Netwerk24 Ministers moet dalk getuig oor Gupta-burgerskap
’n Voorlopig breedvoerige verslag oor die werksaamhede van die geregtelike kommissie van ondersoek na die toekenning van burgerskap aan die Gupta-familie is Dinsdag aan LP’s in Kaapstad voorgelê. Politiek (14-08-2018)
Netwerk24 Groep oorsee om te sê oor grond
’n Afvaardiging is uit Suid-Afrika na die buiteland op pad om mense oor onteiening sonder vergoeding (OSV) in Suid-Afrika in te lig. Politiek (14-08-2018)
Netwerk24 Fort Hare se bestuur praat hard ná voorval
Die aanranding van ’n vrouestudent deur ’n manlike student, waarvan beeldmateriaal wyd op sosiale media versprei is, is deur die bestuur van die Fort Hare-Universiteit veroordeel. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 ‘Gee vir ons weiding; moenie ons vee skut’
Met die skut van vee wat op openbare eiendom wei, verhoed die Kouga-munisipaliteit hulle om ’n bestaan te maak. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Sita jammer oor stelsels wat ingee
Die staat se intelligensietegnologieagentskap (Sita) het om verskoning gevra aan mense wat landswyd geraak is deur dienste wat sedert verlede Vrydag nie beskikbaar was nie. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Hlaudi ‘nie betrokke’ by SAUK se regskuld
Hlaudi Motsoeneng het gesê hy het niks uit te waai nie met die se probleme om die regskoste te betaal wat aangegaan is om hom te verdedig nie. Politiek (14-08-2018)
Netwerk24 Nuwe proses oor grond in parlement
Ondanks landwye paniek wat reeds heers oor die parlementêre proses oor die onteiening van grond sonder vergoeding stoom die parlement voort. Politiek (14-08-2018)
Netwerk24 ’n Taalkolos, nie ’n taalbul
Christo van Rensburg se dood is ’n enorme verlies vir Afrikaans. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 SA ‘dwelmmuil’ se appèlaansoek uitgestel
’n Suid-Afrikaanse dwelmmuil wat drie jaar gelede in Maleisië ter dood veroordeel is, se laaste kans om appèl teen haar vonnis aan te teken, is tot Oktober uitgestel. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 ‘Tyd dat vroue grond kry in SA’
Minder as 20% van die wêreld se grondeienaars is vroue. Politiek (14-08-2018)
Netwerk24 Vonnis vir verkragter van 2 meisies verwelkom
Die polisie in Kimberley het die vonnis van Moses Monnapula (45), wat onder meer drie lewenslange vonnisse vir die verkragting van twee meisies opgelê is, verwelkom. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 OppiKoppi-gangers rot en kaal besteel
OppiKoppi-feesgangers het onlangs erg deurgeloop onder misdadigers – een is glo selfs sy tent kwyt. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Burgemeester vra ‘uitverkoper’ Cyril om verskoning
Lindiwe Makhalema het pres. Cyril Ramaphosa in die openbaar om verskoning gevra omdat sy hom ’n uitverkoper genoem het. Politiek (14-08-2018)
Netwerk24 DA krities oor Ramaite se aanstelling by NVG
Sy prestasierekord wys hy is “ten beste swak, weifelend en plooibaar”. Politiek (14-08-2018)
Maroela Nelspruit-betogings ontwrig skole
Betogings in dele van Mpumalanga het skole reeds vir die afgelope twee dae ontwrig, het die provinsiale departement van onderwys Dinsdag gesê. Nuus (14-08-2018)
Maroela SAUK kan nie DA betaal nie; gewilde sepie van die lug af
Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê die SAUK kan nie die regskoste van R1,7 miljoen, wat die openbare uitsaaier aan die party skuld, bekostig nie. Nuus (14-08-2018)
Maroela Vergadering oor petrolprys ‘geboikot’
Beamptes van die departement van energie het nie Dinsdag in die parlement opgedaag om LP’s op hoogte te bring oor landswye versoeke dat die petrolprys verlaag moet word nie. Nuus (14-08-2018)
Maroela Cosatu gee ultimatum oor moontlike afleggings
Die vakbondfederasie Cosatu het Dinsdag die ANC gewaarsku teen die aflegging van vermoedelik 30 000 staatsdiensamptenare as ʼn kostebesparingsoefening oor die volgende drie jaar. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Springs-monster skuldig aan ‘minder ernstige’ misdade
Die “monster van Springs” is skuldig, maar nie só skuldig nie. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Verdagte vermoor; polisielid skiet homself
Die vierde polisielid wat by die moord op ’n verdagte in KwaZulu-Natal betrek is, het homself doodgeskiet. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 ‘Tyd vir handevat,’ sê AfriForum oor plaaslys
AfriForum het gesê hy staan by sy besluit om ’n lys met plase wat glo vir onteiening sonder vergoeding geoormerk is te publiseer. Politiek (14-08-2018)
Maroela Talle dood toe brug in Italië ineenstort
Talle persone is Dinsdag dood toe ʼn brug in Genoa, Italië, ineengestort het. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Boer skuldig aan moord op plaaswerker
’n Boer van Vredendal is skuldig bevind dat hy ’n plaaswerker vermoor het deur hom met ’n graaf te slaan en agter ’n vierwielmotorfiets aan te sleep. Nuus (14-08-2018)
Maroela Bird Island-skrywer: Selfmoordbrief gevind
Die polisie in die Oos-Kaap het Dinsdag bevestig speurders het op ʼn selfmoordbrief afgekom ná die liggaam van oudpolisieman Mark Minnie op ʼn kleinhoewe in Theesecombe, Port Elizabeth, gevind is. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Bakkie wip hom vir stamperige Pajero
Motoriste se koppe het behoorlik gedraai toe ’n Ford-bakkie bo-op ’n Mitsubishi Pajero beland het nadat die bestuurder van die Pajero op die hoek van Jip de Jager- en Kommissarisstraat in Welgemoed, … Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Inbrake slaan arm skool hard
’n Vervalle plaasskool buite Bloemfontein sukkel om te funksioneer ná ’n vlaag inbrake waarin al die skool se rekenaartoerusting gesteel is. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Fort Hare veroordeel aanranding van vrouestudent
Die Fort Hare-Universiteit in die Oos-Kaap het hom ten sterkste uitgespreek teen ’n video wat wys hoe ’n vrouestudent deur ’n manlike student aangerand word. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Regter onttrek haar aan diamant-saak
’n Aansoek om staking van vervolging gaan aangehoor word in ’n verhoor waarin 13 beskuldigdes van onwettige diamanthandel aangekla word. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Dinsdag, 14 Augustus
As jy 'n dol dag beleef en nie op hoogte is van die jongste nuus nie - hier is 'n oorsig van die dag se interessantste nuushoogtepunte. Nuus (14-08-2018)
Maroela Komitee ontevrede met Gigaba oor Guptas
Nie minder nie as 21 potensiële oortredings van wetgewing betreffende immigrasie word deur die komitee se navorsing uitgewys. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Grond lê braak 8 jaar nadat staat dit koop
Agt jaar nadat Heinrich Scholtz (82) ’n kleinhoewe buite Douglas in die Noord-Kaap aan die staat verkoop het, lê die grond steeds braak. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Johannesburger steeds vermis ná aflewering in Randburg
’n Johannesburgse man word steeds vermis nadat hy Maandagoggend spoorloos verdwyn het nadat hy ’n produk by ’n kliënt gaan aflewer het. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Tulbagh gesluit weens betogings
Skole en paaie in Tulbagh in die Wes-Kaapse wynlande is Dinsdagoggend gesluit as ’n voorsorgmaatreël ná gewelddadige protesaksie oor dienslewering in die gebied uitgebreek het. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Saak tussen spoglandgoed en Harcourts vertraag
Die arbitrasieproses tussen die Val de Vie-landgoed en die eiendomsagentskap Harcourts is vertraag terwyl die hofgeding oor dagvaardings nog in die hooggeregshof in Kaapstad voortsleep. Nuus (14-08-2018)
Maroela Verdoemende verslag oor seksuele teistering en geweld by universiteite
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het vanmiddag ʼn verdoemende verslag oor seksuele teistering en seksuele geweld aan Suid-Afrikaanse universiteite by die parlement ingedien. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 POF moet R8 m. aan oud-Kovsie betaal, sê hof
Die Padongelukkefonds (POF) moet meer as R8 miljoen aan ’n oud-Kovsie van Welkom betaal nadat sy as student ernstige beserings in ’n motorongeluk in Bloemfontein opgedoen het. Nuus (14-08-2018)
Maroela Die wêreld in foto’s – 14 Augustus 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Nuus (14-08-2018)
Maroela Binnelandse sake jammer oor onderbrekings
Oor wat gebeur het, was die antwoord duidelik en omvattend. Nuus (14-08-2018)
Maroela Ma vertel oor trauma van dogter se moord
“Sy is geslag. Dit was ʼn moord só wreed, en ek kon haar nie vashou of haar troos terwyl sy gely en gesterf het nie.” Nuus (14-08-2018)
Maroela Hulde gebring aan ‘kosbare taalvriend’
Daar is op Afrikaanse Taaldag met hartseer hulde gebring aan prof. Christo van Rensburg. Nuus (14-08-2018)
Maroela Mans brand los op polisie tydens huisroof
“Die inwoners van ʼn woonstel op dieselfde erf het wakker geword van die gille van inwoners in die hoofhuis.” Nuus (14-08-2018)
Maroela 10 rowers slaan op Pta-kleinhoewe toe
Vyf mense is Dinsdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe wes van Pretoria aangeval. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Hier is waarnemende NVG-hoof
Pres. Cyril Ramaphosa het dr. Silas Ramaite aangewys as die waarnemende hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) totdat 'n nuwe permanente hoof aangestel kan word. Politiek (14-08-2018)
Netwerk24 Bloedskande, seksuele uitbuiting in hof onthul
’n Gru-verhaal van bloedskande, seksuele uitbuiting en die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie tussen ’n ma, pa en hul seun is onthul. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Hoës van Turkye en VSA praat oor pastoor in arres
John Bolton, nasionale veiligheidsraadgewer in die Withuis, het Maandag met die ambassadeur van Turkye vergader om die aanhouding van ’n Amerikaanse pastoor in Turkye te bespreek. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Ondersoek na korrupsie-netwerk by staatsprokureur
Eise van miljarde teen die departement van gesondheid wat met belastingbetalers se geld betaal is, is deel van ’n ondersoek na beweerde korrupsie. Nuus (14-08-2018)
Maroela Organisasies snoer kragte saam oor ‘onteieningslys’
“As sakelui-, landbou- en burgerregte-organisasies is dit ons plig om – in almal se belang – die Zimbabwe-scenario te verhoed deur oor ’n breë front saam te werk.” Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 11 aangekeer ná onluste in Houtbaai
Wetstoepassers hou steeds ’n wakende oog in Houtbaai naby Kaapstad nadat 11 betogers oornag in hegtenis geneem is weens onluste in die gebied. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 3 dood toe motor boom tref en middeldeur skeur
Drie mans van Sabie in Mpumalanga is Dinsdag in die vroeë oggendure naby Dwarsloop dood toe die motor waarin hulle gery het ’n boom getref het. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Tafelberg Uitgewers reageer
Mark Minnie was passievol oor sy werk as polisieman, opvoedkundige en skrywer, lui ’n verklaring deur Tafelberg Uitgewers op Facebook wat by Minnie en die oudjoernalis Chris Steyn se boek 'Die seuns … Nuus (14-08-2018)
Maroela Polisie fynkam toneel ná skrywer se dood
Mark Minnie se seun het vroeër vandeesmaand gesê sy pa het hom in iets begewe wat sy dood kan beteken.   Nuus (14-08-2018)
Maroela #FeesMustFall: Verslag wys studies moet geld kos
Soveel as 92% van afgestudeerde studente wat onlangs deelgeneem het aan ʼn navorsingstudie meen dit is die moeite werd om self verantwoordelikheid vir jou studiegelde te neem – selfs al betaal hul n… Nuus (14-08-2018)
Maroela Vroue betoog woordeloos by Ramaphosa-toespraak
Drie vroue het Dinsdag stil protes aangeteken in ʼn saal waar pres. Cyril Ramaphosa ʼn toespraak gelewer het tydens die bekendstelling van ʼn inisiatief om aandag te gee aan die gebrek aan sanitasiege… Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 SA kan soos Zim, Venezuela word, sê instituut
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) betwyfel nie die egtheid van die lys met plase wat geteiken word vir onteiening sonder vergoeding nie. Dié lys is Sondag deur AfriForum … Politiek (14-08-2018)
Netwerk24 China hou glo miljoen Moslems in kampe aan
China het Maandag ontken dat hy ’n miljoen Uighur-Moslems in interneringskampe gevange hou en het ook sy menseregterekord by die Verenigde Nasies (VN) verdedig. Nuus (14-08-2018)
Maroela Henri van Breda hoor dan oor appèlaansoek
Van Breda se vriendin, Danielle Janse van Rensburg, het Dinsdag se hofverrigtinge bygewoon. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 My 8 ure saam met Mark Minnie, 3 dae voor sy dood
Dis Vrydag kort ná 11:00. Drie dae voordat Mark Minnie, medeskrywer van die boek 'Die Seuns van Bird Island', se dood. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Brug in Italië stort ineen
’n Brug het in die Italiaanse stad Genoa ineengestort, met ’n vragmotor wat op die rand van die brug staan Nuus (14-08-2018)
Maroela Foto’s: Drie sterf in gru-botsing
“Die trefslag so erg dat die voertuig in twee geskeur het.” Nuus (14-08-2018)
Maroela Tukkie eindelik wakker ná motor haar tref
Adel het nog ’n lang pad vorentoe, maar “sy is ’n baie sterk mens”. Nuus (14-08-2018)
Maroela ‘Sê net vir my waar my kind is’
“Dit is so ongelooflik frustrerend dat hy weier om te sê waar my kind is.” Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Henri hoor Maandag of hy mag appelleer
Henri van Breda sal Maandag hoor of hy teen sy skuldigbevinding aan moord op sy ouers en poging tot moord op sy suster, en teen sy vonnis van effektief lewenslange tronkstraf mag appelleer. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 PBI sê Peter Marais blaas rassehaat aan
Die Plaaslike Besorgde Inwoners (PBI), ’n gemeenskapsgedrewe party, sien rooi flikker oor uitlatings wat Peter Marais, die Kaapse politikus, oor bruin mense maak. Politiek (14-08-2018)
Netwerk24 Voorval in Londen terreur, sê polisie
Die voorval Dinsdag in Londen by die Britse parlement word as 'n terreuraanval beskou. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Vredendal-boer het plaaswerker vermoor – hof
’n Boer van Vredendal is daaraan skuldig bevind dat hy ’n plaaswerker vermoor het deur hom met ’n graaf te slaan en agter ’n vierwielmotorfiets aan te sleep. Nuus (14-08-2018)
Maroela Moontlike redes vir die rand se 10%-verswakking
Wêreldmarkte het Maandagoggend swakker geopen nadat onsekerheid oor die Turkse lira toegeneem het. In die proses het die rand tot sy swakste vlak in twee jaar gedaal nadat dit in een stadium met by… Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Vroue moet grond besit, sê Dlamini
Die tyd het aangebreek vir vroue om grond te besit. Politiek (14-08-2018)
Netwerk24 10 rowers slaan toe op kleinhoewe in Erasmia
Tien gewapende rowers het Dinsdagoggend vroeg toegeslaan op ’n kleinhoewe in Erasmia in die weste van Pretoria. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Polisie fynkam toneel waar Minnie se lyk lê
Die forensiese span van die polisie het begin met ondersoekwerk op die toneel waar Mark Minnie se lyk gevind is. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Taxi-staking op George dwing busse tot stilstand
Weens protesoptrede deur stakende taxibestuurders op George in die Suid-Kaap is die busdiens van Go George, ’n geïntegreerde openbare vervoernetwerk, tot verdere kennisgewing opgeskort. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Eenheid gaan staatsprokureur ondersoek
Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) gaan die staatsprokureur ondersoek ná bewerings van ’n “korrupsie-netwerk” waarby dié kantoor en private prokureurs glo betrokke is. Politiek (14-08-2018)
Maroela Skoleondersteuningsentrum wil só uitdagings in Afrikaanse onderwys pak
Dié organisasie wil ook hulp aan ander vennote verleen om ʼn volledige private Afrikaanse onderwysaanbod te ontwikkel. Nuus (14-08-2018)
Maroela Springs-gruwelhuis: Ouers hoor dán hul lot
Die ma sou aanvanklik ʼn staatsgetuie wees, maar wou toe nie teen haar man getuig nie. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Nog 'n nee-nee steek kop uit in Trump se Withuis
In Donald Trump se Withuis het mense al geleer dat daar min norme of verwagtinge van dekorum is nie. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 AfriForum se lys ‘daad van sabotasie’
AfriForum se bekendmaking van ’n “vals” lys van 195 plase wat glo vir onteiening sonder vergoeding geteiken word, is volgens Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, ’n “daad van … Politiek (14-08-2018)
Netwerk24 Equal Education betoog toe president toespraak lewer
Lede van die organisasie Equal Education het Dinsdagoggend ’n betoging gehou in dieselfde vertrek waar pres. Cyril Ramaphosa die departement van basiese onderwys se sanitasie-planne vir skole bekend … Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Minnie ‘glad nie bang of gespanne’ ná sy boek nie
Mark Minnie het “glad nie” geklink soos iemand wat sy eie lewe wou neem nie, sê die ondersoekende joernalis Marianne Thamm nadat Minnie se lyk Dinsdagoggend gekry is. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Mense staan ‘om die blok’ vir nuwe Sassa-kaart
Pensioentrekkers van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) staan soggens van 02:00 in ellelange rye in Bloemfontein om nuwe kaarte te kry waarmee pensioene getrek kan word, … Politiek (14-08-2018)
Netwerk24 Magnus-boek ’n ‘pot rubbish’
Wouter Basson, destydse hoof van Project Coast, die apartheidsregering se chemiese en biologiese oorlogvoeringsprogram in die 1980’s en 1990’s, het in reaksie op Mark Minnie se dood gesê “die … Nuus (14-08-2018)
Maroela Minister wil AfriForum ‘isoleer’ van grondkwessie
“Hierdie jongste verwarring wat deur AfriForum geskep word, en wat volg op hul oorsese veldtog om negatiewe gevoelens teenoor Suid-Afrika aan te wakker, is ʼn vorm van sabotasie.” Nuus (14-08-2018)
Maroela Kommer oor toename in waterverbruik in Kaapstad
Augustus is ’n uitdagende maand vir Kaapstad, met sommige gebiede wat net ’n kwart of hoogstens ’n derde van dié gebiede se langtermyn- gemiddelde reënval ontvang. Nuus (14-08-2018)
Maroela Leerder geskors ná video op sosiale media versprei
Op die video, wat sedert verlede week wyd op sosiale media versprei word, kan onder meer gesien word hoe die seun naderstap en die onderwyser uitlokkend onder sy ken vryf. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Henri van Breda sê hof maak fout
Henri van Breda, wat drie keer lewenslange tronkstraf uitdien vir die moord op sy ouers en broer, sê die hof het 'n fout gemaak. Van Breda doen Dinsdag aansoek vir verlof om appèl teen die uitspraak … Nuus (14-08-2018)
Praag Oos-Kaapse boere sal eerder veg as plase afstaan
Boere in die Oos-Kaap is dit eens dat geen plase deur die regering se self-gewettigde diefstal sal plaasvind nie en berei hulle voor om met alles tot hulle beskikking hulle wetlike eiendom te … Nuus (14-08-2018)
Maroela Nasionale Gesondheidsversekering ‘sal voortgaan’
“Hulle sê ‘hierdie arm mense gaan baie duur wees en ons kan nie die NGV bekostig nie’ en hulle wil bly by net 16% van mense wat op ʼn mediese fonds is.” Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Motor bots teen Westminster-versperrings in Londen
'n Motor het teen versperrings by Westminister in Londen gebots. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Cyril sê vandag wie is nuwe NVG-hoof
Pres. Cyril Ramaphosa sal Dinsdag ’n aankondiging doen oor wie as hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gaan waarneem totdat hy ’n nuwe permanente hoof aanstel. Politiek (14-08-2018)
Maroela Ramaphosa reageer op NVG-hofbeslissing
Die konstitusionele hof se beslissing hou verskeie gevolge in. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Seun se byna profetiese woorde
“. . . knowing my father was about to dive into something that could kill him”. Nuus (14-08-2018)
Maroela Bird Island-skrywer dood gevind
Die boek Die seuns van Bird Island het opslae veroorsaak nadat dit verlede week bekendgestel is. Nuus (14-08-2018)
Maroela Nuuskommentaar: Was AfriForum reg oor lys?
Wie was reg oor die bekendmaking al dan nie van die beweerde lys van plase wat glo vir beslaglegging sonder vergoeding geoormerk is? Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Bird Island-skrywer dood gevind
Volg Netwerk24 se regstreekse dekking van die reaksie op die skoknuus dat die oudspeurder Mark Minnie, wat die boek, Die seuns van Bird Island, help skryf het, se lyk Dinsdag naby Port Elizabeth … Nuus (14-08-2018)
Maroela Middelklas krimp, verbruikers verkeer onder finansiële druk
Nog raad van Roets was dat verbruikers nie skaam hoef te voel om ’n skuldberader te nader nie. Hy sê skuldberaders kan verbruikers met die nodige raad voorsien om struikelblokke en hindernisse vroe… Nuus (14-08-2018)
Maroela Vier vra borgtog ná moord op elektrisiën
Petrus Scholtz (70) se liggaam is op 19 Julie in bosse langs ʼn pad in Fairview gekry. ‘n Ma, haar twee volwasse kinders en nog ‘n man is in hegtenis geneem. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Skrywer van Bird Island-boek dood gevind
Die oudspeurder wat die boek, Die seuns van Bird Island, help skryf het, se lyk is Dinsdag aan die buitewyke van Port Elizabeth gevind. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 In hierdie stede bly mense die lekkerste
Melbourne in Australië en Wene in Oostenryk spook sake reeds vir jare uit op ’n indeks van die Economist Intelligence Unit (EIU), ’n navorsingsinstelling verbonde aan die nuustydskrif The Economist, … Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Op soek na Mpumalanga se agri-sentrum
Pleks van ’n splinternuwe gebou was daar net bossies met ’n heining om. Nou wil die DA in Mpumalanga weet waar is die voltooide Dr. JS Moroka Agri-Hub waarmee die provinsiale regering vroeër vanjaar … Politiek (14-08-2018)
Netwerk24 3 polisielede martel glo verdagte, versteek lyk
Drie polisielede van KwaZulu-Natal verskyn Woensdag in die landdroshof in Greytown nadat hulle in hegtenis geneem is vir die beweerde marteling en moord van ’n verdagte. Nuus (14-08-2018)
Maroela Bylmoorde: Van Breda terug in hof vir appèlsaak
Henri Van Breda is vroeër tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die wreedaardige aanvalle op sy gesin. Nuus (14-08-2018)
Maroela Man in hof ná bedrog op afspraakwebtuistes
Een van die slagoffers is glo van Australië. Volgens die Valke is die sindikaat se modus operandi altyd dieselfde. Nuus (14-08-2018)
Maroela Man glo in polisiesel ‘doodgemartel’
Toe die oorledene se familie hom by die polisie as vermis aangemeld het, het die polisiebeamptes aan hulle gesê die man is nog dieselfde dag vrygelaat nadat hy deur die polisie ondervra is. Nuus (14-08-2018)
Maroela Man vas ná vrou se ‘mensehandel’-nagmerrie
Wat net ʼn vriendelike besoek aan ʼn vriend van ʼn vriendin sou wees, het vir ʼn jong vrou van Kaapstad in ʼn vyf maande lange hel van mensehandel, dwelmgebruik en prostitusie ontaard. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Leeuwkop word ondersoek nadat Krejcir op radio praat
’n Ondersoek deur die departement van korrektiewe dienste het bevind dat daar fout was met die sekuriteit by die Leeuwkop-gevangenis waar die Tsjeggiese mafiabaas Radovan Krejcir aangehou word. Nuus (14-08-2018)
Netwerk24 Van Breda doen vandag aansoek om verlof tot appèl
Dit is nie seker of die veroordeelde moordenaar Henri van Breda Dinsdag in die hooggeregshof in Kaapstad teenwoordig gaan wees wanneer sy aansoek om verlof tot appèl aangehoor word nie. Nuus (14-08-2018)