Netwerk24 Meer as ooit kan gaan swot
Die nasionale matriekslaagsyfer vir 2018 het verbeter tot 78,2%. Dít is 3,1 persentasiepunte beter as 2017 se slaagsyfer van 75,1%. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Mosunkutu onthou vir sy onverskrokkenheid, optimisme
Khabisi Mosunkutu, voormalige LUR in Gauteng, sal onthou word as ’n doelgerigte man wat sy lewe daaraan gewy het om basiese dienste aan ander te voorsien. Mosunkutu is Donderdag gedurende ’n spesiale … Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Aktiviste van #FeesMustFall oorhandig memorandum
Die presidensie het Donderdag bevestig dat hy ’n memorandum van die #FeesMustFall-aktiviste – wat om amnestie vra vir mede-aktiviste wat aangekla is van misdaad by hul protesoptogte – ontvang het. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Slimkop in wiskunde klop selfs studente
Al was hy verlede jaar nog ’n skoolleerling, het Ralph McDougall (18) teen universiteit­studente in wiskunde meegeding en uitstekend gevaar. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Jagter van Limpopo Vrydag begrawe
Janneman Groenewald (48), ’n bekende in jagkringe in Limpopo, word Vrydag in Polokwane begrawe. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 ‘Matriekuitslae skets nie ware toestand’
AfriForum sê hy neem met groot kommer kennis van die amptelike matriekslaagsyfer van 78,2% omdat dit nie die volledige prentjie van die land se onderwystoestand skets nie. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Uitslae aangedik in verkiesingsjaar, sê kenner
Onderwyskenners het gemengde gevoelens oor die 2018-matriekuitslae nadat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Donderdagmiddag die nasionale slaagsyfer in Midrand bekend gemaak het. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Zuma 'soos Madiba' sê jeugliga oor Twitter-videos
Die ANC-jeugliga staan bankvas agter oudpres. Jacob Zuma wat deesdae baie uitgesproke op veral sosiale media oor talle kwessies in die land is. Politiek (03-01-2019)
Netwerk24 Oos-Kaap wys die meeste verbetering
Die Oos-Kaapse onderwysdepartement het sy eie verwagtinge oortref met die slaagsyfer van die 2018-matrieks. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 DA sit kiesplakkate in Diamantstad op
Die DA het Woensdag sy eerste verkiesingsplakkate vir die komende verkiesing in Kimberley teen lamppale opgehang. Politiek (03-01-2019)
Netwerk24 Regering laat dié leerlinge in die steek, sê DA
Byna die helfte van die leerlinge wat in 2007 in gr. 1 was, het nie in 2018 die matriekeksamen geskryf nie. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Noordwes probeer weer met kandidatelys
Die ANC in Noordwes gaan Saterdag vir die vierde keer probeer om ’n lyskonferensie te hou en sy kandidatelys vir aanstellings ná die algemene verkiesing af te handel. Politiek (03-01-2019)
Netwerk24 Rooftog laat akteur besef hoe goed God vir hom is
Die voorval waarin ’n Binnelanders-akteur in ’n gewapende rooftog in Midrand, Gauteng, aangehou is, het hom laat besef dat die Here nog altyd goed was vir hom en sy vrou. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Dolfyn op strand gered, terug in see
’n Dolfyn wat Donderdag op Kabeljou-strand in Jeffreysbaai gestrand het, is ná ’n reddingspoging deur lede van die Nasionale Seereddingsinstituut en die publiek terug in die see. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Oud-Mosambiekse minister staan uitlewering aan VSA teen
’n Voormalige minister van finansies van Mosambiek gaan sy uitlewering aan Amerika teenstaan nadat hy in hegtenis geneem is op klagte wat verband hou met skuld van dié land wat tot wanbetaling in … Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Wuppertal fokus nou op krag, skoolkoshuis
Die Morawiese Kerk se leierskap sê terwyl hulle graag die prentjiemooi Morawiese sendingstasie in Wuppertal naby Clanwilliam in die Cederberge se oorspronklike aansig wil behou, is dít wat van die … Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Beroepsjagter se vrou stel prokureur aan
Die weduwee van Modimolle in Limpopo wie se beroepsjagterman in ’n vermoedelike gesinstreurspel doodgeskiet is, het reeds ’n prokureur vir haarself aangestel. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Man met meer as R2 m. se vervalste dollars vas
’n 40-jarige man van Limpopo is op Nuwejaarsdag met onder meer dollarnote ter waarde van sowat R2,1 miljoen betrap. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Weldoeners red polisielid uit vloedwater in Limpopo
’n Polisiesersant is Donderdag deur lede van die gemeenskap gered nadat sy voertuig in Ga-Machaba in Limpopo in vloedwater beland het terwyl hy op twee voorvalle van misdaad reageer het. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Matriekslaagsyfer styg met 3,1 persentasiepunte
Die nasionale matriekslaagsyfer vir 2018 het tot 78,2% verbeter, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Donderdagaand in Midrand bekend gemaak. Nuus (03-01-2019)
Maroela Nasionale matriekuitslae aangekondig
Motshekga het gesê dit is verblydend om te sien dat die matriekslaagsyfer die afgelope agt jaar deurlopend bó 70% was. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 DA skop veldtog vir verkiesing in Wes-Kaap af
Die DA in die Wes-Kaap het Donderdag sy verkiesingsveldtog vir 2019 van stapel gestuur en baniere in Mitchells Plain, Kaapstad, aangebring om kiesers aan te moedig om te registreer. Politiek (03-01-2019)
Netwerk24 Donderdag, 3 Januarie 2019
As jy vandag te besig was om op hoogte te bly van die jongste nuus, moenie vrees - hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuushoogtepunte. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Peuter sterf ná hy aan elektriese heining vat
’n Peuter is Woensdagaand by sy ouerhuis in Hartswater in die Noord-Kaap doodgeskok nadat hy aan ’n elektriese heining geraak het. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Minister kondig matriekslaagsyfer aan
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, kondig Donderdagaand in Midrand die nasionale matriekslaagsyfer aan. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 4 vas wat glo skrikbewind in PE voer
Vier mense wat glo ’n skrikbewind in Port Elizabeth gevoer het, het Donderdagoggend hul rieme styfgeloop. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Ma dood terwyl haar seun teen vlamme veg
Terwyl haar seun elders teen die vlamme geveg het, is die 59-jarige Cobie Rossouw van Pringlebaai Donderdagoggend dood weens vermoedelik rookinaseming tydens die brand in die Overstrand. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Seun (16), oom aangeval op strand
’n Seun (16) en sy oom is na bewering deur twee mans op die strand by Tergniet naby Groot-Brakrivier in die Suid-Kaap aangeval. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Binnelandse sake in dié tyd langer oop
Groot en middelslag-kantore van die departement van binnelandse sake (DBS) sal tot 11 Januarie landwyd van 07:00 tot 19:00 oop wees om te verseker dat niemand in hierdie besige tyd weggewys word nie. Politiek (03-01-2019)
Netwerk24 Bakkiebestuurder kies hasepad oor ‘onwettige vuurwerk’
Die bestuurder van ’n bakkie met vermoedelik onwettige vuurwerk het weggehardloop tydens ’n klopjag wat deur die Garden Route-dierebeskermingsvereniging (DBV) in George in die Suid-Kaap geïnisieer is. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Thailand loop deur onder tropiese storm
Thailand het vlugte na ’n gewilde eiland en vakansiebestemming gekanselleer, strandoorde afgesper en diepseeoliebore ontruim nadat die eerste tropiese storm in byna 30 jaar die land se suidelike … Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Wapen en ammunisie glo by vermeende bendelid gevind
’n Sterk polisieteenwoordigheid in die misdaadgeteisterde areas in Port Elizabeth se noordelike voorstede het tot die beslaglegging van ’n vuurwapen en ammunisie gelei. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Verdagte in hof oor verdwyning van Welkom-man
’n Man wat glo verbind word met die verdwyning van Karl Reich (82) van Welkom sal op 8 Januarie in die landdroshof in Welkom in die Vrystaat verskyn. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Vragmotor ploeg in taxi in wat skielik rem vir kamera
Twee mense is Donderdagoggend beseer toe ’n vragmotor in ’n minibustaxi ingeploeg het nadat die taxi glo skielik spoed verminder het. Nuus (03-01-2019)
Maroela IEB-slaagsyfer ‘die gevolg van gehalte onderrig’
“Private skole moet aan ontsettende streng registrasievereistes voldoen en word gedurig gekontroleer om te verseker die skole verskaf gehalte onderrig. Disfunksionele openbare skole behoort aan die… Nuus (03-01-2019)
Maroela Dít is in 2018 die meeste gesoek op Google
Google het die lys van die mees gesoekte onderwerpe wêreldwyd in 2018 op dié internetsoekenjin bekendgemaak. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Duurste privaatskole nóg duurder in 2019
Bywoning van Suid-Afrika se duurste privaatskole (dagskole) kos leerlinge se ouers gemiddeld meer as R130 000 in 2019 – R10 000 meer as in 2018. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Oë op SA en Angola om te sê oor DRK-eleksie
Waarnemers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) sê verlede naweek se verkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het “relatief goed verloop” ondanks die feit dat … Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Nog lyke gekry ná Russiese woonstelgebou inval
Altesaam 37 lyke is reeds gevind onder die puin van ’n woonstelgebou in Rusland nadat ’n deel vroeër die week vermoedelik ná ’n gasontploffing ingestort het. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Spog met jou kind!
Stuur vir ons 'n foto van jou matrikulant. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 ANC-lyskonferensie gaan voort ongeag NW-uitslae
Die ANC se nasionale lyskonferensie wat Vrydag in Durban begin, gaan nie deur Noordwes se lyskonferensie beïnvloed word wat nog nie afgehandel is nie. Politiek (03-01-2019)
Netwerk24 Net handjievol van Wes-Kaapse ANC reis na Durban
Net ’n handjievol lede van die ANC in die Wes-Kaap se uitvoerende komitee sal Vrydag vir die party se verlengde vergadering van sy Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) na Durban reis. Politiek (03-01-2019)
Netwerk24 Panayiotou met verbode items in tronk betrap
Die veroordeelde moordenaar Christopher Panayiotou gaan sekere voordele verloor nadat hy met ’n selfoon en simkaarte in sy tronksel betrap is. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Rowers skiet Plet-man in been
Die polisie het die publiek se hulp gevra om ’n groep gewapende rowers op te spoor wat ’n man by sy huis in Plettenbergbaai in die Suid-Kaap in die been geskiet het. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Dodetal styg in treinongeluk in Denemarke
Vyf vroue en drie mans is dood in die treinongeluk in Denemarke, het die polisie daar Donderdag bevestig. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Lion Air staak soektog na vlugopnemer
Die Lion Air-lugdiens het sy soektog na die tweede vlugopnemer van die Boeing 737 MAX wat in die see by Java neergestort het, gestaak. In die ongeluk is 189 passasiers dood. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Chinese land op verste kant van Maan
Die Chinese maanlandingstuig Chang’e-4 het Donderdagoggend byna ’n maand ná lansering op die Maan geland, berig The New York Times (hyperlink). Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Wat is die doel van onderskeidings? vra Jonathan Jansen
Wat is die doel om agt onderskeidings in matriek te kry? Het jy ooit weer van hulle gehoor? het prof. Jonathan Jansen, voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Donderdagoggend in ’n … Nuus (03-01-2019)
Maroela IEB-matrieks behaal slaagsyfer van 98,92%
Matrikulante van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) het ʼn slaagsyfer van 98,92% in die 2018-eksamen behaal. Nuus (03-01-2019)
Maroela Foto’s: Fakkel glo oorsaak van hewige Overberg-brand
“Dit was ʼn traumatiese nag vol onsekerheid. Brandbestryders het die hele dag onverpoosd probeer om die vlamme onder beheer te kry sonder die moontlikheid van lugondersteuning.” Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 ‘Binnelanders’-akteur in rooftog aangehou
’n Binnelanders-akteur is Woensdagaand in ’n gewapende rooftog in ’n Johannesburgse voorstad aangehou. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Brand by Pringlebaai en Hangklip is buite beheer
Terwyl ’n wegholbrand nog op die berg bokant Pringlebaai woed, het ’n vrou van hierdie Wes-Kaapse kusdorp in haar huis gesterf. Nuus (03-01-2019)
Maroela Nuuskommentaar: Skaapslag op die strand
Die storm om Clifton se vierde strand-voorval, wat deur onder andere die ANC as ras-uitsluiting voorgehou word, het ’n komplekse stert bygekry toe ’n skaap op tradisionele wyse op die strand geslag… Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Cathay Pacific aanvaar spotgoedkoop kaartjies ná fout
Die Cathay Pacific-lugdiens sê hy sal duisende eersteklas- en besigheidsklaskaartjies wat weens ’n fout op sy webtuiste verkeerdelik teen ’n enorme afslag verkoop is, eerbiedig. Nuus (03-01-2019)
Maroela Meer as 1 500 pienkvoete vir Nuwejaar
Die nuwelinge sluit in twee stelle tweelinge wat onderskeidelik in die Midlands- provinsiale hospitaal in Graaff-Reinet en die Nelson Mandela- akademiese hospitaal in Mthatha gebore is. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Hond op graf gevind ná 'boodskap van die Here'
’n Uitgeteerde hond wat ’n graf in die Suidpark-begraafplaas in Bloemfontein opgepas het, se eienaardige gedrag laat haar versorgers kopkrap. Nuus (03-01-2019)
Netwerk24 Mense moet strandhuise by Hangklip ontruim
Mense met strandhuise in Hangklip naby Hermanus in die Wes-Kaap is deur die owerhede aangesê om na Pringlebaai te ontruim. Nuus (03-01-2019)