Netwerk24 3 van 18 vrygelaat
Drie van die 18 mense wat in die landdroshof op Hermanus op aanklagte van die jongste vlaag onluste in die dorp verskyn het, is Maandag vrygelaat en in huisarres geplaas. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Hoe goed het jy dié week die nuus gevolg?
Het jy 'n blitsbrein? Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Ma eis miljoene oor seun se breinskade by geboorte
’n Ma van Bethlehem eis R28 miljoen nadat haar seuntjie by geboorte in die distrikshospitaal in Odendaalsrus blywende breinskade opgedoen het. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Baai weet wat om met bykomende geld te doen
In net vier maande het die Nelson Mandelabaai-munispaliteit byna 100% van die metro se bykomende ontwikkelingstoelae vir stedelike vestiging (USDG) bestee. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 ‘Mag dit die einde van onmin in DA wees’
Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse leier van die DA, sê hy kan hom nie uitlaat oor die ooreenkoms tussen die partyleierskap en Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, nie aangesien hy nie daarby … Politiek (30-07-2018)
Netwerk24 1ste vroue-speaker vir Stellenbosch-munisipaliteit
Enkele dae voordat Vrouemaand aanbreek, kry Stellenbosch se munisipaliteit vir die eerste keer ’n vroue-speaker. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 R-woord ‘word sonder meer rondgegooi’
Helen Zille, Wes-Kaapse premier, glo die lastersaak wat daartoe gelei het dat die ANC-jeugliga verlede week deur die Suid-Gautengse hooggeregshof bankrot verklaar is, is ’n bewys van die gevolge … Politiek (30-07-2018)
Netwerk24 Trump sal Iran se leiers 'enige tyd, enige plek' ontmoet
Pres. Donald Trump van Amerika het Maandag gesê hy is bereik om leiers van Iran enige tyd wat hulle wil en sonder enige voorwaardes te ontmoet. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Dringende interdik kan kom teen stakers
Die maatskappy wat die Gautrein bedryf gaan klaarblyklik ’n dringende hofbevel probeer bekom om stakings by sy treindepot in Midrand stop te sit. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Bejaarde kry oogoperasie ná aanval
’n Bejaarde inwoner van Marquard in die Vrystaat is Sondagoggend, nadat sy net R68 aan haar aanvallers kon gee, so erg aangerand dat haar kornea losgeskeur het en sy Maandag ’n oogoperasie moes … Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 ‘Wees katvoet vir dié vals inspekteurs’
Daar is mense in Kaapstad wat hulle as gesondheidsbeamptes voordoen en restauranteienaars wil laat glo hulle moet vir inspeksies en sertifikate betaal. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Ambulans-aanvalle neem skerp toe
Ambulanspersoneellede in die Oos-Kaap is bang om te reageer op noodoproepe weens die gevaar dat hulle deur rowers oorval sal word. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Die tel van stemme begin in Zim
Verkiesingsbeamptes het gesê die finale uitslag behoort binne vyf dae bekend te wees, maar 'n goeie aanduiding van die uitslag behoort teen Dinsdag duidelik te wees. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Noakes ontketen woede oor skakel by Mayosi-twiet
Daar is Maandag mond uitgespoel op Twitter ná prof. Tim Noakes se skynbaar kil antwoord op ’n medelyende twiet oor die afsterwe van prof. Bongani Mayosi. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Dís Grace se voorland as sy na Suid-Afrika sou kom
Grace Mugabe se besoeke aan haar seuns in Suid-Afrika en haar inkopie-uitstappies in die ryksmanswinkels in Sandton is waarskynlik vir eers iets van die verlede. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Bedrogklagte teen 2 LUR’e, 7 ander teruggetrek
Aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery in ’n verhoor waarby sowat R20 miljoen betrokke is teen twee LUR’e en ander beskuldigdes, is teruggetrek. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Kind onthoof in taxi-ongeluk
Die N2-snelweg in Kaapstad is Maandagoggend gesluit om die kop van ’n seuntjie te soek wat in ’n taxi-ongeluk onthoof is. Nuus (30-07-2018)
Maroela Huldeblyke stroom in vir krieketskrywer Michael Doman
Huldeblyke stroom in vir die bekroonde krieketskrywer Michael Doman wat Sondagaand in die ouderdom van 57 oorlede is. Nuus (30-07-2018)
Maroela Staatskapingkommissie ondersoek bewerings oor sekuriteitstender
Die kommissie wat ondersoek instel oor staatskaping in Suid-Afrika het Maandag gesê hy ondersoek bewerings dat die kommissie ʼn filiaal van ʼn maatskappy, wat van korrupsie beskuldig word, aangestel … Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Hardloop was Colyn se lewe
Die ma van die Potchefstroomse ultramarathon-atleet wat Saterdag tydens ’n padwedloop dood is, troos haar daaraan dat haar seun dood is terwyl hy gedoen het waarvoor hy die heel liefste was: hardloop. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Vroue ruk op teen geslagsgeweld
Organiseerders van die #TheTotalShutdown-betoging sê net vroue en mense wat hulle nie met ’n spesifieke geslag vereenselwig nie, moet deelneem. Nuus (30-07-2018)
Maroela Vier in hof oor PE-man se moord
Christine Russouw (55) en haar twee kinders het Maandag saam met Ronald Swartz (24) in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn in verband met die moord op Petrus Scholtz (70). Nuus (30-07-2018)
Maroela Departement sal Grace Mugabe-uitspraak bestudeer
Die departement van internasionale betrekkinge het gesê hy sal die uitspraak, wat Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof gelewer is, bestudeer. Die hof het beslis dat die diplomatieke immunite… Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Kaapse treine só vertraag
Treindienste op Kaapstad se sentrale lyn na die Kaapse Vlakte is Maandagmiddag met tot twee uur vertraag, terwyl die perronne wat in Saterdag se brand beskadig is minstens tot Woensdag gesluit sal … Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Vrese dat uitslag in Zim betwis kan word
Zimbabwiërs is Maandag vir die eerste keer stembus toe sedert oudpres. Robert Mugabe uitgeskop is en bewerings van ongerymdhede het die vrees laat ontstaan dat die uitslag betwis kan word. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Talle huldig Mayosi as vriend, mentor en navorser
Vriend, mentor, voorste kardioloog en navorser, ’n inspirasie en ’n saggeaarde mens. Nuus (30-07-2018)
Maroela 81-jarige op Groblersdal-plaas aangeval
ʼn Volskaalse soektog is deur die polisie in Limpopo van stapel gestuur ná ʼn rooftog op ʼn plaas in Groblersdal. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 ‘Ek het my oë toegemaak en die sneller getrek’
Cathy van Oudtshoorn wat haar aanneem-pa, wat later haar man geword het, na bewering in hul Brakpan-huis doodgeskiet het, beweer hy het haar van ’n jong ouderdom gemolesteer, verkrag en mishandel. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Ardern wieg baba en bekyk regeringsake
Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se premier, sê sy sal binne ’n week terugkeer na haar pos. Nuus (30-07-2018)
Maroela Beurtkrag dreig oor ontwrigting in steenkool-aflewering
Eskom het bevestig dat steenkool-aflewering by sommige van sy kragstasies ontwrig is weens ʼn betoging deur werknemers Maandagoggend. Dit kan moontlik tot beurtkrag lei. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 ‘As burgemeester bly, bly geweld’
Solank Mangaliso Matika weier om as burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley te bedank, sál die betogings voortduur. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 ‘Mense vertrou nog nie Zim-regering’
Hy dink nie dit sal maklik wees om met die stemme in die Zimbabwiese verkiesing te knoei nie, maar Zimbabwiërs is weens gebeure in die verlede paranoïes oor ’n gekonkel in verkiesings. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Swaar straf vir verkragter verwelkom
Die swaar straf wat ’n man Vrydag in Stutterheim in die Oos-Kaap opgelê is vir die verkragting van ’n 65-jarige vrou en die roof van ’n 75-jarige man se vuurwapen, is Maandag deur die polisie se … Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Skietery in New Orleans glo bendeverwant
Die polisie in New Orleans in die VSA is op soek na twee verdagtes wat na bewering drie mense doodgeskiet en sewe ander gewond het in wat vermoedelik ’n bendeverwante voorval is. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Buurtwag ‘loer in’ by bosslapers in Bfn
’n Mes, luggewere, gesteelde debietkaarte, ’n rybewys, dubbelbedmatrasse, braaiers, koordlose telefone, juwele, selfoonlaaiers, speelgoed-skootrekenaars, tasse met wieletjies, en selfs bondels … Nuus (30-07-2018)
Maroela Die wêreld in foto’s – 30 Julie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 3 dorpe in rou ná gru-ongeluk in Noord-Kaap
Die grusame ongeluk wat Vrydagaand buite Upington vier lewens geëis het, het skokgolwe deur Upington, Keimoes en Kakamas gestuur. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Kliniek in Limpopo het glo geen medisyne vir diabete
Geen antibiotika, hoesstroop of medisyne vir diabete nie. Nuus (30-07-2018)
Maroela 6-jarige se lyk gevind ná moordenaars R5 000 eis
“Ons wou haar lewe red, maar het nie die geld gehad wat hulle geëis het nie.” Nuus (30-07-2018)
Maroela Smuts-plaasmoord: Vonnisverrigtinge uitgestel
Maatskaplike werkers het beweer hulle het nie genoeg tyd gehad om die nodige dokumente saam te stel nie. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Pa skuldig ná hy dogter 30 j. gelede verkrag
Die pa wat meer as 30 jaar gelede sy tienerdogter oor ’n tydperk van ses jaar verkrag het, is Maandag in die landdroshof in Uitenhage aan verkragting en seksuele aanranding skuldig bevind. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Gedenkfees vir Tom Gouws gehou
’n Gedenkfees word Dinsdag vir die skrywer Tom Gouws in die ooste van Pretoria gehou. Nuus (30-07-2018)
Maroela Deregulasie van brandstofprys is ingewikkeld
Op kort duur kan die skrap van belastingheffings die brandstofprys verminder, maar die regering sal die verlies aan inkomste net weer op ʼn ander wyse moet invorder. Nuus (30-07-2018)
Maroela Brandstofpryse vir Augustus aangekondig
Die brandstofpryse vir Augustus is deur die departement van energie aangekondig. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 SA sal met wenner saamwerk, sê Cyril
Pres. Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal saamwerk met wie ook al die verkiesing in Zimbabwe wen. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Miljoene se naam nie op nasionale register in Indië
Meer as 4 miljoen mense is uitgesluit uit ’n voorgestelde lys van burgers wat Maandag vir Indië se noordoostelike grensstaat Assam uitgereik is. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Is Grace Mugabe nou in NVG se visier?
Noudat Grace Mugabe nie meer op diplomatieke immuniteit kan staatmaak nie, is die vraag of die nasionale vervolgingsgesag (NVG) die saak teen haar gaan opneem en of sy privaat vervolg gaan word. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 4de beskuldigde in arres ná moord op 70-jarige in PE
Ronald Swartz is Maandag as ’n vierde beskuldigde by die saak in Port Elizabeth oor die moord op die 70-jarige elektrisiën Petrus Scholtz gevoeg. Nuus (30-07-2018)
Maroela Spur se verkope daal
Hy skryf die swak verkope toe aan die finansiële druk waaronder die middelklas gebuk gaan. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Mugabe stem as gewone burger
Die 94-jarige oudpres. Robert Mugabe het Maandagmiddag die eerste keer as ’n gewone Zimbabwiese burger sy stem in dié land se verkiesing uitgebring. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Sokkerspeler wat jaag in Gauteng vasgetrek
’n Sokkerspeler van Mamelodi Sundowns is Sondag op die N1-hoofweg in Midrand, Gauteng, in hegtenis geneem omdat hy glo teen 180 km/h gery het in ’n gebied waar die spoedperk 120 km/h is. Nuus (30-07-2018)
Maroela Afrigter wat glo met seuns lol se regspan onttrek
Die 22-jarige beskuldigde moes pligte by die skool se koshuis verrig en het ook waterpolo afgerig. Hy word daarvan beskuldig dat hy op onvanpaste wyse aan leerders by die koshuis gevat het. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Krokodil keelvol vir hanteerder
Daar is talle maniere waarop ’n mens ’n inkomste kan verdien, maar om jou hele arm in ’n krokodil se keel af te druk, is duidelik nie die beste idee nie. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Geliefde atleet sterf in padwedloop
Gabriël Colyn (51), ’n ultramarathonatleet van Potchefstroom, is Saterdag in ’n padwedloop aan vermoedelik ’n hartaanval dood. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Gautreinstakers nie gewelddadig
Stakende werkers het Maandag niks gedoen om die dienste van die Gautrein-busdiens te vertraag nie. Dis ’n vreedsame betoging. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Rodrigues kry R2 000-borgtog
Die storie van Ahmed Timol is slegs een van baie wat nog vertel moet word. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Streng maatreëls by Nowitsjok-slagoffer se begrafnis
Vir die wêreld was sy die slagoffer van nowitsjok, ’n Sowjet-era-senugif. Vir haar naasbestaandes was Dawn Sturgess (45) van Salisbury in Engeland egter ’n liefdevolle, omgeemens. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Britse minister noem sy Chinese vrou per abuis Japannees
In sy soektog na bondgenote teen ’n Amerikaanse handelsoorlog, het China aangebied om met Brittanje te praat oor ’n vrye handelsooreenkoms ná Brexit. Nuus (30-07-2018)
Maroela Reusebetoging teen brandstofprys in Pta gehou
Die DA en die Freedom Movement het ʼn beroep op die publiek gedoen om Dinsdag by hulle aan te sluit vir ʼn gesamentlike massa-optog teen brandstofprysverhogings in Pretoria. Nuus (30-07-2018)
Maroela Hof sê oor Grace Mugabe-immuniteit
Grace Mugabe het glo verlede jaar ʼn Johannesburgse model met ʼn elektriese verlengingskoord aangeval en ernstig beseer. Nuus (30-07-2018)
Maroela Pa desperaat vir antwoorde ná seun se dood
“Iemand se lewe het aangegaan terwyl ons lewens tot stilstand gekom het. Ons lewe kan nooit weer dieselfde wees nie.” Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Mali-stemdag vol geweld en gevaar
Malinese wag op die uitslag van die land se presidensiële verkiesing nadat stemdag Sondag by tye so gevaarlik was dat van die stemlokale gesluit moes word. Nuus (30-07-2018)
Maroela Vierde verdagte vas ná moord op PE-man
ʼn Vierde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 70-jarige Petrus Scholtz van Port Elizabeth. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Kaptein aangerand na polisie man in Limpopo doodskiet
’n Polisielid van Giyani in Limpopo wat Saterdag in raaiselagtige omstandighede ’n man doodgeskiet het, sal Maandag in die landdroshof in Giyani op aanklag van moord verskyn. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Roderiques kry borgtog
Jan Roderiques (79) wat Maandag in die landdroshof in Johannesburg verskyn het in verband met die moord op ‘n anti-apartheidsaktivis is op borg vrygelaat. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 ‘Hou Zim se stemme geheim,’ vra Sirleaf
Indien nie een van die 23 kandidate in Maandag se presidentsverkiesing in Zimbabwe meer as 50% van die kiesers se steun kry nie, sal die Zimbabwiërs op 8 September na die stembus terugkeer. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 4de verdagte aangekeer vir Scholtz-moord
’n Vierde verdagte is in verband met die moord op Petrus Scholtz (70), ’n elektrisiën van Port Elizabeth, in hegtenis geneem. Dié 24-jarige man sal Maandag saam met sy drie medebeskuldigdes in die … Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Grace Mugabe se diplomatieke immuniteit tersyde gestel
Grace Mugabe, voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, se diplomatieke immuniteit is tersyde gestel. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 3 verkool in huisbrand
Drie mense van Edenburg is Saterdagaand verkool nadat die sinkhuis waarin hulle geslaap het, afgebrand het. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Die ewige raaisel
Die ondersoekspan na die verdwyning van die Maleisiese vliegtuig MH370 sê hulle kon nie een van die wêreld se tergendste lugvaartraaisels oplos nie. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Trump wil ‘regering sluit’ as hy nie sy sin kry
Pres. Donald Trump van Amerika het Sondag gesê hy gaan die federale regering tot stilstand dwing indien die opposisie nie sy voorstel steun dat Amerika moet betaal vir die bou van die omstrede … Nuus (30-07-2018)
Maroela Kenner oor verwagtinge vir Zim-verkiesing
“Hierdie is ʼn uiters belangrike verkiesing vir Suid-Afrika se buurland en daar is baie op die spel.” Nuus (30-07-2018)
Maroela Kapers gooi 2-jarige uit motor    
Kapers het Saterdag ʼn tweejarige seuntjie uit ʼn motor gegooi en sy pa met ʼn vuurwapen gedreig tydens ʼn kaping in Virginia in die Vrystaat. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Hoë hof besluit oor immuniteit vir Grace Mugabe
Daar sal Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg besluit word of die voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, Grace Mugabe, haar diplomatieke immuniteit sal behou of nie. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Zim-president sê Chamisa heul met Mugabe
Terwyl Zimbabwiërs in rye staan om in die belangwekkende verkiesing in Zimbabwe te stem, het pres. Emmerson Mnangagwa vir Nelson Chamisa, opposisieleier, daarvan beskuldig dat hy kop in een mus met … Nuus (30-07-2018)
Maroela Gautrein sê oor ‘ontploffing’
ʼn Pendelaar het omstreeks 06:00 aan JacarandaFM gesê hulle was per trein op pad tussen die Centurion en Midrand-stasie toe hulle ʼn “klein ontploffing” gehoor en ʼn “skokgolf” gevoel het. Nuus (30-07-2018)
Maroela Grace Mugabe hoor vandag oor immuniteit
Uitspraak word vandag gelewer in AfriForum, Gabriella Engels en die DA se hooggeregshofaansoek rakende die verlening van diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Henri-program wys twiets, moordtoneel
Het Henri van Breda se meisie hom in die oë gekyk en vir hom gevra of hy sy gesin met ’n byl doodgekap het?. Nuus (30-07-2018)
Maroela Vrou vermoor, man dood gevind
ʼn Man is Sondag gevind waar hy in sy huis gehang het waarna sy vrou se liggaam in hul motor gevind is. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Oudpolisieman (80) in hof vir Timol se moord
Joao Jan Rodrigues, die 80-jarige, voormalige veiligheidspolisielid wat daarvan beskuldig word dat hy by die moord op anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol betrokke was, het Maandag by die landdroshof … Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Ma en haar kinders terug in hof vir moord
Die ma en haar twee kinders wat vir die moord op Petrus Scholtz (70) aangekla word, sal Maandag weer in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn. Nuus (30-07-2018)
Maroela Chaos bars los toe polisiebeampte man doodskiet
Die polisiebeampte wat die man doodgeskiet en toe van die toneel gevlug het, is sedertdien in hegtenis geneem vir moord. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Stakers keer dat Gautrein-busse depot verlaat
Stakende werkers het Maandagoggend die pad afgesper om te keer dat busse wat die Gautrein bedien die depot in Midrand kan verlaat. Nuus (30-07-2018)
Maroela Zim-verkiesing skop af
Die eerste nasionale verkiesing sedert die bedanking van die voormalige president Robert Mugabe vind vandag (Maandag) in Zimbabwe plaas. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Nog vertragings Maandag op Kaapse treine
Lang vertragings was Maandag weer op die kaarte vir Metrorail se pendelaars in Kaapstad nadat nóg treinwaens Saterdag in ’n brand verwoes is. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Zimbabwe begin stem
Zimbabwiërs het Maandag begin stem in dié land se eerste verkiesing, nadat oudpres. Robert Mugabe in November in ’n militêre operasie uit die kussings gelig is. Politiek (30-07-2018)
Netwerk24 Jagters kry permitte ná donasies aan VSA-party
Die Amerikaanse Fish and Wildlife Service (FWS) het sedert 2016 meer as 36 permitte aan Amerikaanse jagters uitgereik om leeutrofeë in te voer. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Die wiel draai
Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het internetgebruikers waarsku om haar nie op sosialemediaplatforms te boelie nie. Zille het Sondag getwiet: “’n Waarskuwing aan alle kuberboelies, die wiel … Politiek (30-07-2018)
Netwerk24 Oumagrootjie, kleinkinders dood in wegholbrand
’n 70-jarige vrou en haar twee agterkleinkinders is onder die ses mense wat dood is in ’n wegholveldbrand wat verwoesting in die noorde van Kalifornië saai. Nuus (30-07-2018)
Maroela Forensiese ondersoeke teen OBK verwelkom
Ontleders sê die ondersoek is noodsaaklik omdat staatsdienswerkers se geld betrokke is. En dat wanbestuur ’n invloed op hul pensioenuitbetalings kan hê. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Taxibaas van Mpumalanga doodgeskiet
Die polisie is opsoek na die verdagtes wat Saterdag ’n taxibaas van Mpumalanga doodgeskiet het. Nuus (30-07-2018)
Maroela Gautrein bied beperkte dienste
Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, het ʼn gebeurlikheidsplan in werking gestel ter voorbereiding vir ʼn staking van sy werkers wat Maandag begin. Nuus (30-07-2018)
Maroela Man vas vir moord op broer
ʼn 21-jarige man is Sondag in hegtenis geneem nadat hy glo sy 22-jarige broer in ʼn kuierplek met ʼn mes gesteek het. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Slagting die naweek op Wes-Kaapse paaie
Minstens 13 mense is die naweek in ongelukke op paaie in die Wes-Kaap dood. Nuus (30-07-2018)
Maroela [Foto’s] Vrou gered ná sy op berg val
ʼn Vrou in haar 60’s is Sondag deur reddingswerkers na veiligheid geneem nadat sy erg beseer is toe sy en ʼn groep mense in ʼn bergagtige gebied gaan voetslaan het. Nuus (30-07-2018)
Netwerk24 Dít was fout in Fred, Oscar en Shrien se sake
Onbeantwoorde vrae, bewysstukke wat beskikbaar is, maar nooit in die hof gewys is nie en nuwe bewysstukke wat in die aanvanklike ondersoek gemis is. Nuus (30-07-2018)