Netwerk24 ‘DA moet leer om vennote in te sluit by metro’s’
Die DA moet nie langer sy koalisievennote in metro’s waar hy koalisieregerings lei, misbruik nie, maar hulle eerder betrek by alles wat die rade betref, sê Bantu Holomisa, die UDM-leier. Politiek (03-08-2018)
Netwerk24 Skool in N-Kaap toe weens riool wat terrein volloop
Die departement van arbeid het die Laerskool Barkly-Wes in die Noord-Kaap Vrydag tot verdere kennisgewing gesluit weens munisipale rioolvuil wat ’n groot gedeelte van die skoolterrein besmet. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 ANC lag nie vir DA se stink grappie
Dulandi Leech, DA-raadslid in die Mangaung-metro, het Donderdag op die raadsvergadering ‘n swartsak vol vuil babadoeke en vullis voor Olly Mlamlelli, uitvoerende burgemeester, neergesit. Politiek (03-08-2018)
Netwerk24 Vier sterf in botsing, drie kritiek
Vier mense is dood en nog drie in ’n kritieke toestand nadat ’n bakkie en ’n ligte motorvoertuig Vrydagmiddag in Middelburg, Mpumalanga, gebots het. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Eers die metro’s, nou vir Gauteng
Die DA is oorgehaal om volgende jaar Gauteng oor te neem nadat hulle in 2016 se munisipale verkiesing die ANC in die Johannesburg-metro geklop het. Politiek (03-08-2018)
Netwerk24 Buurtwaglid ernstig gewond in skietery
Die buurtwaglid wat ernstig gewond is toe hy Vrydagoggend gaan ondersoek instel het na ’n alarm wat afgegaan het se leuse op Facebook is: “Met alles wat jy doen, is jy 100% in of jy los dit”. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Buitelanders vas; van renosterstropery verdink
Ses buitelanders wat onder meer met ’n groot bedrag geld, ’n vuurwapen, twee byle en nege selfone in hul besit betrap is, word van renosterstropery verdink. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Trollip wéér teiken van mosie van wantroue
Opposisielede in die Nelson Mandelabaai-metroraad het glo reeds planne gereed vir die stad vir ingeval hulle die leisels by die DA-koalisieregering oorneem. Politiek (03-08-2018)
Netwerk24 Man erken hy het 3 oumense in KZN vermoor
’n Man van KwaZulu-Natal wat daarvan beskuldig is dat hy drie pensioenarisse in Pietermaritzburg vermoor het, het ’n volle bekentenis oor die misdade gedoen, het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) … Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 ‘Al wat ek wil doen, is langs julle boer’
Sommige sprekers op die Swellendamse openbare grondsittings het probeer om wit mense se vrese oor die herverdeling van grond sonder vergoeding Vrydag te besweer. Politiek (03-08-2018)
Netwerk24 Groter ondersoekspan vir politieke moorde
’n Spesiale span staatsaanklaers van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sal voortaan saam met polisie-ondersoekers werk om die politieke moorde in KwaZulu-Natal te help oplos. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Vermeende rowers ‘hoef nie dossier te sien’
Dit is nie nodig vir die prokureurs van ’n voormalige ANC-werknemer wat met ’n transitorooftog verbind word, om die inhoud van die polisie se dossiere te sien nie. Nuus (03-08-2018)
Maroela Nuwe span sal politieke moorde ondersoek
Bheki Cele, minister van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het Vrydag gesê ʼn nuwe span ervare polisiebeamptes en staatsaanklaers is aangestel om politieke moorde in KwaZulu-Natal te ondersoek. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 'Ontvoerde' van SA erg beseer in Mosambiekse hospitaal
André Hanekom, die Suid-Afrikaner wat in Mosambiek geskiet en glo ontvoer is, is in ’n hospitaal in ’n afgeleë omgewing in die verre noorde van dié land opgespoor. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 39 sterf in bomaanval in Afganistan
Altesame 39 mense is Vrydag in 'n selfmoordbomaanval by 'n moskee in die ooste van Afganistan dood. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 vermeende ontvoerder aan Mosambiek uitgelewer
’n Voortvlugtende Mosambieker wat met die ontvoering van die Kaapse sakeman Liyaqat Parker (65) verbind word, is in Thailand in hegtenis geneem en aan Mosambiek uitgelewer. Nuus (03-08-2018)
Maroela Facebook nie beskikbaar vir gebruikers nie
Die sosialemedianetwerk Facebook was Vrydagaand vanaf omstreeks 18:15 nie beskikbaar vir gebruikers nie. Nuus (03-08-2018)
Maroela Pietermaritzburg-stadsbestuurder se skorsing verwelkom
Politieke partye in die Msunduzi-munisipaliteit (Pietermaritzburg) het die skorsing van stadsbestuurder Sizwe Hadebe verwelkom. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Moordverdagte ook op ander klagte in hof
Een van die moordverdagtes in die Petrus Scholtz-moordsaak het Vrydag op nóg aanklagte in die landdroshof in Port Elizabeth voorgekom. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Supra geniet glo steeds voordele van ’n premier
Supra Mahumapelo, Noordwes se voormalige premier, kry glo steeds premiersvoordele soos ampsmotors en lyfwagte. Politiek (03-08-2018)
Maroela Gauteng-skole: Só maak jy as plasing foutief is
Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS) moedig ouers en skole aan om dié organisasie te kontak indien die departement se plasing van leerlinge by Gautengse skole foutief is. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Stakers sit bejaardes in Pretoria ‘deur hel’
Hulle “is deur hel”, sê inwoners van Huis Davidtsz in die Pretoriase middestad. Nuus (03-08-2018)
Maroela 23 skoliere beseer tydens KZN-ongeluk
Minstens 23 kinders, tussen vyf en 14 jaar oud, is Vrydagmiddag beseer tydens ʼn ongeluk in Klaarwater, KwaZulu-Natal. Nuus (03-08-2018)
Maroela Plasings vir 2019 begin by Gauteng-skole
Die departement van onderwys in Gauteng het Vrydag gesê die plasings vir graad 1- en graad 8-leerders vir 2019 het reeds begin. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 ’n Dag van rou vir demokrasie in Zim, sê Chamisa
Dis ’n dag van rou vir die demokrasie in Zimbabwe, sê Nelson Chamisa, leier van die MDC-alliansie. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 VS-atletiekhoë se verhoor uitgestel
Die ondersoek na die beweerde verkragting waarvan ’n hoë in atletiekkringe in die Vrystaat aangekla word, is nog nie afgehandel nie. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Vrydag, 3 Augustus
As jy vandag nie kans gehad het om op hoogte te bly van die jongste nuus nie, het ons vir jou 'n oorsig van die dag se interessantste nuushoogtepunte. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Gebied gespanne ná 3 se dood in bendegeweld
’n Gespanne atmosfeer heers in Mitchells Plain nadat verskeie bendeverwante skietvoorvalle sedert Donderdag reeds die lewe van drie mense geëis het. Vyf ander mense, insluitend onskuldige omstanders, … Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 SABC2 gekap ná vroetelpappie $100-note op TV uitdeel
Die selferkende blesser Serge Cabonge het Twitter Vrydag aan die gons gehad toe hy ná ’n onderhoud op die televisieprogram Morning Live op SABC2 $100-note aan die aanbieders en die produksiespan … Nuus (03-08-2018)
Maroela Natasha Mans-moord: ‘Net span al nouer’
Die private speurder het gesê daar is nog twee dinge wat hy besig is om op te volg en wat moontlik met die ondersoek kan help. ‘n Beloning is intussen ook uitgeloof. Nuus (03-08-2018)
Maroela Huis Davidtsz: Só kan jy help
Lees hier wat jy kan doen om inwoners by Huis Davidtsz in Pretoria se middestad te help: Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 ‘ANC-raadslede kan teruggeneemde plase uitdeel’
Raadslede van die Mangaung-metro in Bloemfontein sien uit daarna dat hulle sal kan help om teruggeneemde plase en erwe in Bloemfontein te herverdeel. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Zim-polisie verwilder media by MDC-nuuskonferensie
Die Zimbabwiese onlustepolisie het Vrydagmiddag in Harare joernaliste verdryf wat ’n mediakonferensie van die MDC-alliansie by ’n hotel in die stad wou bywoon. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Shrien Dewani was ’n lafaard, sê Anni se pa
Hulle is glad nie verras dat Shrien Dewani nou ’n kêrel het nie. Die Hindocha-gesin weet trouens al ’n geruime tyd dat hul voormalige skoonseun in ’n verhouding met ’n man is. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Polisie, gemeenskap trek rowers blitsig vas
Sewe voornemende rowers is Donderdag vasgetrek nadat boere en inwoners van Dealesville in die Vrystaat en lede van verskeie buurtwagte in Bloemfontein die polisie gehelp het om die mans ná ’n … Nuus (03-08-2018)
Maroela ‘Superman’ (10) laat spat Phelps-swemrekord
“Meeste mense het my net altyd Clark genoem, maar nou noem hulle my Superman.” Nuus (03-08-2018)
Maroela Petrus Scholtz se liggaam glo eers in vrieskas
Sy hande en voete was met ʼn nylontou vasgebind en sy kop was met kleefplastiek bedek. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 MDC dring aan op volledige Zim-uitslae
Terwyl die Zimbabwiese onluspolisie steeds ’n wakende oog oor die hoofkantoor van die MDC-koalisie in Harare hou, dring dié party daarop aan dat die volledige en bevestigde verkiesingsuitslae … Nuus (03-08-2018)
Maroela Die wêreld in foto’s – 3 Augustus 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 AfriForum verkla Malema se lyfwag nou ook oor skote
AfriForum het nou ook ’n formele klag by die owerheid wat private veiligheidsmaatskappye reguleer teen die lyfwag van Julius Malema, EFF-leier, ingedien. Politiek (03-08-2018)
Maroela Grondbesetter aan boer: ‘Die president het gesê ons moet praat’
“Die landbou oorleef die politiek en ons landbou sal ook die politiek oorleef maar politici, wit of swart of bruin, moet hulle neuse daaruit hou.” Nuus (03-08-2018)
Maroela Geliefde ‘kommentator, mentor, legende’ sterf
Hy is Donderdagoggend by sy dogter se huis in Melville, Johannesburg, dood. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Osama bin Laden se ma praat
Byna 17 jaar ná die terreuraanvalle op 11 September 2001 in Amerika het die ma van Osama bin Laden, voormalige leier van Al-Kaïda, die stilte oor haar seun verbreek. Nuus (03-08-2018)
Maroela SA se myne, ’n droewige prentjie
Suid-Afrikaanse mynbou is in ’n krisis gedompel. Dit is die mening van mynbou-ontleders nadat nóg ’n groot myngroep drastiese inkortings in sy produksieteikens en afskaling van personeel aangekondi… Nuus (03-08-2018)
Maroela Malema se sekuriteitsbaas aangekla
“Snyman is ’n omstrede persoon wat na bewering by verskeie geleenthede in die verlede met die gereg gebots het.” Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 DA se koalisie met EFF ‘nie sonder voorwaardes’ – Mmusi
Die DA se strategiese ooreenkoms met die EFF vir eersgenoemde om beheer van die grootste metro’s in die land te kon oorneem, is nie sonder voorwaardes nie, sê Mmusi Maimane, DA-leier. Politiek (03-08-2018)
Netwerk24 Natalie du Toit se ouma verloor haar been
Natalie du Toit se ma moet die tweede keer in haar lewe sterk staan en ’n geliefde bystaan wat ’n ledemaat verloor het. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 May gaan Macron nie maklik oortuig
Wanneer pres. Emmanuel Macron van Frankryk en Theresa May, Britse premier, Vrydagaand aansit by sy vakansiehuis, Fort de Brégançon aan die Franse Riviera, gaan wat om die etenstafel gesê word nie die … Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Ondersoek na dood van dekaan gevra
Lede van die Universiteit van Kaapstad (UK) se swart akademiese koukus eis ’n diepteondersoek na die omstandighede wat tot die dood van prof. Bongani Mayosi. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Shrien Dewani vind nuwe liefde in arms van man
Byna vier jaar nadat Shrien Dewani op sy vrou se moord vrygespreek is, het hy nuwe liefde in die arms van ’n man gevind. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 2 mans dood in rooftog
Die polisie in Oos-Londen soek na gewapende rowers wat twee motoriste Woensdag doodgeskiet het. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Suid-Afrikaner in Mosambiek ontvoer
’n Suid-Afrikaanse man, wat reeds vir 23 jaar in Mosambiek bly, is glo Woensdag met ’n AK47-aanvalsgeweer geskiet en toe ontvoer. Nuus (03-08-2018)
Maroela SA’ners meeste tevrede met dié mediese fonds
“Talle lede is gefrustreerd wanneer hul eise nie gedek word nie en hul algemene ervaring van mediese skemas is dat voordele beperk is en premies net styg.” Nuus (03-08-2018)
Maroela Man in hof ná Centurion-seun se dood
Ruan Viljoen se ma het gesê die hofverskyning “was verskriklik”. Nuus (03-08-2018)
Maroela Huis Davidtsz: Situasie benard, vrywilligers benodig
Die vrywilligers van Solidariteit Helpende Hand kon teen 11:50 Vrydagoggend steeds nie daarin slaag om toegang tot Huis Davidtsz te kry om bejaardes en verswakte volwassenes in dié tehuis te help n… Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Bela-Bela-sakeman se huwelik met vermoorde was ‘stormagtig’
Herman van Tonder (55), ’n bekende sakeman van Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo en sy vermoorde vrou, Elrina (42), het ’n geskiedenis van ’n stormagtige huwelik gehad. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 150 000 dakloos ná vloede in Mianmar
Minstens 12 mense is dood en bykans 150 000 ontwortel weens oorstromings in Mianmar in Suidoos-Asië. Hulle word nou gehuisves in sowat 300 tydelike huisvestings. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Hittegolf eis reeds 29 lewens in Suid-Korea
Minstens 29 mense is reeds dood en meer as 2 000 is vir hitteverwante toestande behandel weens ’n hittegolf in Suid-Korea. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Seun in sop oor sy haarstyl
’n Gr.8-leerling van die VM Kwinana Secondary School in KwaNobuhle, Uitenhage, is belet om skool by te woon tensy hy sy Afro-hare sny, berig GroundUp. Nuus (03-08-2018)
Maroela Soektog na vermiste vrou eindig tragies
’n Soektog is van stapel gestuur, maar teen donker was Houghton steeds skoonveld. Haar motor is later deur ’n vriend in ’n parkeerarea naby Chapmanspiek gevind. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Nonne beskuldig Boeddhistiese leier van teistering
China se leier van die Boeddhistiese Vereniging en raadgewer van die regering ontken bewerings van seksuele wangedrag en teistering ten sterkste. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Aanvaar uitslag van Zim-verkiesing, vra Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa het Zimbabwe se nuwe president, Emmerson Mnangagwa van die Zanu-PF, met sy verkiesing tot president van die land gelukgewens. Politiek (03-08-2018)
Maroela Tekenprent: Malema gekap oor AK47; ANC beur voort met Grondwetwysiging
Só beskou die tekenprentkunstenaar Jerm die afgelope week se gebeure Nuus (03-08-2018)
Maroela Jhb-burgemeester klop by AfriForum aan oor korrupsie
Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het by AfriForum se privaatvervolgingseenheid aangeklop vir hulp in verband met korrupsiesake in Johannesburg. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Raadop Mashaba vra Afriforum se hulp met korrupsie
Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Donderdag AfriForum se privaat vervolgingseenheid gevra om by korrupsiesake in te gryp. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Man praat wat haai in stootwaentjie sit
Een van die mans wat ’n haai by ’n akwarium in Texas gesteel het deur dit as ’n baba te vermom verduidelik wat deur sy kop gegaan het. Nuus (03-08-2018)
Maroela Numsa vat jongste Eskom-aanbod na lede
“Ons gaan nie die besonderhede van die aanbod met die media bespreek nie, aangesien ons ons lede kans wil gee om self daaroor te beraadslaag of hulle die aanbod wil aanvaar of nie.” Nuus (03-08-2018)
Maroela Nuuskommentaar: Siesa, dié water maak dood
Die omvang van die probleem blyk daaruit dat die regering daagliks sowat 5 000 megaliter onbehandelde of half-behandelde rioolwater in riviere laat beland. Nuus (03-08-2018)
Maroela Tronkstraf wag nou as jy oor kwalifikasies lieg
Streng nuwe wetgewing wat ernstige strawwe instel vir mense wat oor hul kwalifikasies lieg, is by die parlement ingedien. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 ‘Spioen’ werk reg onder Amerikaners se neus in Moskou
’n Vermeende Russiese spioen het vir meer as ’n dekade by die Amerikaanse ambassade in Moskou, reg onder die neus van die geheimediens gewerk. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Buurtwaglid wat buurman gaan help geskiet
’n Lid van die buurtwag van die Hartbeespoort/Schoemansville-omgewing in Noordwes is Vrydagoggend geskiet. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 KYK hoe wildehond met strik om die nek gered word
’n Bedreigde Afrika-wildehond van die Numbi-trop in die Krugerwildtuin is byna dood nadat sy in ’n strik getrap het. Nuus (03-08-2018)
Maroela Mnangagwa ‘nederig’ oor wen
“Ons was dalk verdeeld by die stembus, maar ons is verenig in ons drome.” Nuus (03-08-2018)
Maroela ‘Kaptein KGB’ hoor oor borgtog
Dit het tydens die hofverrigtinge aan die lig gekom dat die ondersoekbeampte in die saak moontlik oneerlik was in sy beëdigde verklaring. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 ‘Kom ons vat nou hande,’ sê Mnangagwa
“Al was ons verdeeld by die stembus, is ons verenig in ons drome. Dit is ’n nuwe begin. Kom ons vat hande in vrede, eenheid en liefde en saam kan ons ’n nuwe Zimbabwe vir almal bou.”. Nuus (03-08-2018)
Maroela Parool het vir Vicki Momberg gewink
Dit het Donderdag aan die lig gekom tydens Momberg se borgtogaansoek in die streekhof in Randburg. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Psigiaters twyfel of meisie sal herstel ná verkragting
’n Minderjarige meisie van die Oos-Kaap is ná agt jaar steeds erg getraumatiseerd nadat haar oom haar as agtjarige voor haar doofstom niggie verkrag het. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 China se noorde kan onbewoonbaar word
Hittegolwe wat oorlewing onmoontlik sal maak, kan teen die einde van die eeu die noorde van China teister tensy die land dringend sy kweekhuisgasvrystelling verminder. Nuus (03-08-2018)
Netwerk24 Worshond vind hawe ná 12 jaar aan ketting
’n Worshondjie wat vir vermoedelik 12 jaar in ’n township in die Karoo vasgeketting was, is nou uiteindelik vry nadat hy ’n liefdevolle huis in Noordwes gekry het. Nuus (03-08-2018)
Maroela Zanu PF wen weer Zimbabwe-verkiesing
Priscilla Chigumba, voorsitter van die ZEC, het Vrydagoggend omstreeks 00:48 die laaste provinsie se resultate bekend gemaak en aangekondig dat Zanu PF daarin kon slaag om 2018 se verkiesing te wen… Nuus (03-08-2018)