Netwerk24 Rower doodgeskiet toe wegkommotor stol
Drie rowers word deur die polisie gesoek nadat hulle en vier ander ’n kettingwinkel in Milnerton beroof het. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Bekendes kyk ook na Wimbledon-eindstryd
Prins William en Catherine, hertogin van Cambridge, was Sondag van die bekende gesigte wat by die hoofbaan van Wimbledon na die eindstryd tussen Novak Djokovic en Kevin Anderson gaan kyk het. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Pussy Riot toe ook deel van wêreldskouspel
Die eindstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi tussen Kroasië en Frankryk is Sondag sowat twee minute gestaak toe vier mense op die veld in die Luzhniki-stadion gehardloop het. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Moordverdagte se broer vier keer geskiet
Razeen Patel, die jonger broer van die dubbelmoordbeskuldigde Rameez Patel, veg om sy lewe nadat hy vroeg Sondagoggend vier keer geskiet is. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Alle oë Maandag op Trump en Poetin
As pres. Wladimir Poetin van Rusland Maandag in Helsinki, Finland, net aansit vir sy beraad met pres. Donald Trump van Amerika, sou hy reeds alles bereik het waarop hy kon gehoop het. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Doodmaaklied 'op laaste oomblik' op program
Die strugglelied oor hoe die boere doodgemaak is, is glo "op die laaste oomblik" by die program ter afsluiting van die internasionale koorkompetisie ingewerk. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 ‘Musk kan duikboot druk waar dit seer maak' – Brit
’n Britse duiker wat verlede week gehelp het om die Thaise sokkerseuns en hul afrigter uit die grot in die noorde van die land te red, sê Elon Musk kan sy duikboot “druk waar dit seer maak.”. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 SA domineer Wêreldkoorspele
Suid-Afrika het op die Wêreldkoorspele, wat die naweek in Pretoria ten einde geloop het, 76 medaljes ingepalm. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Hier's hy! Die baasbrein agter transitorooftogte
Die Valke het ’n hoofverdagte in die vlaag transitorooftogte in Gauteng geïdentifiseer. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Boere-doodmaaklied by wêreld-koorkompetisie gesing
’n Omstrede struggle-lied is Saterdagaand by die afsluiting van die tiende wêreldkoorkompetisie in Pretoria deur ’n massakoor gesing. Nuus (15-07-2018)
Maroela SA se staaluitvoere nie bedreiging vir VSA-sekuriteit nie, sê Davies
Suid-Afrika se staal- en aluminiumuitvoere na die Verenigde State van Suid-Afrika hou nie enige bedreiging in vir Amerika se nasionale sekuriteit nie, sê Rob Davies, minister van handel en nywerhei… Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 ‘Appèl in belang van Joost se kinders’
Dit is in belang van die Springbok Joost van der Westhuizen se kinders dat geappelleer word teen die hofbeslissing om sy broers as trustees van Joost se J9-trust te onthef. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Twee leef ná hul Audi Q5 van Sanipas afgly
’n Man en vrou het net geringe beserings opgedoen nadat hul voertuig Sondag op die Sanipas tussen KwaZulu-Natal en Lesotho oor ’n afgrond getuimel het. Nuus (15-07-2018)
Maroela Wimbledon: Djokovic klop SA se Kevin
Suid-Afrika se Kevin Anderson kon nie daarin slaag om Sondagmiddag die Serwiër Novak Djokovic op Wimbledon in die eindstryd vir mans te klop nie. Nuus (15-07-2018)
Maroela Haiti se eerste minister bedank ná betogings oor petrolprys
Haiti se eerste minister het Saterdag bedank te midde van gewelddadige betogings oor ʼn plan om die brandstofpryse dramaties te verhoog. Nuus (15-07-2018)
Maroela Ontstoke inwoners slag 292 krokodille
Altesaam 292 krokodille is deur ontstoke inwoners geslag nadat ʼn inwoner deur ʼn krokodil doodgebyt is. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Oudstaatshoof van SA buurland sterf
Theo-Ben Gurirab, die man wat Sam Mujoma opgevolg het as die tweede staatshoof van ’n onafhanklike Namibië, is Sondagoggend dood in ’n hospitaal in Windhoek. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Egpaar vrees elk ander een is dood na plaasaanval
’n Bejaarde egpaar van Koster in Noordwes wat Sondagoggend in ’n plaasaanval van mekaar geskei is, het elkeen op sy eie gevrees die ander een is dood. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Skoot op boer en vriend, maar wapen vuur nie
’n Rustige Saterdagaand-kuier om ’n potjie het vinnig verander nadat ’n boer van die Paarl-omgewing twee vreemdelinge agter die hoenderhok op die plaaswerf gewaar het. Nuus (15-07-2018)
Maroela Video: Thailand-grot se oorlewendes binnekort ontslaan
ʼn Video wys dat dit goed gaan met die seuns en hulle bedank hul reddingswerkers en die publiek vir die goeie wense. Hulle vertel ook van al die kos wat hulle graag wil eet ná ‘n baie streng b… Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Meghan se pa huil al weer by poniepers
Thomas Markle, pa van Meghan, hertogin van Sussex, bekla al weer sy lot in die media. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Vrou ná val op Leeukop gered
’n Vroulike stapper het Sondagoggend omstreeks 09:45 op Leeukop geval. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Gemeenskap vang man wat glo 4-jarige meisie aanrand
’n Man van Willowvale in die Oos-Kaap verskyn Maandag in die hof nadat hy in hegtenis geneem is vir die beweerde seksuele aanranding van ’n vierjarige meisie. Nuus (15-07-2018)
Maroela DA los probleme op oor kandidaatkeuringsproses
Die Demokratiese Alliansie het by die vergadering van sy federale raad besluit om regshulp in te roep om ʼn debat op te los oor die verkiesing van partykandidate. Nuus (15-07-2018)
Maroela Kluis by vulstasie oopgeblaas
Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van sakeroof nadat ʼn kluis by ʼn vulstasie in Uitenhage oopgeblaas is. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 5 mense nog vasgekeer weens brand in myn wat 1 eis
Minstens een mynwerker is dood in ’n ondergrondse brand wat Sondagmiddag nog by die Phalabora-mynmaatskappy (PMC) in Phalaborwa, Limpopo, gewoed het. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Premier sê chaos in Kimberley nie haar skuld
Die Noord-Kaapse premier het die naweek in ’n amptelike verklaring ná verlede week se gewelddadige betogings en grootskaalse plundery in Kimberley ontken sy is vir dié “anargie” verantwoordelik. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Wakker boer fnuik plaasaanval saam met plaaswag
’n Poging om te roof het sleg geëindig vir twee rowers toe hulle op die vlug moes slaan toe ’n boer van hulle bewus raak. Nuus (15-07-2018)
Maroela Vrou van Tafelberg-staproete gered
ʼn 22-jarige vrou is Saterdagmiddag van die Skeleton-ravyn op Tafelberg gered. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Jaagduiwel in hegtenis wat teen 238 km/h ry
’n Man wat teen ’n spoed van 238 km per uur op die N1-snelweg gejaag het, is Saterdagoggend deur die verkeerspolisie naby Hammanskraal in die noorde van Gauteng in hegtenis geneem. Nuus (15-07-2018)
Maroela ‘Polisiebeampte’ slaan toe op biskop se huis
Die polisie in Giyani in Limpopo is op soek na ʼn man wat homself as ʼn polisiebeampte voorgedoen en ʼn plaaslike biskop van ʼn groot bedrag kontant beroof het. Nuus (15-07-2018)
Maroela Twee vermeende rowers doodgeskiet
Twee persone is doodgeskiet nadat ʼn groep gewapende rowers omstreeks 17:30 op ʼn supermark in die Kranskop-gebied in KwaZulu-Natal toegeslaan het. Nuus (15-07-2018)
Maroela Oom sit lank ná verkragting van minderjariges
ʼn 47-jarige man is agt keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy onder andere sy broerskind en stiefdogter verkrag het. Nuus (15-07-2018)
Maroela Ondersoeke oor Esidimeni-sterftes steeds nie afgehandel nie
Altesaam 45 ondersoeke van voormalige Life Esidimeni-pasiënte wat in onwettige NRO’s gesterf het, is nog nie afgehandel nie. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Plaasaanvalle Sondag in Gauteng én Noordwes
Twee egpare is in die vroeë oggendure van Sondag op afsonderlike plase – een in Gauteng en die ander in Noordwes – aangeval. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Talle verruil warm bed vir ysterperd om Madiba te gedenk
Talle motorfietsryers het vroeg Sondagoggend die koue in Johannesburg aangedurf om op hul ysterperde na die Uniegebou te ry te ere van oudpres. Nelson Mandela. Nuus (15-07-2018)
Maroela 47-jarige vas oor seksuele aanranding van vierjarige
ʼn 47-jarige man is deur die Willowvale-polisie in die Oos-Kaap in hegtenis geneem op aanklag dat hy ʼn vierjarige meisie seksueel aangerand het. Nuus (15-07-2018)
Maroela ‘Dief’ kruip in die plafon weg
ʼn 19-jarige man is in hegtenis geneem nadat Dutywa-polisiebeamptes in die Oos-Kaap hom in die plafon van ʼn plaaslike hoërskool opgespoor het. Nuus (15-07-2018)
Maroela Ses sterf in Limpopo-ongeluk
Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ses mense Saterdag in ʼn motorongeluk omgekom het. Nuus (15-07-2018)
Maroela Theo-Ben Gurirab van Namibië oorlede
Theo-Ben Gurirab, voormalige eerste minister van Namibië, is in die ouderdom van 80 oorlede. Nuus (15-07-2018)
Netwerk24 Cyril gee Zuma nóg ’n tjekboek
Die regering het ingestem om in nóg ’n saak vir oudpres. Jacob Zuma se regskoste op te dok, al is die hofstryd oor die koste van sy strafsaak nog hangende. Politiek (15-07-2018)
Netwerk24 Van Niekerk se stiefpa voor vir verkragting
Die Olimpiese kampioen Wayde van Niekerk se stiefpa, Steven Swarts, het in die hof verskyn op aanklag van verkragting. Nuus (15-07-2018)