ’n profiel op Facebook onder haar naam, wat glo “neerhalende rassisme uitspoeg”, nie aan haar behoort nie. Nuus (05-01-2019)
Netwerk24 'Amen' toe sluiter klik
Hanti Otto berig oor haar dekking van die sogenaamde Dros-verkragter. Nuus (05-01-2019)
Maroela Straatverkoper se seun slaan 7 onderskeidings los
“Moenie dat jou agtergrond jou terughou nie. Wees gemotiveerd om suksesvol te wees en self jou omstandighede te verander.” Nuus (05-01-2019)
Netwerk24 Boendoegeweld sterk veroordeel ná 5 moorde
Pat Ngomane, Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeldienste, het die voorvalle van boendoegeweld wat hierdie week in die provinsie gepleeg is ten sterkste veroordeel. Nuus (05-01-2019)
Netwerk24 Wes-Kaap ontken krisis in Laingsburg
Dr. Imtiaz Sooliman, stigter van die ramphulporganisasie Gift of the Givers, het ernstige kritiek op die Wes-Kaapse regering uitgespreek nadat hy Saterdag tonne gebottelde water na Laingsburg begin … Nuus (05-01-2019)
Netwerk24 ANC weet niks van 'miljoene' wat by amptenaar geroof is
’n Munisipale bestuurder van Limpopo is in die hospitaal nadat hy glo aangeval en beroof is van ’n onbevestigde bedrag geld wat glo aan die ANC in dié provinsie behoort. Nuus (05-01-2019)
Maroela Tragiese einde vir gesinsvakansie toe pa sterf
“Toe hulle teen donker nog nie teruggekeer het nie, het die man se vrou en vriende onraad vermoed en hulp ontbied.” Nuus (05-01-2019)
Netwerk24 2 vas oor moorde in Westbury
Twee vermeende misdadigers wat die gemeenskap van Westbury in Johannesburg geteister het, sal na verwagting Maandag op aanklagte van moord in die landdroshof in Johannesburg verskyn. Nuus (05-01-2019)
Netwerk24 4 gedwing om suur te drink
Die polisie in Emalahleni (Witbank), Mpumalanga, het ’n soektog van stapel gestuur na die vermeende moordenaars wat na bewering drie mans gedwing het om suur te drink. Nuus (05-01-2019)
Netwerk24 Geweld kry dié matrieks nie onder
“Ons matrieks kom uit geweld- en bendegeteisterde gebiede, maar hul omstandighede kry hulle nie onder nie, inderwaarheid gee dit hulle die krag om te presteer.” Nuus (05-01-2019)